Kinders van die 80s: Speelgoed en games (deel 3)

In Snotstories deur griffin17 Eiertjies

Ons gaan voort met ons reeks, Kinders Van die 80s. Daar is nog fokken baie om te cover, so stick around. Die hele reeks sal hier teen die einde van die jaar beskikbaar wees in 'n free e-book. As jy die vorige sections gemis het, kan julle dit hierso uitcheck:

Kinders van die 80s: Speelgoed en games (deel 1)
Kinders van die 80s: Speelgoed en games (deel 2)
Suid-Afrikaanse TV: 101 shows wat jy miskien sal onthou

Kom ons fok verder voort in die 80s in…


Barbie
Hoewel Barby al in 1959 begin vervaardig is, het sy eers in 1971 kanne gekry. Jou eerste kennismaking met tiete was heel moontlik jou sussie se Barbiepop gewees. Dis nou as jy nie per ongeluk ingeloop het op mamma en pappa terwyl hulle "gestoei" het nie. Dit is eers na jou eerste kennismaking met first base in standerd ses agter die houtwerkklas dat jy agtergekom het dat beide Barbie en Scope vir jou gelieg het. In die eerste plek is tiete nie smooth nie en daar is ook nie sterretjies op die. Daar is 'n nipple, my ou!

Jou sussie het gewoonlik huis-huis gespeel en Barbie se hare gekleur en gesny (big surprise, die hare groei nie terug nie) of awkward klere gemaak terwyl jy Barbie elke nou en dan gesteel het en haar tiete teen jou tottie gaan vryf het in die waskamer met crackers opgeblaas het saam barbiemet jou army mannetjies en die helfte van die cast van Masters Of The Universe in die sandput. Teen die volgende kersfees het sussie moontlik vir Ken bygekry, die ou met die gladde knop. Teen daardie tyd was jy hopelik oor die hele gedoente en het skelm rook of kattekwaad ontdek. Andersins het jy Ken en Barbie in ongemaklike posisies laat naai in daai pienk convertible wat sus vir haar verjaarsdag gekry het. Daai kar was heavy uit verhouding gewees teenoor die grootte van die poppe. Imagine daai kak in regte lewe – sulke drie meter reuse met stywe arms en bene sonder genitals wat in 'n Mazda MX5 probeer zaber…

Barbie is gewoonlik 'n paar jaar later na die nuutste spruit toe aangepass as die hond haar nie opgevreet het nie, of iewers mooi gestoor om vir sussie se "glipsie" te gee tien jaar later.

Spirograph
spirographAs jy op 'n stadium Spirograph as 'n persent gekry het, was dit 'n insult in disguise. Wat jou ouma eintlik vir jou probeer sê het met hierdie geskenk was: "My kind, jy kan nie vir 'n fok teken nie, jy kleur buite die lyne in en jy is maar net 'n fokken spaz in general." Verpak met allerhande ratte en sirkels met tande, 'n klomp velle papier en vier verskillende kleure penne kon jy die befokste shapes en shades maak. Jy het ook nooit mooi geweet wanneer om halt te roep op jou kunswerk nie. Wat mooi shapes sou wees het vinnig verander in een swart morserige sirkel wat op plekke deur die papier steek en merke op die kombuistafel los. Lekker "The Ring" vibes. ("Die kind is nie lekker nie", sou grootmense agter hulle hande fluister.) Totdat jy die penne wegbliksem of dit leeg word, want back in the day was groen penne fokken duur of net gewoon moeilik om in die hande te kry. Alles was OK gewees, jy kon nog voortfok met die blou, rooi en swart penne. Sou jy per ongeluk op die twee groot platick gear-sirkels trap en dit kraak of breek, was jou hele stel in sy moer in gewees, want daar was nie spare parts te vinde in die winkels nie. Totsiens, ingenieursgraad…

Masters Of The Universe
Almal het op 'n stadium at least vir He-Man (oftewel, Prince Adam) besit. Dit was seker die befokste cartoon in die 80s gewees, tot Doplh Lundgren almal se bewondering vir He-Man in die live-action movie aan skerwe laat spat het met sy kak vertolking. Fokken doos. Die "special" skeletor se snake mountaineffects het ook nie veel gehelp nie. Behalwe vir He-Man was daar ook ander karakters wat cooler in speelgoedformaat was. Beast het minder gay gelyk en Man-E-Faces was befok – jy kon sy kop binne-in sy helmet draai om vir hom drie veskillende gevrete te gee. As jy egter He-Man se tier, Battle Cat gehad het, het dit die gayness gekanselleer. Bonuspunte as mamma en pappa zak gehad het om vir jou Skeletor se Snake Mountain, kompleet met slime gekoop het. Dan was jy die fokken main man in die buurt. Almal sal dan met hulle verkillende mannetjies by jou kom speel het en die outjies wat uitslaan met doubles moes maar fokof, tensy hulle sweets of iets anders wat cool was (soos cherrybomb crackers) saamgebring het. Dit was ook raadsaam om jou sussie se Barbie weg te steek, want sou hy rondlê, sou daai blas laitie met die omlope in die straat af virseker laat He-Man haar genaai het. Van agter af. Sommer in die Slime Pit.

'n Tipiese He-Man speeldag sou geeindig het almal wat oor die grasperk rondharloop, "By the power of Greyskull!" gil in pre-pubescent stemmetjies met home-made swaarde of (as daar zak was) He-Man se swaard met die sound effects en die liggies tot iemand 'n shiner kry. Dan is dit maar terug kamer toe met iets rustiger soos Spirograph terwyl jy vir jou pakslae wag…

Fietse
Die cool ding van die 80s was dat jy kon fietsry tot fokken laat in die aande. Die paaie was redelik veilig en jy het jou eie transport gehad. Jy kon kafee toe fok met twintig sent en 'n kakhuis voel sweets gaan koop en maybe 'n Donkey Kong iewers indruk. Jy kon by jou tjommies gaan speel het en self daar uitkom. Independence, pappie! Jou sussie het rondgery met daai pienk Strawberry fiets met die mandjies op die handlebars, maar ons praat nie daaroor nie, want jy moes al at least eenkeer met die verfokte ding skooltoe ry oor redes wat tot vandag toe nog seermaak…

Jou eerste fiets was tien teen een so rooi stuk kak met back-peddle brieke en training wheels. Jy het die Ace of Spades laat tjirrrrrr deur jou speke wat jy met 'n wasgoedpennetjie vasgemaak het. Hy het swaar getrap, die modderskerms was fokken stupid en sodra die training wheels afgekom  het, het die velle aan die binnekante van jou enkels ook afgekom. Jy wou mos broadies kap. Fokken back-peddle brieke! Wie het hierdie kak move uitgedink?

Later sou jou eerste BMX jou lewe verander het. Naweke was toegewy aan jou nuutgestigde BMX-bende. scorpion bmxJulle het nie regtig 'n mission statement gehad nie. Daar was BMX bane gebou met ramps en dips in oop velde onder die electric pylons en julle het maar net gaan explore waar julle kon en allerhande mysteries ge-solve. In Vereeniging kon jy 'n plank op uitgepaasde boemies neersit en oor hulle ramp. Jy het menigte kere jou poes af geval as jy lamppale probeer wheelie het. Vir die wat nie weet nie – om 'n lamppaal te wheelie het beteken jy kon die lengte tussen twee lamppale wheelie. As jy meer as drie lamppale kon wheelie was jy tien teen een jou bende se leier. Respect!

Die BMX het ook verkillende shapes en flavours aangeneem. Armgatte het met Pick 'n Pay se Invader rondgery terwyl ander kinders gelukkig genoeg was om die Scorpion te kon bekostig. Daai motherfucker se grips was wereldklas gewees, asof dit spesiaal vir jou hande gemaak was. Subliem. Die hoërskool kinders het met ATB Bombers rondgery en dit het nooit vir jou sin gemaak nie. Hulle het vir jou soos ongemaklike, werklose grootmense gelyk. 'n Ander variasie van die BMX het ook plek-plek sy kop uitgesteek. kmx002Die KMX. Sy verspreiding was rofweg een per tweehonderd kinders en omdat hy so skaars was het jy altyd jaloers en met effense bewondering na die fiets gekyk. Dit het soos 'n scrambler gelyk en het meestal in geel uitgekom (soms rooi) kompleet met 'n fake plastic petroltenk, befokte plastic modderskerms, 'n fender met 'n wit nommer op, 'n fake leather motorfiets seat en impressive shocks. Jy kon even water in die tenk gegooi het vir ekstra effek. Jy was in absolute awe. Totdat die laitie aan wie die pragtsuk behoort reluctantly vir jou 'n shot gee om dit vir 'n spin te vat… Gods, daai ding was swaar. Dit was soos om met 'n skewe driewiel te ry waarvan die wiele van 50kg nat spons gemaak is. Droomfiets se fokken moer! Wat 'n absolute stuk kak! O ja, en dieselfde geld vir daai Chopper fietse. Fokken loodwiele.

Fietsry het ook maar sy downside gehad. Punctures. Jirre. Hoeveel keer moes jy nie op 'n Saterdag sit met daai kak Dunlop kits en drie paplepels om punctures reg te maak nie? Patch-en-solution kits. Fok, dit het tyd geroof. ou dunlop puncture kitEers moes jy die voorwiel afhaal met 'n nommer dertien spanner en die tube uitkry met paplepels. Dan moes jy die band op pomp en in 'n bak water sit om te check waar die bubbles uitkom om die gaatjie te kry, die band droogmaak, met 'n skrapertjie skraap, daai snotkleur gom opsit en rubberpatch plak. Daarna word die tube terug gedruk in die band, die ding word weer opgepomp en die wiel word terug gesit. As jou agterwiel 'n puncture gehad het was dit fokken nag gewees. Jy moes dan nog deur 'n olierige ketting ook sukkel. Daai selfde ketting wat van die sprocket af fok sodra jy op spoed is en jou onderontwikkelde klokke hard laat kennis maak het met meneer cross-bar. Maar terug by die punctures: Wat 'n fokken gemors! Teen die tyd wat jy klaarky het jou boetie jou rooi koeldrank gedrink en jou visvingers ge-zoi. En jy het Buck Rogers gemis. FFFFOOOOK!

Natuurlik het jy ook 'n wysneus vriend of twee gehad wat met perma-tubes gerol het. Daai outjies het fokol races gewen, maar hulle het nooit pap wiele gekry nie. Dis maar 'n bietjie van 'n trade-off. Wie sukkel die meeste? Jou tjommie wat elke dag ses liter sweet verloor sodra hy op sy fiets klim, of jy wat moet DIY tweekeer 'n maand?

Jou fiets sou eventually ook gesteel word, want daar was altyd een of ander naai wat daai stupid-ass kombinasie slotte kon crack. Vele jare later sou jy weer daai hol gevoel kry as jou eerste van baie kar radios gesteel word…

Volgende keer kyk ons na Thundercats, A-Team, Game & Watch en so paar ander outjies.

Deel met jou tjommies!

    griffinKinders van die 80s: Speelgoed en games (deel 3)

    Comments

    1. alf

      Daai KMX fietse was mooi rooi van kleur en regtig fokken swaar. As hy so paar maande oud was het hy verander in n mooi pienk scrambler a.g.v al die plastiek wat bleik in die son.
      Choppers, bmx en Challenger dikwiel was my wiele.

    2. Evert

      Jissis, dit klink of jy in ons straat gebly en saam groot geword het.

    3. Jo

      Ditto Evert… klink op 'n haar na my kinderjare…

    4. jaap

      Jy vergeet die '''mongoose'' BMX, hy was vir die regte rykgat kinders, het net drie sulke plastiek speke gehad. Ander kinders het resiesfietse gehad, myne was 'n western flyer van die PicknPay Hyper Mark in brackenfell. (ryk kinders het raleighs gehad) Hy het twee mate gehad, 24 of 26 duim as ek goed onthou. Ek het 'n 26 duim gekry, wat veel te groot was, dan moes jy die saal so vorentoe laat kantel, anders kon jy nie die pedale bykom nie. en jy moes maar in die fiets ingroei, al was die fiets al moertoe teen die tyd dat hy gepas het. En dan die resies handvatsels agterom buig, dan was jy lekker main

    5. Donovan

      He-Man was the shit. Which other show, would literally tell you everything in the opening credits.

    6. Zander

      toe ek op die einde van die post kom, was dit asof ek wakker word uit n droom, check om my en sien net voken kantoor mense, wonder wat de vok dink hulle smile ek so oor. Beste laaitie jare ooit. sit nou en wonder wa de vok my fiets kan wees, seke nog by my ma hule se huis…………..

    7. Willem Wikkelspies

      Julle het vergeet van die ander kinders wat hulle BMX offroading serias opgevat het. Daar was ook die BMX Mongoose gewees met plastic rims vir tricks. Was veral gewild onder die ous wat daai foot stands op die voorwiel aste aangeskroef het. vir tricks wat hulle by die rand se skou gesien het een jaar.

    8. Dik Gat moervark

      Weet jy, hierrie reeks is absoluut bedonnderd. Fokken kinders van vandag weet nie van grootword nie.  Nou is dit net waar is my playstation, ek gaan fokken smelt in die son.  Die was die dae.  Wannneer jou jaar uit vakansie salig was, en almal fokken op daai een laaitie op skool wat nie te lekker was nie, se huis toegesak het omdat die moer 'n swembad gehad het, 'n regte een, en as almal faktap geswem was, het julle vir 20 sent loop street fighter speel in die ou griek se kafee.  En jou ma het niks gedink as jy 7 uur by die huis aangekom het nie.  Jissis Griff, jy ken van skryf…  Daai dae is ook nou moertoe, maar wie ander onthou hom so?

    9. louwhan

      Jaap, ek ohthou die mongoose maar dit was middle range, vir die fokking lewe onthou ek nie die rex van bmxe nie. Dankie vir He-man. Ek was sooo happy met my eerste speel karakter, skeletoooooor!!!

    10. louwhan

      Jaap, ek ohthou die mongoose maar dit was middle range, vir die fokking lewe onthou ek nie die rex van bmxe nie. Dankie vir He-man. Ek was sooo happy met my eerste speel karakter, skeletoooooor!!!

    11. JagsJannie

      Vat jy my nou terug Griff! Daai wiele regmaak, jou fokken dof suster se fiets s'n ook, was kak. Dan sny jy jou pa se tuinslang op en vervang die tjoep daarmee om kosbare tyd in toekoms te spaar. Fokken harde ride en gatvelle in nerwe as pa ontdek sy tuinslang haal nie meer die verste deel van die gras nie. Eina!!

    12. jakes

      Dit is nou n moerse lekker trip down memory lane. Backpedal brieke was die beste. Fietsry in die 80's was great. Ek is vandag 44 en like my fiets nogsteeds kwaai. Darem nie meer dieselfde een nie. Onthou julle nog daai speedometers wat jy vir fietse gekry het. Hy het gelyk soos 'n Ricoffee blik met so wielietjie wat langs die tire loop. 

    13. wie wil weet

      Nostalge dit is hy op sy beste. Die trip down memory

    14. ou de doos

      Ek het 'n bmx gehad maar kan glad nie die maak onthou nie. Kon 3 lamppale maklik wheelie en dit om die 90 grade draai in die straat ! Nou deesdae kan ek nie 3meter wheelie met my MTB nie !!
       
      Ek onthou die koffieblik speedometer. Asook die dynamo lig wat met die wielietjie teen die voorwiel druk. As jy daai ding in-click trap jy moer swaar !

    15. Arcade slaaf

      Ek en my gabba in st.4 en 5 het altyd op Vrydae met ons BMX'e (cheap Invaders) van een kafee na n ander gery. Double Dragon, Vigilante, Bubble Bubble. Ons het altyd n paar empties agter die griek se toonbank uitgesteel terwyl hy besig was met die vis en chips. Tony's Minimarket. Dan het ons dit weer by hom ingeruil vir 20's. Een van die games het extra coins uitgespoeg as jy hom hard gemoer het aan die voorkant. Ure se fun met min 20's. 

    16. Willie Poes Voet

      Fok onthou die KREOL's stink vis chips. My swaer het nou die dag n boks vol in Benoni gekoop.Ek het eers geworry en seker gemaak die verval datum was nie Aug 1985 nie. Fok was dit weer lekker vir n change.

    Gooi Comment