Ontmoet die Skynmaagde

In Kief musiek deur griffin7 Eiertjies

So nou en dan ontdek ons nuwe musiek. Meestel kak, soms goed…

Julle sal hierdie like. Ons het weer nuwe outjies ontdek. Die Skynmaagde is 'n Afrikaanse satiriese groep bestaande uit twee blare genaamd Henry en Wilken. Dis 'n acoustic act, met twee stemme en twee kitare en ook, blykbaar wanneer hulle lus kry, 'n viool. Hulle het gesamentlik ook vier arms en vier bene. 

Hulle lewer so nou en dan social commentary, maar dryf eintlik net die spot met enigiets waarvoor hulle lus is. Hulle kom van die Kaap af en is 'n vars act. Nuut oppie scene – nog net twee van hulle tunes is beskikbaar, hoewel nog vier besig is om gemaster te word. Daar was al een of twee baie suksesvolle gigs met like, tien mense, 'n hond en 'n chick agter die bar met 'n tattoo van 'n papegaai oor haar tiete. Hulle werk daaraan om meer shows te gooi en maybe eendag te toer. Maybe sal hulle eendag voor twintig mense en 'n eend met epilepsie speel?  Wie weet…

Anyway, luister na hulle eerste twee tunes hieronder. Ons vermoed dat Kommunis Sokkie nogal radio airplay sal kry. Op Interwebsradio, in elk geval…

O ja, jy kan die ouens op Facebook en Twitter volg… En hier is hulle website.

Die Kommunis Sokkie: Winter in my Hart:

Deel met jou tjommies!

    griffinOntmoet die Skynmaagde

    Comments

    1. Rol-model

      Fooooooo-kkev vuurwarm blare!!!!! Kakkersnaaks as kaksnaaks!

    2. Skillie

      Lekker lewendige songs, net jammer hul kom van die WP af!! 

    3. Dirk Diggler Diktros

      Lekker gayerige lilt wat die stemmetjie vang en met die s-klanke so "stoot"…DDD

    4. Jo Poos

      ek haat die woord "baby" in Afr songs… eintlik is alle Afrikaanse musiek poeskak. jammer.
       
      en fok jou Skillie, dis nou al 'n ou grappie…

    5. jagsmoer

      well done griff, ek hoop jy kry shares, hierdie ouens gaan ver kom. (ja dis jammer vd weepee maar ons sal hulle vergewe, hulle gee darem vir ziltril werk)

    Gooi Comment