Die Ferrari California. ‘n Dag by Sun City.

In Snotstories deur griffin10 Eiertjies

Raait, so verlede Donderdag het ek en Kaptein Kortbroek so bietjie die nuwe Ferrari California gaan uitcheck by die Palace by Sun City. Hulle het ook 25 van hulle clients uitgenooi om die nuwe speelgoed wat vir R3mil gaan te kom uitcheck. Fokken larney vibes gewees. R3mil vir 'n kar is kakbaie zak. Jy het at least een tender in Zimpopo nodig om so iets te kan bekostig.

Ons is darem gevoer ook. Die kos was so fancy dat ek nie mooi geweet het wat alles was nie. Dis Vereeniging se skuld. Ek is mos fokol lunchgewoond. Nadat ons onsself dik gevreet het aan die buffet, was dit tyd vir poeding. Kaptein Korbroek het gegaan vir 'n next level slice chocholate koek terwyl ek gegaan het vir iets baie meer fancy. Jy check, as duur plekke kos voorsit is dit altyd in of poesgroot borde met minimalistiese, netjies gerangskikte kos waarvan die helfte eetbare garnish is of klein verkakte bakkies met poeding wat soos plastiek lyk. Iets soos 'n tiramisu of creme brulet kom altyd in kleiner bakkies, asof hulle te fokken suinig is om op die poeding te splash.

puddingEk het gegaan vir die klein fancy bakkie wat gelyk het soos een of ander pudding en sommer die helfte in my bord geskep. Free shit is altyd lekker.  'n Tannie wat langs my gestaan het, het my weird aangekyk. Seker omdat ek die helfte van die pudding vir myself gevat het. Ek het egter na die eerste hap agtergekom hoekom ek soos 'n marabs gelyk het. Ek het lewer pate gevreet. Fokken blaaint.

Toe skakel ons maar oor na iets wat ons beter ken. Bier. Sun City het vir ons free hotelkamers vir die aand gegee maar ons het die offer van die hand gewys omdat ons die volgende oggend kakvroeg moes Kaap toe vlieg. Ons het besluit om soos voorbeeldige kinders 17:00 terug te fok dobbelJoburg toe, maar beter judgement prevail nooit nie. Na lunch het ons aan't suip geraak en nuwe vriende gemaak. En na ons aan die suip geraak het, het ons aan die dobbel geraak. Fokken dom move. Die domste move is egter deur Katptein Kortbroek ge-pull toe hy griff se laaste R1000 se chips gryp by die roulette tafel en alles op fokken "even" neergepoes het. Wie sit fokken R1000 op "even"? En dan is dit nie eers jou eie fokken zak nie! Fokken doos!

Stert tussen die bene is ons eenuur die oggend daar weg. Poes teleurgesteld, dronk en platsak. By die KFC het ons snikkend vir onsself elkeen 'n streetwize 1 gekoop. Op skuld. Drie uur die oggend sak ons uit in Joburg, betyds om twee ure se slaap in te kry voor ons Kaap toe moet fok met hangovers ('n storie vir volgende week).

Maar al hierdie kak maak nie 'n fok saak nie. Dit was alles die moeite werd, want ons het die geleentheid gekry om saam met international professional racing drivers om 'n handling track te jaag in die nuwe 2012 Ferrari California. 'n Rooie en 'n swarte. Die ouens wat ons om die track gevat het was Sergio Pianezzola en Valter Balestrero. Fokken rally champions, pappa! Jy skiem Jeremy Clarkson het 'n lekker job? OK, fair enough, hy het 'n poescool job, maar hierdie blare ook. Die ouens het verlede jaar oor die 150 track days gedoen regoor planeet aarde. Hulle was slegs vir twee dae in Suid-Afrika gewees om die nuwe Ferrari te kom bekendstel voor hulle na hulle volgende destination vertrek het. Dit was hulle eerste keer in Suid-Afrika gewees en ek het die ouens oorreed om weer terug te kom vir vakansie. Ek het Pretoria aanbeveel, want julle brag mos oor hoe cool Pretoria is, so julle naaiers het baie om te verduidelik… Gaan wys vir hulle hoe lyk Loftus.

Die ouens besit self elk nie 'n Ferrari nie en dis half logies: "Why do I need to own a Ferrari when I get to drive the latest model for free all the time?" was Sergio se antwoord. "Would you drive a Ferrari as a rally car?" wou ek weet as 'n fokken lame joke. Sergio vat my toe ernstig op: "Ferrari would make the perfect rally car, but it is a bit expensive, I am afraid". Die ou praat nie kak nie. Check byvoordbeeld hierdie video uit waar hy met 'n Ferrari FF in die sneeu rondfok:

In case jy wonder hoe die FF lyk het ons vir jou 'n foto geneem by Sun City:

ferrari FF

ferrari FF 2

Nadat ons kak gepraat het met die ouens en so paar sigarette gerook het was dit gou 'n trip badkamer toe vir twee redes: Om te gaan pis sodat ons nie opgewonde raak en dalkies die mooi kar se duur sitplekke bemors nie. Dis sweerlik van renostervoorvel of iets dergeliks gemaak. Die ander rede was om ons piele teen ons bobene vas te duct-tape, want jy wil nie voor 'n klomp mooi meisies uit die kar klim met 'n moerse houtie nie. Vandaar het ons in die karre gaan jaag. Hier is min of meer wat ons kon afneem met 'n klein handycam:

All-in-all was dit 'n befokte lekker dag gewees, behawle nou die terugry deel. As jy eers 'n spin gevat het in een van hierdie outjies voel jou eie kar soos 'n fokken pampoen met square wiele wat soos kaaskrulle ruik.

Hier is nog so paar foto's:

ferrari california 1

ferrari california 2

ferrari california 3

ferrari california 4

ferrari california 5

ferrari california 6

griffinDie Ferrari California. ‘n Dag by Sun City.

Comments

  1. Prof. Bokdrol

    F-F-F-Fookkkk maar dis mooi! Ek dink en haat julle…

  2. Prof. Bokdrol

    NS: Dr. Onk het my sopas op die skouer getik nadat hy bietjie vernuftige speurwerk gedoen het, en gevra julle moet tog vertel watter brag-gat het besluit om "Money for Nothing" in die shot van die haaifaai display in te sluit? Huh?

  3. #1 Pisscat

    Ek meen nou W D F?  hoe moet 'n fokken armgat zeff kind so 'n fokken larnie kar ooit besit???????????????????????????????

  4. Author
    griffin

    Ek moet erken, dit was ‘n poescool touch. Dit was wel die plat-op-die-aarde ‘Taljaners wat daai outjie gepomp het oor die gaai-faai.

  5. Prof. Bokdrol

    Julle mooi fokken storietjies help nie – julle was om 'n track ge-chauffeur in 3 bar wiele (soos in fokken skille, nie taaier-pressure nie) teen 1/3rde die spoed van klank terwyl ek op die fokken N1 moes sit en self bestuur op pad na 'n meeting met 'n poes van 'n kliënt in my wiele wat na week-oue McDonalds ruik. Ek is nou al redelik seker ek haat julle…

  6. JagsJannie

    Geagte Griff, met hierdie skrywe wil ek jou en KK van harte bedank vir die kort niksseggende en waardelose fokken brokkie inligting! Inteendeel die skrywer is fokken hoogs jaloers en het die aller vreeslikste salpeter-suur om sy poefring. Baie verlig om te kon verneem dat wingerd-griep julle vir-etter het! Nou gaan die skrywer sy piel met 'n hammer bykom en julle blameer. Eina! O en fok julle!

  7. Fran

    Lucky fokkers, hoekom was julle 2 daar? Is julle prospective clients of kan ons 'n motoring section verwag op WKJ binnekort?

  8. Author
    griffin

    Daar word jaarliks slegs 5000 Ferrari’s vervaardig wêreldwyd. Die kans dat ek een sal ry is ‘n ronde 0 waarvan mens die buitelyne uitvee. Ons werk nog aan idees vor ‘n motoring section, so maybe gooi ons dit as die idee werk.

  9. Kaptein Kortbroek

    Credits vir Griff wat die bar tab opgetel het. En ja, dubbel brannas proe kak lekker by die supper posh Lost City Palace

  10. Author
    griffin

    Sergio het 'n mail gestuur nadat hy die video gecheck het. Net om weer te bewys hoe nice en beskeie hierdie ouens is:

    "thank you very much my friend, you made possible two parents to be proud of their son!!!!

    all the best!

     Sergio"

Gooi Comment