Sharks en Bulls is amper ewe kommin

In Sport deur Kaptein Kortbroek3 Eiertjies

As jy een van die skuldiges is kort jy hulp bra, maar in die build-up tot vanaand se monster van 'n Sharks/Bulls game was daar natuurlik weer 'n klomp retards wat jou vuisbroek muur met kleuterkuns besoedel het.

Gaan checkit bietjie uit, ek wed jou – as jy nie self daai dumbass is nie – jy het ten minste twee tjommas wat nou al "getag" is in een van daai naai daai haailaerskool photoshop efforts waar 'n haai deur 'n bul verkrag word. Of daai old school classic waar klomp Bulls fans besig is om haai te braai.
Bly jy nader aan Margate, is dit van daai moves waar die Sharks van toonklap op teerpad uitmaak en 'n Blou Bul in 'n bos bekruip – ek meeeeeeeeen seriously ouens! Gebruik bietjie fokken verbeelding! Die kak is nou al soveel keer gebruik dit maak 'n vakansie saam met skoonma na 'n goeie opsie klink. Ek meen rerig. Daar moet iewers 'n graphic designer wees wat hardcore bierpens rugby vibes kan gooi.

Kom ons kyk net gou na die game vir 'n oomblik terwyl ek die stukkie braaksel van my keybord verwyder.

Die Sharks kan dit wen, maar verdien hulle om deur te gaan nadat hulle teen die Leeuwelpies verloor het? Probably nie. Daarteen moet ons ook erken dat die Bulls teen die Blues verloor het en die kwaggas speel ook deesdae Joburg (aka losing) rugby. Nou – en dis dalk 'n first vir Kaptein Kortbroek – kom ons check bietjie die stats:

haai met ballasDie Sharks en Bulls het mekaar al 17 keer in Super Rugby gepak waarvan die Bulls 9 keer die horing kon rook. Die Sharks het 7 van die games gewen en daar was een draw. Wat punte aanbetref, en die is 'n interesting enetjie, het die Sharks 359 om te wys in daai 17 games. Daarteen het die Bulls 317 Super Rugby punte teen die Sharks gescore. Die drieë kolom lyk so: Sharks 38, Bulls 26 en volgens my marketing team het sowat 7 biljoen mense hierdie blog post al gelees. Vat so, Ballas radio!

Hier volg my weeklikse expert opinion wat dalk net jou Superbru kan uithelp.
Chiefs v Crusaders:
Opsomming: Klipdrift was betrokke
Voorspelling: Die game is al klaar so ek sê maar net jammer.

Reds v Highlanders
Opsomming: Okay daar was 'n klomp chicks in kort rokkies wat shooters uitgedeel het.
Voorspelling: Ek sal nou dringend 'n bier moet drink.

Sharks v Bulls
Opsomming: Hopelik teen die tyd wat die game begin het jy self 'n paar Klippies agter die blad. Die Bulls is meer gesetle as die Sharks wat dalk bietjie rusty gaan wees na die week se chilax by die see. Klomp Bokke wat mekaar hard gaan bliksem is altyd mooi om te sien, en ek weet sommer nou al die cherries kan nie wag om die onlangs getroude Fransie Steyn te check jol nie. Dankie tog hy's terug!
Voorspelling: Die Sharks sonder 'n Alberts….eish I don't think so. Bulls met twee en dit het fokkol met die feit dat ek in Pretoria bly uit te waai nie.

Blues v Force
Opsomming: Ek hoop die Force pomp die Blues met 'n pophuis volf punte.
Voorspelling: Te vroeg op 'n Saterdag oggend om regtig te worry. Force met so 12.

Waratahs v Brumbies
Opsomming: Gaap
Voorspelling: Brumbies met so 6 want die Waratahs is so voorspelbaar soos 'n stopstraat.

Cheetahs v Stormers
Opomming: My hart scheme dit sal nice wees as die Cheetahs nou daai een wen wat hulle kort kry, maar my kop reken dit gaan nog 'n tackle fest of note wees.
Voorspelling: Stormers om hulle eerste vier try bonus point van die jaar te kry en met 15 te wen. Noem my Siener.

Lions v Rebels
Opsommig: Selfs die Kings se b-span behoort die Rebels te kan bliksem. Sterling Mortlock – goeie donner the name says it all. As die Lions die een verloor moet hulle dalk meer as die coach fire. Nee ek's dood ernstig. Baardbek….ek hoop jy luister. Fok die een op en jy sal nie die einde daarvan hoor nie. Ek het tjommas wat daar in die dodgy hoeke van Jozi bly.
Voorspelling: Sterling Mortlock maak my bietjies bietjies in my mond kots. Lions met 96.

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekSharks en Bulls is amper ewe kommin

    Comments

    1. Riaan

      Die Spelling op die Stromers vs Cheetahs is ook KOMMIN….Dis n K@K "Opomming' 

    2. Prof. Bokdrol

      Pot en ketel, splinter en balk…

    3. Belhammel

      Hahahaha Kaptein. Luuks geskryf. 

      Daai Baardbek sou n nobody gewees het as hy nie daai kenmerkende "Aap wat deur tyre kyk" look gehad het nie. Nou sien almal net die stuk hoppende baard raak en vergeet n ou moet kan rugby speel ook. En party praat van Springbok maak…. Fok my!

    Gooi Comment