Score twee Goodfellas memberships!

In Kompetisie deur griffin1 Eiertjies

Meeste van julle outjies like van party, dans en flesvat, maar veral flesvat. Die cops is deesdae orals uit om jou te vang en tjoekie toe te stuur, veral as jy nie zak het om hulle te bribe nie. Behalwe vir dit, is dit fokken onnosel om fucked agter die stuurwiel in te klim, maar dis 'n feit dat almal van ons dit al gedoen het.

Dis 'n fokken pyn in die gat om heeltyd te worry oor hoe om veilig by die huis te kom want daar moet altyd 'n designated driver wees of mens moet uitpass en oorslaap of jou roes afslaap voor jy 'n Creme Soda klap die volgende dag. 'n Ander opsie is om 'n plek soos Goodfellas te bel om jou dronkgat te kom oplaai en jou kar huistoe te bestuur.

SAB het vir ons twee free 6 maande Goodfellas memberships gegee om op Watkykjy weg te gee. Die wenner kry verniet 45km per maand en dit wat hulle oorskry word teen R9.30 per km ge-charge. Die prys is dus elk R418.50 per maand werd, of R2511 in totaal.

Om te wen is eenvoudig:
1) Vertel vir ons van 'n aand hoe iemand anders se donkbestuurdery jou aand opgefok het
2) Gaan speel die SAB game op http://lastround.sabrealitycheck.co.za/
3) Neem 'n screenshot van die result en mail dit aan griffin@watkykjy.co.za
4) Ons sal die wenners op 15 Mei aankondig

sab

griffinScore twee Goodfellas memberships!

Comments

Gooi Comment