Soek jy Oppikoppi tickets vir jou en jou buddies? Wen dit hier.

In Kompetisie, Oppikoppi deur griffin3 Eiertjies

Hierdie jaar, die naweek van 9,10 en 11 Augustus is dit tyd om Northam toe te mission vir Oppikoppi se grootste music festival sedert die actual Groot Trek. Ons tune julle elke jaar vroegtydig en elke jaar kom gooi ons foto’s en video’s na die massive jol. En elke jaar is daar ‘n klomp armsalige Jansalies wat huilerig is omdat hulle alweer Oppikoppi gemis het en hulleself belowe dat hulle volgende jaar sal gaan. Ons gee ook elke jaar ‘n ticket of twee weg.

Hierdie jaar doen ons dinge bietjie anders. Omdat die festival so fokken huge is, het ons besluit om ‘n groep van vier buddies Oppikoppi toe te stuur. Die average close vriendekring het gewoonlik vier vriende. Check maar vir jouself. Jy fokken weet dit. Daai vyfde ou wat so baie zol rook of heeltyd zak of skywe bedel is nie regtig deel van julle group nie. Jy het gewoonlik die gawe ou, die malgat, die ryk een en die verantwoordelike tjommie in jou groep. Meisies het altyd die bitch, die mooi een, die dom een en die vet een. Maar alle bespiegelings en grappies oppistokki vir eers. Let’s get to the business at hand…

Om ‘n kans te staan om die kaartjies te wen soek ons die volgende van jou:

1. Gaan na Oppikopi se Facebook page en check hierdie jaar se line-up uit: https://www.facebook.com/events/119862871471228/
2. Gaan soek jou favourite band
3. Maak ‘n video / music video van enige van die bands se tunes (jy kan saamsing en act of whatever). Alternatiewelik kan jy vir ons in ‘n video van jou eie ‘n tune opmaak en oorreed dat jy die tickets moet wen. Die twee groot woorde hier is musiek en video, hoor.
4. Laai die video op YouTube en mail die link na griffin@watkykjy.co.za
5. Dit is nie verpligtend dat jy al jou vriende saam met jou in die video sit nie, maar dis net fair dat jou tjommies jou sal probeer help om hierdie befokte prys te wen.
6. As jy nie Afrikaans verstaan nie, vra iemand om vir jou te verduidelik wat hier aangaan.
7. En wees samblief oorspronkilik.  Dit sal jou case help. Dit gaan nie help om ‘n halfhartige effort in te stuur waar jy met ‘n grieperige snotneus en toe deus tune “Hey ek is Fanie, stuur my seblief Oppikoppi toe” nie.

Hoe die wenners gekies word:

1. Ons sal soos die entries inkom van dit elke nou en dan op Watkykjy post.
2. Sodra daar genoeg entries is, sal Oppikoppi besluit wie hulle top drie favourites is.
3. Die drie finaliste wat deur Oppikoppi gekies word, se videos sal op Watkykjy gepost word op Vrydag, 20 Julie.
4. Voting deur die lesers sal die wenner bepaal. Ons sal nader aan die tyd bekend maak hoe die voting proses sal werk.
5. Jy het kans tot Vrydag, 20 Julie 12:00 om in te skryf. Wenners word Vrydag, 27 Julie bekend gemaak.
6. Vir good measure sal ons vir die wenners elkeen ‘n limited edition Watkykjy t-shirt ook gee en miskien nog ietsie ekstra.

Die prys wat hierso ter sprake is, is vier kaartjies na Oppikoppi Sweet Thing (9-11 Augustus) wat aan een wenner sal gaan wat drie van sy buddies sal saamvat na Oppikoppi toe. Vervoer, kos, drank, zak en tente is jou eie probleem. Daar groei nie fokken geld op ons rug nie.

Oppikoppi-Sweet-Thing-2012
O ja, en hier is so klein ietsie wat ons verlede jaar gemaak het. Jy mag dit al gesien of gehoor het iewers…

Deel met jou tjommies!

    griffinSoek jy Oppikoppi tickets vir jou en jou buddies? Wen dit hier.

    Comments

    1. poesprop

      die ultimate blou bul jock saam trek. fkn klomp transvalers.

    2. Dirk Diggler Diktros

      hey vir n lekker poespas kommersieele naaiery!!  eks in, tot teen die 'tappels in…DDD

    3. Prof. Bokdrol

      My fok – soos altyd is ek drie eeue agter die tyd. 'n Spesiale dankie aan Dr. Onk wat my sopas gewys het op die "Sweet Thing" poster se stylised gesig. Vraatsige fokker wat ek is het ek die hele tyd nog ingezoom om te kyk watse lekker klein njammies is dit wat lyk soos niekerbôls nadat mens hulle middeldeur gebyt het. Take a step back and get the bigger picture, soos hulle sê.

    Gooi Comment