Hoe Om Te Cope Met Die Kak Dinge In Die Lewe (Soortvan)

In Snotstories deur Christo BrandbruggiesRek jou bek

Ek sal admit dat ek partykeer bietjie van 'n suurknol is, 'n "sourpuss" {saa-or-poes} – dis 'n regte woord in Ingels, gaan Google hom as jy my nie glo nie. Almal gee my kak omdat ek se als is tos. En ek's nou moeg gehoor "jy gaan duiwel toe gaan!" So in die "greater scheme of fings" is dit seker tyd dat ek bietjie my yin en yang uitbalanseer. So aangesien daar so baie is wat ons in ons monde wil laat kots, het ek gedink om bietjie "braakterapie" aan te bied hier by WKJ, terapie vir dinge soos begrafnisse…
 
Hoekom jy wil braak
Buiten die obvious feit dat iemand wat jy ken se ticket gestamp is, is daar ekstra's wat verder die "fun" uit funerals haal. As dit 'n gabba is wat dit lucky gestrike het met sy "15 minutes of Flame" is dit gewoonlik: Almal pay respects, strooi petals in die see (of dam, local public swembad, afhangende van die budget) dan is dit straight bar toe om 'n paar koues te gaan drink, jy weet, ter viering van die persoon se lewe. Maar dis die uitklok van ooms, tannies, niggies, oupas, en aangenaaides wat die "graf(t)" in begrafnisse sit. Hoe dodge jy die krimpies wat jou try soen? (WIE de fok is al hierdie krimpies wat jou try soen??) Gaan dit kak lyk as jy jou das voor die service verby is afhaal? Ek ken nie die fokken liedjies nie en almal sing dit in 'n mompelrige geween so ek kan nie eers lipsync nie! (Nou brom-brom ek maar saam, kyk dik paranoid rond asof ek iets gesteel het) Is daai tjerrie in die mooi skirt jou niggie of kan jy (nat) ogies vir haar maak? Hoeveel geld gooi jy in die kollektebakkie op so geleentheid, want dit voel soos om vir jou parking te betaal by die traffic department. Dit voel nie fokken reg nie. Dis hierdie tipe ongeruimdhede wat 'n reeds kak dag NOG kakker maak.
 
Die terapie
Wel die diens self is nou nie rerig Ratanga Junction-se-Cobra levels van excitement nie (behalwe as jy praat van die actual kobra in die hok en jy word in daai hok gegooi, vasgebind en met 'n veldmuis op jou piel geteken) maar "oooooh my jinne!!", die post-begrafnis TOEBAS IN DIE KERKSAAL!!! Die tannies van die ouetehuis maak altyd seker daar word die lekkerste broodjies in die dorp by die depressie-sessie uitgesit. Witbrood, bruinbrood, sommiges met ham en cheese, ander met egg-mayo, bulliebeef, avo, die hele fokken toetie. Sodra die kollekte klaar getel is en na wense was, mag daar dalk nog 'n "deluxe" rondte uitkom, hierdie keer met koeksisters, paartie frikkadelle en samoosas, jy weet, die BIG GUNS. Daai goed het al faktap freezer burn maar hy's lekker! Dan sien jy weer hoe volwassenes (sommiges in suits en fancy klere) kan kos opgaar op 'n bord soos fokken vervet monkeys wat jou cooler bag by 'n piekniek raid wanneer jy nie kyk nie. So dis eintlik heelwat oraait, hier's 'n paar guidelines wat ek voorstel vir jou volgende "funey"
 
1. Moenie oogkontak maak nie, dit sal lei tot ongewensde gesprekke met vergete relatives wat jou wil troos/kak gee omdat julle nooit meer bel oor Krismis nie. Huil as jy kan, maar nie so dat dit lyk of jy 'n skouer nodig het nie, die krimpies sien dit as 'n vorm van swakheid, en sal soos die opportunistic sexual predators van Pollsmoor op jou toesak.
2. Nadat jy ge-"tunnel vision" het verby die voorportaal, gaan soek vir jou saait agter, verkieslik heel, heel agter, dis die mees effektiewe manier om in cognito te bly. Om voor te sit is soos om te tune "ons het het hom/haar beter geken as jy!" – dis 'n tipe kompetisie waarin net die rolmodel families kan deelneem, daai wat almal matching klere dra en wie se mammie seker maak almal agter sien sy drop 'n crisp "luiperdjie" in die kollektebak, so bly liefs uit dit uit, you can't fuck with these high rollers.
3. Na die service moet jy lyn sny vir die kerksaal of die pastorie of waarokal die toeba-bonanza plaasvind. (Dit sal wys wees om hierdie intel vooraf te kry) Jy moet eerste daar wees, anders kry jy net die toebas met blaarslaai en tamatie op, en jy weet hoe maak 'n tamatie met 'n broodjie as hy al gisteraand gemanufacture is… Paper mache, eeeuwh man!
4. Okay na jy jou gesig gestop het met die goeie goed, kan jy skiet buitentoe. Hier sal jy die rokers kry, hulle is  gewoonlik die minste pretentious so jy kan hier vertoef vir so 5 minute voor jy duik. Klap 'n skyf, skiet hom in die blombedding (heel bad ass) en maak jou exit, kook sommer 'n tekkie in die parking lot ook soos 'n BAAS. Dit sal almal tune "niemand GET  jou nie, jy's 'n fokken yster" maar dat jy net die hartseer kan verwerk met baie sexual healing, sexual healing "en 'n paar van daai lekke' vleispestykies take-away assemblief!?"

Christo BrandbruggiesHoe Om Te Cope Met Die Kak Dinge In Die Lewe (Soortvan)

Gooi Comment