RIP, Steak ‘n Ale

In Wat is nuus? deur griffin4 Eiertjies

Een van Tjoerras se favourite uithangplekke vir bands, drink, kuier, eet, stand-up comedy en entertainment in general het vanoggend omtrent 4am sy laaste asem uitgeblaas toe dit afgebrand het. Die mense vermoed arson.

Die laaste band wat by Steak 'n Ale (of die Steek en Huil soos baie mense fondly daarna verwys) gespeel het was The Black Cat Bones, gisteraand. Hierdie foto kom van hulle Facebook page af. Obvisously is dit 'n fokken sad dag vir 'n hele klomp muso's en fans wat oor die agfelope 15 jaar hier opgetree of uitgehang het.

Kom drink more 'n ABF buitekant Steak 'n Ale 12:30. Bring 'n blom en 'n bier. Details hier

R.I.P, Steak 'n Ale…

steak n ale brand af

steak en huil

rip steak n ale

Die ouens van Klopjag het ook hulle harte uitgespoel:

"Ons moet dit asseblief vinnig reël" het ek omtrent so 00:15 se kant vir Bonnie gesê. "Ons sal…" was haar woorde.

Ek en sy het gepraat oor 'n nuwe show datum vir die band nadat ons eers by die Lemon Jack Teater gaan draai het vir 'n ander show.

Oudergewoonte het die partytjie geskuif Steakies toe sonder dat dit regtig nodig was om veel verder te sê oor die saak. Dit werk mos maar altyd so: Eers dáár waar jy is met dít wat jy moes doen, en dan Steakies…

Agt ure later word ek wakker met só foto op Twitter.

Ek kyk, lees, kyk weer en dink aan Diff-Olie se cd met Mitchell's Plein wat ek daar geluister het 'n paar ure van tevore, aan Brinley se painting van Jeff Buckley, aan Die flatscreen televisies wat Charlene-hulle ingesit het vir die 2010 sokker, aan DAAI aand toe ek, Daaf, Kabous en Bacchus daar was, ek dink aan die kaggeltjie en die belaglike poker masjien wat my geïriteer het omdat daar so blink ding staan so naby aan waar mens in die winter wil inwurm tot teenaan die vuur, ek dink aan hoe al daai goed nou moertoe is.

Ons is jou baie verskuldig en ewig dankbaar…

What a legend.

R.I.P, Steak 'n Ale…

Deel met jou tjommies!

    griffinRIP, Steak ‘n Ale

    Comments

    1. Prof. Bokdrol

      Ja, blykbaar was daar moerse fokken groot vlamme en shit wat die stuff uitgebrand en die hele plek opgefok het soos in die foto's – maar die oorsaak daarvan is nog nie vasgestel nie…

    Gooi Comment