Goodfellas / SAB kompetisie wenners

In Aankondigings deur griffinRek jou bek

Baie geluk aan Tyrone en Werner vir hulle entries vir die SAB/Goodfellas kompetisie. Julle outjies wen elkeen ses maande se free Goodfellas memberships om julle gekuierde gatte veilig by die huis te kry.

Hierdie was hulle entries


Awe Bra, Hier my Lied.

Die een aan besluit ek en my bra’s ons gaan biejie drink, met moerse plesier gaan ons dan nou uit, en gaan drink.Kuier heel aand lekker met my pelle, ons raak nou toe nie so gesuip nie, speel goeie pool, ons is nog heel oraait.

Nou uit eindelik is ons nou klaar gekuier en dis tyd om terug huis toe te keer, ons val toe in die pad met die Almera.

Opad terug, ry ons mooi en rustig, waar ewu skielik n pajero oor n rooi lig cruise en teen die Almera T-Bone.

Met Moerse geskrik is ons aand nou lekker opgevok, want ons het gedrink en die polieste is nou opad.

Ons almal is darem oraait wat in die almera was, en klim toe uit.Kar is nou lekker opgevok soos ons nou terug loer.

Die etter in die pajero klim toe ook uit, en is lekker gepiel. met vrou en 2 kinders in die Pajero,

Gelukkig was almal oraait,

long storie short,
polieste het gekom en die bra kak gegeee en in geneem.
en ons het huis toe verkeer toe ander pelle daar aan kom.

Tyrone


Lekker Griffin

Ek kom nou al n langpad met tjommies wat dronk bestuur en ek wens daar was net een aand wat uitgestaan het agv dronkbestuur maar nee daar was baie.

Ek moes al 6 keer van wat ek kan onthou tjommies gaan help omdat randstene voor hulle ingespring het en ek was mos natuurlik ook dood nigter toe ek so in die middel van my half uur slaap was toe ek die oproep ontvang het.

Die een maal het die randstene my ook sommer gepootjie.

Dan was daar natuurlik die aand toe my beste tjom en ek sy 1.3 beige corola deur northclif gejaag het asof ons vir Supervan getrain het in die kuns van kom ons vat die draai moer vinnig sodat ons gat uitswaai, maar toe onderskat ons die beige pyl se krag en spin sommer die wiel van die rim af en dit nadat ons die spare gebruik het nadat ons die randsteen getref in die “cross country stage” van die Rally. Dit het toe veroorsaak dat ons a.g.v ons nokia 3200 wat tydens sector sy gat gesien het, duim moes gooi n moerse end terug huis toe, en probeer uitfigure wat de moer ons vir sy ouers gaan se want die kaar gaan verseker moet wag tot die volgende dag.

Dit is maar een van vele aande wat vir my agv dronk bestuur skeef geloop het.

Ja ons het met moord weggekom want dinge kon vinnig anders uitgewerk het.

Werner

drunk driving

Deel met jou tjommies!

    griffinGoodfellas / SAB kompetisie wenners

    Gooi Comment