Southern Comfort Big Jam by Hatfield Square

In Watkykjy Gigs deur griffin

Nogge werksweek poer in sy moer in. Thank fuck, dis amper naweek!

Southern Comfort Big Jam rol volgende Saterdag, 4 Augustus by Hatfield Sqaure in. Dit gaan 'n moerse Mardi Gras experience wees met holswaai tunes deur DJ Fresh van 5FM en 'n hele paar ander suprises deur die aand.

Die jol begin 21:00 die aand, maar as jy voor 22:00 daar uitslaan kom jy in for free. Na 22:00 is dit 30 skille cover charge. Die eerste honderd outjies wat daar uitslaan sal ook elk 'n Southern Comfort Big Jam gift kry.

Big Jam Pretoria

As jy lus is om te gaan maar nie seker is dat jy voor 22:00 daar kan wees nie, het ons twee double tickets om weg te gee vir twee Watkykertjies. Ons sal vir die twee wenners ook elkeen een van hierdie lekker hampers gee. Sommer by die party self, want ons gaan ook daar uitslaan soos masels:

southern comfort

Al wat jy moet doen is om griffin at watkykjy dot see oh dot zet ei te mail en te vra vir die tickets en die dop. Die eerste twee e-mails wen die tickets en die booze. Onthou om jou naam en selnommer in die e-mail te sit sodat ons jou by die party kan opspoor om jou loot vir jou te gee. Check jou daar!

Deel met jou tjommies!

    griffinSouthern Comfort Big Jam by Hatfield Square