Watkykjy se nuus round-up. Week 16.

In Wat is nuus? deur griffinRek jou bek

Man van apie
Kenichi Ito is die vinnigste ou op aarde. Op vier bene. Die locals het hom van kleins af gespot en "Monkey Man" genoem omdat hy vir hulle blykbaar soos 'n apie lyk. Soos dit maar is as die lewe jou met kak gooi, maak jy kaksap en hy het begin om handeviervoet rond te loop in sy town. Vir agt fokken jaar lank. Die polisie het hom ook al baiekeer in die straat gestop, want let's face it – dis bietjie fokken weird en creepy.

Dit het hom laat besluit om in die berge te gaan train vir meer as 'n maand lank om soos 'n apie te hardloop. 'n Vierbeen training camp. Population: 1. Die mal bra kan nou al gallop ook.

Waddefok maak mens met so iets op jou CV?

Die gemaskerde marabs
'n Twintigjarige chick het twee krimpies in Potch wat 'n supermark besit van R7000 beroof. Dit klink erg, maar dis een van die lameste rooftogte ooit. Sy het die mense met 'n kombuismes aangehou. OK, dis nog fine – mens het 'n wapen nodig vir gewapende roof. Check. Tweedens wil jy nie herken word as jy 'n rooftog uitvoer nie, so jy het 'n tipe van disguise nodig. Iet soos 'n masker of sykouse oor die kop – sy is is tog 'n chick en moet sykouse besit? Nee wag, beter idee. Trek boyfriend se Jockey onderbroek oor jou bakkies. Verkieslik een sonder 'n kakstreep. Check. Raait… wat kort ons nog? Ah, 'n getaway vehicle! Kom  ons vat sommer hierdie kakstadige skoeter.

Sy is obviously gevang en polisie het beslag gelê op die onderbroek, seker omdat dit die gevaarlikste item in die goose se arsenaal was. Kakgevaarlik! – Beeld

Lekker hare
Kom ons maak gou weer 'n draai in Japan…

'n Vyftigjarige polisieman is daar ge-arresteer nadat hy 'n vyf-en-twintigjarige meisie se hare gelek het. Die hare op haar kop, nie haar baardpie nie, jou sif etter! Snaaks genoeg is die polisieman ook 'n forensiese spesialis, amper soos David Caruso op CSi. Hy het seker net evidence gesoek: "Jou hare… *lek*… is waarskynlik met shampoo gewas… wat Aloe Vera en Jojoba traces bevat. Yeeeaaaaaah!"

Sy verskoning was at least eerlik gewees: "Want ek was fokken lus om haar hare te lek" – IOL

Porno in die interwebkafee
'n Egiptenaar het by 'n interwebskafee ingeklok om vir die eerste keer in sy lewe bietjie skommieflieks te kyk. Hy was so entjie in die porno in toe hy op die vloer collapse het – nie omdat hy vir die eerste keer in sy lewe porn gesien het en al die bloed na sy zaber toe ge-rush het nie, maar omdat die chick in die porno sy fokken vrou was!

Hy het haar daarmee konfronteer en soos te verwagte is het sy deny dat die genaaiery sy was. Eventually het sy opgegee en met die sak patats na vore gekom: Die ander bra op die porno was haar ex en hulle het al 11 films saamgemaak en op die interwebs gelaai. Daarna het sy 'n hele sak sout in die arme ou se wonde gegooi en hom getune dat sy nie lief is vir hom nie, ten spyte van die feit dat hulle al 16 jaar lank getroud was en vier kinders saam gehad het. O ja, en dat sy nog lief was vir die ou wat haar so genaai het voor die kamera's.

Shame. Die lewe is soms hard. En ander mans se piele ook. – IOL

griffinWatkykjy se nuus round-up. Week 16.

Gooi Comment