Watkykjy se nuus round-up. Week 15.

In Wat is nuus? deur griffin

Hier is is so paar goedjies wat ons die afgelope week in die nuus opgespoor het…

Kaalgat, domgat
'n Poesdom dief in California is tjoekie toe nadat hy by 'n huis ingebreek het, die mense se kos gevreet het en een van hulle bottels champaigne uitgesuip het. Die eienaars van die huis het die aand by die huis gekom, iemand in hulle stort gehoor en die pote gebel. Die cops het die ou op gunpoint ge-arresteer terwyl hy besig was om homself vol skuim en seep te vryf. Sy bail sit op $25k – amper R200000, of omtrent 200 keer meer as die going rate vir moordenaars in Suid-Afrika. – IOL

Die magnetiese hamster
'n Hamster in Nothampton met die naam van Smurf, het aan sy ysterhok vasgesit soos 'n magneet oor die paasnaweek. Dis omdat hy 'n magneet in sy kieste gehad het. Kate Meech se laitie het sy speelgoed laat rondlê en Spiderman se ronde magneet het ook daar iewers rondgelê en die hamster het geskiem dis kos. Fokken stupid laitie, fokken stupid hamster en 'n fokken stupid storie. – Huffington Post

Organiese S&M
'n Sex shop in Berlyn is nou totally vegan en organic, so jy kan nou jou goose met 'n sweep bliksem wat van recycled bicycle tyres gemaak is of met sekerheid en 'n bietjie vaardigheid goed in jou hol opdruk wat uit produkte en bestanddele vervaardig is wat nie op diere getoets is nie. Gaan vertel vir al jou vegan en hippie vriende dat hulle nou maar bietjie kan chill met daai secret groentetuine wat vir een of ander rede net wortels, komkommers, waatlemoen en eiervrug groei. Jy kan die natuur nou met 'n skoon gewete naai. Kyk byvoorbeeld na ou Flexi Felix, 'n flexi felixvriendelike kat wat jy in jou stervis kan opdruk. Nie net is hy virendelik nie, hy is ook 100% silicone en mens kan nie 'n koei melk vir  silicone nie… IOL

Die Boere en die hoere
Dit gaan lekker in Durbs – Die metro cops daar het een oggend 01:00 na 'n poliesvan toe geloop en op 'n cop afgekom wat besig was om 'n kopkou te kry by 'n hoer op die voorste seat. Die doos het toe sy rollie uitgeruk en oor die good cops probeer ry en weggejaag. Good cops het bad cop begin chase en eventually afgetrek. Toe kry hulle nog 'n cop en 'n hoer agter in die van. Hulle is ge-arresteer en stasie toe geneem, maar die dudes by die stasie wou nie die hoernaaiers inboek nie, omdat cops wat prostitute naai 'n algemene storie is. Hulle noem dit blykbaar num-num…  – Nuus24

Hierdie post is 97 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,613,239 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinWatkykjy se nuus round-up. Week 15.