Die Sharks en Stormers se grooooot semi-final!

In Sport deur Kaptein Kortbroek12 Eiertjies

Ek't die week per ongeluk 'n media guide vir die Olimpiese spele gecore en dit is seriously kaksnaakse leesstof.

Nou mens kan verstaan dat dit moeilik sou wees om elk van die 116-odd atlete te corner vir 'n kiekie, maar donner, die idee om elkeen se gesig op die selfde lyf te loop staan en Photoshop is bra stupid.

Klein koppies op huge lywe lyk erg tos, maar at least lag al my tjommas (okay al twee my tjommas) elke keer as ek dit vir hulle wys.

Vandag is daar beslis vuurwerke in London as al die mense wat meer van gym as suip hou agter daai vlam aan mission en dan oor die volgende drie weke bokdrolle spoeg, klippe gooi en belaglik vêr snol om te check wie is die beste in die wêreld.

Die hoofpaviljoen is ook om die draai van Leyton waar verstomend baie mense uitmaak van Bloed Rivier.

Olympics is als moerse confusing vir my en gladnie so lekker soos rugby nie maar wat my wel interresseer is die voorspellings wat gemaak word oor hoeveel medaljes ons gaan terugbring.

Weird hoe Engeland wat so groot soos die Vrystaat is ons gatte gaan skop.

Anyway, waar ons rugby legends groot zak kry om in mekaar vas te hardloop – byt bal, ek's nou by die ware Jakob – pay atlete minder as meeste onderwysers (so basically dieselfde as die gemidelde kar guard) en nou scheme ons tjoppie tjops – 12 medaljes is maklik.

Kyk, ek hoop ons kry soveel, maar daar is ook n moerse kans dat ons nes in Beijing weer op grootskaal gaan naam ruk. Ons was net so optimisies voor daai mission, maar het stert-tussen-die-bene met 'n volle 1 gong terug gekom.

Miskien sal ons atlete beter vaar as daar so bietjie jam-blikke-visblikke vibes daar gegooi word. Of dalk sal ons atletiek so goed soos ons rugby word as die ringkoppe wat in beheer is minder pitte aan kak spandeer.

Who am I kidding? Atletiek is kakboring, kom ons check bietjie more se rugby.

Eers kon ons in vandag se game tussen die Chiefs en Crusaders mooi check hoe Craig Joubert nou behoorlik gatvol vir Richie McClaw geraak het. Hy't laasjaar by die World Cup feitlik die man gehelp om die trophy te lig  deur fokol penalties vir Frankryk te gee nie en was gister heel duidelik anti- McClaw. Well done, Craig.

Om so klomp All Blacks te check jol maak my ietwat bang, maar well done Chiefs, julle het die 20-17 wen verdien.

Sorry Cape Crusaders fans, julle manne kon toe nie die paal haal nie – nogmals dankie Craig vir jou hulp – so as die Stormers more raak tackle sal hulle actually home ground advantage hê in die final. Dankie tog.

Laasjaar se semi teen die Crusaders was iets mal – ek onthou hoe die Cape Crusaders op die Stormers geskree het toe hulle van die bus afgeklim het – "Jou me se poes!"… Nee sies man!

Nou vir more se Stormers/Sharks semi-final.

Opsomming: So goed as wat die Sharks jol, en gejol het om dit tot hier te maak, kan ek nie help om hulle fokop teen die Lions te onthou nie. Hoe hulle daai game weg gemoer het weet die hemel alleen. Het hulle in Joburg gewen kon hulle selfs een van die games op Kings Park met sy totally awesome braaivibes voor die game gehou het. Shit, daar is min plekke waar mens so lekker voor 'n game kan kuier as op die gras langs daai pawwie.

Click die Haaie, more kan hulle net sowel Nuweland bulldoze en in daai moerse sokker stadium skuif. Bismarck, Beast, Willie Alberts en Kankowski met daai poodle Michalak agter – sho, sho, sho, … geen wonder die Stormers was so stom die week nie. Kan hulle dit doen? Wel, hulle het nog net twee keer in 16 games verloor en was in die battles teen die Crusaders (in Christchurch) en Sharks (in Durban) naby genoeg en al lyk dit nie altyd mooi nie, maak hulle uit van pressure absorbtion.

Sponge Bob dalk die nuwe Stormers mascot…

Voorspelling: In week een het ek begin om my ballas te wys, so let's go! Stormers om dit met 5 punte te wen. Kla gelag. Dis nou of nooit vir Jean en die manne, hulle verdien 'n trophy. Ek gaan ook my polse afkou as ek nog eenkeer by 'n braai moet staan en luister hoe die WP manne gemok word oor hulle laas in Verwoerd se tyd 'n beker gewen het. Ja dit was Verwoerd se skuld. Anyway, dit gaan 'n monster wees, so PVR die game vir my asseblief want ek mag dalk net 7 brannas voor die res van die papsak specialists wees. Etzebeth, Coetzee, Ginger Kitshoff en Elstadt – jong manne wat nog groot ruggas gan jol.

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekDie Sharks en Stormers se grooooot semi-final!

    Comments

    1. Anale Kanaal

      Ja nee kyk, ons Stormers is baie excited oor hierdie een!  Lyk my dit Stormers en Chiefs in die Final!!!

    2. Prof. Bokdrol

      Ek hou al tien duime vas vir die Sharks, maar sou die Stormers dit vat sal mens moet toegee hulle het moer goed gedoen hierdie seisoen – solank hulle die plot dan deurvoer, want ek sal hewig die fokken bliksem in wees as hulle volgende week die final verloor.

    3. JagsJannie

      Ek's 'n groot Stormer! Inteendeel het redelik baie Jannie Loper Swart verloor laaste 3 jaar omdat ek te hardegat is om teen my span te wed. Het sopas weer selfde fout begaan (?), alhoewel my Bulls maatjies mooi ge-contribute het die jaar (fokken baie dankies ouens!), en het weer 3 x 750 ml's wat hang. So nou moet die Stormers nog net wen (volgens my hoef die Haaie nie eers geld op vlieg kaartjies te gespandeer het nie, maar het reeds) en dan gaan ek suip pappie! Fokken paraplegies. Stormers!

    4. David

      Geluk kaptein, met die ballas groei gedeelte, dis jammer jy sit op hulle.
      Ek voel feitlik fokol vir een van julle spanne nie maar as iemand dan moet verloor, hoop ek dis die stormers

    5. Evert

      Ek's nie eintlik 'n ou wat ander manne se span slegse nie, maar FOK die Sharks!
      Go Stormers!

    6. JagsJannie

      O en "so-by-die-pad" as my span sou verloor (het moerse strat meeting gehou aangaande die debakel), dan gaan ek die 3 x 750 ml's Jannie Loper Swart afgee na 19h00 in die aand en opdruk om "oorwinnings drankie" saam met die ontvangers (hulle se poeste ook!) te geniet. Sien, ek gaan nog steeds pedanties poes-dronk word (met permissie Prof)! VIRSEKER!

    7. Prof. Bokdrol

      Yesss! One down, one to go – Sharks, onthou tog net asse-fokken-blief dit was nog nie die final self nie, né? Soos Harvey Keitel in Pulp Fiction gesê het, kom ons begin nie nou al mekaar se totties te suig nie – hou maar die Shark-panje op ys tot volgende week…

    8. JagsJannie

      Eina fok! Die aflewering is gedoen, die "oorwinnings drankie" gebedel en nou nog net vir al die Sharks ouens op die blog gelukwens. Sharks befok gespeel! Gaan nou verder slaap

    9. Prof. Bokdrol

      Marrafakka! Sharks 6 Chiefs 37 in die final…any takers vir 'n boksvol tweedehandse Sharks paraphenalia? Enigiemand?

    10. JagsJannie

      Ek't kroeg vol Stormers goeters, Prof. Wil jy dalk ruil?

    11. Vlaknaai

      Nou kan die sharks voel hoe is dit om innie oor genaai te word oppie einde ! 
      Plaas die fokken sharks het nou maar net – net  teen die stormers verloor . Dan was die final darm innie kaap , ons kon gaan rugby kyk , en daar het poes baie geld die land ingekom . 
      En ek het nie verniet soos n poes my stasiewa se dak afgesny en hom wit en blou strepe geverf nie …

    Gooi Comment