Watkykjy nuus round-up. Week 23.

In Wat is nuus? deur griffin8 Eiertjies

Wat die hart van vol is
'n 35-jarige hartshirurg van South Wales is uitgevang toe hy onder vrouens se rokke ingekyk het om hulle panna's te kokkenodge. Die ou het op een of ander manier strategies op die vloer gaan lê sondat hy onder chicks se skirts kan inkyk. Kan nie goed vir die hart wees nie. Hoe gaan lê jy strategies op die vloer? Maak jy of jy dos of uitgepass is? Maybe sit hy laataand met blueprints van Tesco en 'n flitslig in sy klerekas om sy volgende dag te beplan: "Right, as ek te naby aan die vrieskas lê waar hulle die ertjies en drumsticks bêre gaan my piel koud kry en kleinkoppie trek… mmmm. Miskien moet ek onder die rak gaan park waar hulle die effies en hoofpynpille bêre, dan steek my voete miskien net-net uit aan die agterkant van die ander isle waar hulle die tampons verpak…"

Die bra is eventually uitgevang op CCTV cams waar dit blyk dat hy boonop sy piel ook vryf deur sy broeksak terwyl hy onder die vrouens se rokke inkyk. Lekker pinball speel (soos ons dit op laerskool genoem het). Verlede maand is 'n ander vuilgat Gawie vir soortgelyke kak ge-arresteer. Hy het video of iets deur 'n gaatjie in 'n shopping bag afgeneem met sy Blackberrie.

Wat geword van die goeie ou trusty spiëeltjie op die skoolskoen? – IOL

Die dwergies weet nie van verloor af nie
Daar was 'n nuwe movie gemaak oor Sneeuwitjie en Die Sewe Dwergies – Snow White and The Huntsman en dit star ons eie canony from Benoni, Charlize Theron. En… Los Angeles se dwergies is super kwaad. Hoekom? Omdat die film makers gewone size Britse akteurs gebruik het om die rolle van die dwergies te vertolk. Check, die dwergies wil hê dat regte dwergies gebruik moet word. OK, nie regte dwergies nie, regte dwergies bestaan nie – mense met dwarfism, jy maak uit? Hulle is so kwaad dat hulle nou 'n march wil hou met 100 dwergies om hulle misnoë te kenne te gee. Imagine dit – iemand trek aan jou broekspyp: Director: "Kan ek jou help?" Dwergie: "Ja, ek wil in die fokken fliek wees. Hoekom kies jy my nie?" Director: "Uhm, want jy kan nie act nie?" Dwergie: "Fok jou!" (trap op director se toon). Director: "Sorry, het jy nou iets gedoen? Hierso is albastertjies. Gaan speel daar agter. Die oom is besig."

Laat mens dink aan daai ou grappie van Charlize Theron wat die dwergie gebliksem het toe hy haar op set van die nuwe fliek getune het haar hare ruik lekker…  – IOL

Laitie vra vir water by sy eie begrafnis
Die Zombie Apocalypse wil ons net nie uitlos nie. Eers was dit die kaalgat bra van Miami wat iemand se gesig gevreet het en daarna die pornstar wat ledemate in pakkies gepos het aan kabinetslede in Kanada. Die nuutste? 'n Tweejarige laite in Brazil het gesterf weens hartkomplikasies. Sy familie het om sy doodskis staan en huil toe hy ewe skielik regop sit en tune: "Daddy, can I have some water, please?" Almal het obviously heeltemal uitgefreak en begin skree maar die laitie het toe weer net gaan lê – hierdie keer regtig dood. Die familie het die begrafnis met 'n uur lank uitgestel in die hoop dat klein Kelvin weer sou wakker word. Hy het nie. Shame, man, dis fokken terrible… – Herald Sun

Wacky Wednesday once-off is terug!
Net in case jy dalk al vergeet het van Steers se Wacky Wednesdays, gooi ons vir jou 'n reminder. Onthou om more 10 skille in te pak vir werk insteers plaas van daai vissmeer of kots spread toeba van jou, want al wat jy more gaan nodig het om 'n befokte rib burger the chow is R10! Die outjies kos gewoonlik hier by die R25 rond. Dis 'n once-off wat Steers more run. En dis 'n cheap manier om die middel van die week te celebrate, want as jy eers Woensdag agter die rug het, is dit phuza Thursday en voor jy jou huilerige ogies uitvee is dit weer naweek sodat ons kan fokken duik! – Steers

Deel met jou tjommies!

    griffinWatkykjy nuus round-up. Week 23.

    Comments

    1. Dirk Diggler Diktros

      Go Charlene,  ons in Benoni se oog is op jou, al die pad!  Bliksem hulle goed!!  DDD

    2. Belhammel

      Ek wonder hoeveel varke het gekak vir vandag se burgers…

    3. EKKE

      Wonder of die steers outjies se best before date dalk op hande was, dis te wacky om te glo, minder as half prys????

    4. JagsJannie

      Aikona! Ek's nie so fokken dom nie! Fynskrif lees "while stocks last" en met my geluk is daar net 3 burgers in stok teen die prys en die res teen normale prys. Sal die ene maar laat gaan…..

    5. Bees Neus

      Toe ek by steers kom toe is die halfte van die Kontinent daar.  As jy daai burger kon kry, het jy hom verdien want jou sou 'n halfuur wag vir jou 10 rand burger.

    6. Prof. Bokdrol

      Ek slaan my oë op na die Taalmonument – waar, o waar de fok sal my grammatika vandaan kom?

    Gooi Comment