Rebels pis my nogsteeds af. Sport met Kaptein Kortbroek.

In Sport deur Kaptein Kortbroek2 Eiertjies

Miskien is dit net omdat hulle daai klein James O'Connor fokkertjie in hulle span het. Of dalk is dit dat Sterling Mortlock, die dwerg uit Diablo 4, my aan 'n krimpie wat  met 'n zimmerframe rond hardloop herinner.

Fokkit hulle pis my net erg af, en nou dat hulle die Crusaders opgefok het gaan ons ook nie die einde hoor nie. Hulle maak my amper meer de moer in as die average Lions fan op enige gegewe Saterdag. Shame, die arme fokkers. Elke week vat hulle shots en terloops, al hoe hoe ek dit weet is omdat my buurman sy Cortina stukkend rev om van die frustrasie ontslae te raak. Boksburg is nie vir sissies nie. Daai laaties maak uit van bliksem.

Tog laat dit mens wonder, as jy nou nie volgende jaar meer vir die Lions kan skree nie, wat bly oor?

Om 'n Blou Bul te word is sekerlik teen die wet. Sure, elke ware Lions fan het Bulls buddies in Pretoria, maar regtig hulle support? ….not 'n fok.
Almal het 'n sagte plekkie vir die Cheetahs, maar dan het elke Lions fan sekerlik genoeg aan die agterspeen gesuig vir 'n leeftyd.
Sophisticated fokkers like om met Stormers truie in die malls rond to loop, maar dan wil jy ook op some stadium in jou lewe 'n voel hoe dit voel om 'n trophy te wen?

As jy regitg nie meer omgee nie, is die Sharks seker 'n goeie opsie. Hulle gaan jou bloeddruk dalk so bietjie opjaag soos 'net 'n solid bunnychow kan deur spelers uit posisie te speel, maar jy sal dit somehow aan jou tjommas moet verduidelik, so – nee wag, nog 'n kak idee.

Dit los ons by die Kings…

Van die Sandton jappies is mos heel laanie daar op J-Bay se strande elke Desember. Surfboards, beach buggies, die works pappa! So dit maak eintlik sin dat hulle die Lions vir die Kings verruil. Dink net, as die Kings daai selfde slim skills gebruik wat hulle vir starters in die comp in gaan kry, sal dit my nie verbaas as hulle truie wit en rooi is nie. Fokken once spaar elke Lion R680 en almal is happy.

Daarsy, die Lions word Kings – amper soos toe Simba vir 'n ruk saam die vlakvark en meerkat gaan zolle rol het en daarna as die Lion King al die cherries loop raps het.

Fokkit, kom ons praat eerder oor rugby.

Lions v Reds
Opsomming: As dit nie genoeg is dat hulle al klaar buk vir pouse nie, is Quade Cooper terug. Enough said.
Voorspelling: Gebruik jou fokken verbeelding.

Crusaders v Blues
Opsomming: Die Blues kom vars van 'n bye teen die Lions af en behoort gepomp te wees terwyl die Crusaders vir so ppar maande nog emails van obnoxious Rebels supporters gaan delete.
Voorspelling: Die Crusaders maak die seisoen een moerse fokkop, en om teen daai span wat my so afpis te verloor – kom ons sê net ek en sowat 80 000 SuperBru brasse hoop die Blues skop hulle in die eiers vir daai een! Crusaders met 18 – of dalk nie.

Bulls v Highlanders
Opsomming: Onder die dak is daar altyd kak. (Fok jou Jack Parow – checkit). Die Highlanders het een bedoosde nuwe stadion met 'n sunroof (dalk eerder rain roof) en gaan hard bliksem om weer op die wenpad te kom. Maar die Bulls het nou gewys hulle kan die shots vat ook. Wors MacGuyver Greyling is terug so dit kan lekker morsig raak.
Voorspelling: Wen die Bulls die een, gaan dit iets uit jou beste Hustler mag kos om hulle te keer. Bulls met so drie, want Morras jol sy 100ste game.

Stormers v Waratahs:
Opsomming: Tackle, tackle, tackle en moenie worry oor score nie, ons tackle hulle sommer faktap. As jy 'n Stormer is score jy nie. Jys score fokken amper nooit, maar jy wen, maar tog score jy nie. Kak om na te kyk op die beste van tye en die Waratahs is ook nie juis bekend vir asemrowende rugby nie.
Voorspelling: Stormers tackle 'n ding raak en surprise almal met 'n drie of twee. Dalk net nie op dieselfde tyd nie. – Stormers met so nege, hoekom dan nie?

Cheetahs v Sharks:
Opsomming: Piesangpiel se pa het 'n moerse ossewa – van die os op die jas (vat dit soos jy wil) kan hierdie een van daai games wees wat jy net eenvoudig moet uit check. Stuur die vrou New Metro toe of iets en maak seker die kinders se halsbande is goed vas. Was laasweek se shots wat hulle die Force gegee het 'n teken van kwaliteit? Of was die Aussies net moeg na hul die vorige naweek se Skaapfest 2000 buite Bloem?
Voorspelling: Ten minste 70% van die ouens op die veld ken die straatname uit hul koppe en was al doosdronk in either Mystic of Barabas. Wat die game aanbetref, kan daar moontlik meer drieë as in die Stormers se seisoen gescore word (so vyf) en sal die skoppers ook 'n groot rol speel. Check vir Beast, check vir Coenie en Krulkop Lamb Chop. Sharks met drie – jy kan my bad as ek weet hoekom.

Force v Rebels
Mary had a little lamb, pappa skiet hom dood, next day Mary takes the Lamb to school, between twee snytjies brood. Punt.

Deel met jou tjommies!

    Kaptein KortbroekRebels pis my nogsteeds af. Sport met Kaptein Kortbroek.

    Comments

    1. Dirk Diggler Diktros

      Jou gegorrel pis my af.  DDD

    2. Prof. Bokdrol

      Nee kyk, Frenchie het vanaand sy rakbie roots gewys – hy was net so wispelturig soos wat sy ou span voor berug is; wissel van roomys-kind tot genius binne minute. Daai sneaky chaser drie was fokken briljant – sal maar sharrap oor die res van sy vertoning behalwe om uit te wys dat Vrystaat B darem vanaand Vrystaat A lekker uitgevang het toe hulle gebuk het om die seep op te tel.

    Gooi Comment