snotstories

Mal moere beplan trip in Afrika in met ‘n Smart kar

In Snotstories deur griffin9 Eiertjies

Ons het 'n hele paar biere gaan drink saam met 'n mal soutie, Brett Wild wat 16 Mei saam met 'n tjommie in Afrika in gaan bliksem op 'n 5 weke trip. Hulle gaan dit nie in 'n fancy 4×4 doen met 'n support car of iets nie. Nope, hulle pak die trip aan in 'n Smart kar, daai klein verkakte 700cc karretjies wat altyd die helfte van 'n parking space volstaan by Pick 'n Pay as jy geskiem het jy't parking gescore, net om agter te kom daai ding staan daar.

Brett is 'n ou wat in die film industry werk en het vir een af ander rede op hierdie dom trip besluit, maar hy vat ook vir Blink Stefanus saam op die trip om met so paar blink idees op te kom, sou hulle dalk in die kak beland.

Ons sal julle volgende week wys waaroor ons alles met die bra gesels het. Hy is donners interesting en fokken snaaks. Die week daarop gaan die ouens waai, maar ons sal die kamera saamneem om so paar afskeidsdoppe te gaan klap. Ons sal julle dan ook vertel hoe julle deel kan word van hierdie epic dom avontuur. Yup, jy sal 'n kans kry om die ouens op bizarre missions in Afrika rond te stuur en in die proses vir jouself lekker pryse los te slaan.

In die meantime kan julle hierdie intro kokkenodge om nog so bietjie info te kry.

Deel met jou tjommies!

    griffinMal moere beplan trip in Afrika in met ‘n Smart kar

    Comments

    1. David

      Smart is 'n moerse goeie keuse, as, sorry wanneer, hulle vasval en die leeus vreet hulle op kan kan die leeus die fokken plastic bodyparts en bumpers as toothpicks gebruik.  Dom etters

    2. Prof. Bokdrol

      Voorspoed, ouens – julle is dapper, ek skiem nie daai goed is gemaak vir Afreaka nie. Maar dis actually 'n baie bright idee – ek vir een sal glad nie omgee as 'n ieder en 'n elk van daai fokken irriterende dinky toy goedjies iewers in die oerwoud ingepoes word nie…

    3. Prof. Bokdrol

      Shot David, smart (geddit?) kommentaar daardie – daai karretjies is soos die fokken muskiete van die highway, mens het net 'n life-size vlieëplak nodig om die goed te flatten. 'n Smart op die N1 is nes 'n panty by OppiKoppi – altyd in die fokken pad as jy haastig is…

    4. JagsJannie

      Fokken mal! En Dit met 'n fokken loopring! Een voordeel is dat wanneer terein kak raak, kan hy, met veiligheidsgordel aan, net uitklim en die loopring uit die hindernis op sy rug dra

    5. jakes

      Ek dink dis beter in 'n Smart deur Afrika as met 'n Land Rover. Met die Smart het jy 'n kans dat hy gaan breek. Met die Landie is jy verseker dat hy gaan breek. Jou kans is ook beter om parte te kry vir die Smart in Afrika. As ek moet kies tussen 'n Smart en 'n Landie, vat ek elke keer 'n TOYOTA.

    6. Verbaas

      Die smart kar waarvan gepraat word, moet ek na die engelse definisie van "smart" kyk of na die afrikaanse definisie van smart.
      Persoonlik dink ek die afrikaanse definisie sal 'n beter aanduiding wees van wat voorle.
      Ek stel voor dat ou blink stefaans sy slaapsak los en 'n "space blanket" en kredietkaart saam neem, want daar is maar min pakplek in daai klein karretjie.

    7. Louwhan

      Absoluut befok!!!
       
      Die pad is nie soooo kak tot by Arusha nie. Ek sou gedink het dit is ´n hiper kak idee 20 jaar terug…
       

    8. David

      Yip Jakes, ek hoor nou juis daars 'n moerse special op Landies. As jy een koop kry jy 'n hond saam.
      Dan hoef jy darem nie alleen huistoe te loop as die fokken ding breek nie

    9. Prof. Bokdrol

      Genius, David, genius – of besit jy dalk self 'n Landy? In welke geval ek sou aanneem jou hond het al fokken arthritis opgedoen teen hierdie tyd…

    Gooi Comment