Kinders Van die 80s: Speelgoed en games (deel 1)

In Snotstories deur griffin23 Eiertjies

Ek het julle so jaar of wat terug geklap met 101 TV Shows van die 80s wat jy dalk sou onthou. Vandag tackle ons toys en games van die 80s en hierdie outjie sal eventually seker uit so stuk of 10 dele bestaan. Buckle up Marty, where we're going, we don't need roads!

Fok, laat ek net gou hierdie kak wat ek praat van my mond afvee. Ons gaan in die verlede in, nie die toekoms nie…

Cabbage patch kids
Ek het nooit meisies se speelgoed lekker gekop nie. Veral nie poppe nie. Enter Cababge Patch kids – daai fokken lelike poppe met die oversized cabbage koppe. Wat was die deal met die cabbage patch kidsgroot koppe en die pap lyf? Om dogtertjies bang te maak vir pregnancy net nadat mamma daai "talk" gehad het met jou ouer sussie. En dan het jy by die deur staan en afluister terwyl jy in jou neus gekrap en hardop gedink het: "Ek het altyd gedog baba's kom by mamma's se boude uit…"

Die poppe was so 'n huge craze in Amerika dat ouers voor krismis by winkels vuis geslaan het om die gedroggies huis toe te vat vir sus. Dis weird dat dit in Amsterdan, New York vervaardig was. Mens sou verwag dat iemand wat so monstrocity konsepsualiseer het dik gerook sou wees in Amsterdam in Kaaskopland, but then again is hulle claim to fame lomp fokken houtskoene, hoere en kaas. Ons kan net dankbaar wees dat Suid-Afrika nie die goed herdoop het na "Koolkop Kinders" toe nie. Hulle het mos alles fokken Afrikaans toe vertaal in die 80s. Fokken alles behalwe Raboobi.

As jy 'n chick in die 80s was en jou Cabbage Patch Kid het moerderlike instinkte in jou aangewakker, moet jy vandag een fokken crazy scary ma met 'n drankprobleem wees…

Pick up sticks
Glad nie 'n nuwe game in die 80s nie, maar 'n fokken groot game in die 80s wat baie kinderure gevreet het. Hierdie game is glo deur die Native Americans ontdek toe hulle dit met strooi pick up sticks 2gespeel het. Big fucking surprise, want al wat hulle gehad het om te doen was om rond te sit, om vure te dans of pyp te rook en so nou en dan coyotes en arende te skiet om nuwe jasse en head dresses mee te maak. Wat is 'n head dress in elk geval? 'n Hoedrok?

Die game is eventually deur die wêreld versprei deur setlers wat die indiane se land kom opfok het (big fucking surpise nommer twee) en vir hulle casino's gelos het. Yay! Toe gaan een of ander doos en sit stokkies in 'n blikkie en begin dit as speelgoed te verkoop en lag al die pad bank toe. 'n Paar jaar later is die houtstokkies deur plastiek vervang wat speelgoedfabrieke nog 'n groter wins gegee het.

Ek wed jou 'n Atari game console jy het ook pick up sticks gespeel. Dit was eenvoudig: bliksem 'n klomp stokkies op 'n tafel uit en begin hulle van die hoop af verwyder sonder om 'n ander stokkie te laat beweeg, andersins was dit die volgende ou se beurt. Tien teen een jou nefie. Die bra met die meeste stokkies op die ou einde wen. Om jou losing streak te breek het jy elke nou en dan teen ouma en oupa gesteel. Hulle bewe, jy lewe.

Van die sets het 'n swart geverfde stokkie gehad wat special powers gehad het: jy kon ander stokkies daarmee move en jou oponent opfok. Amper soos hoe die ANC deesdae werk. Iemandpick up sticks moet 'n stokkie daarvoor steek…

Jy sal pick up sticks nog kan koop tot die aarde vergaan, want niemand het merchandising rights op 'n handvol stokkies nie en dis min of meer die stapelvoedsel van speelgoedwinkels. Dit, army mannetjies en albasters.

Windbukse
Kyk, amper elke derde laitie het at least 'n Windbuks, 'n BB gun of 'n kettie gehad. Die ou swepe was so NP, oorlog en swartgevaar befok dat 'n laitie eerder 'n wapen sou score vir sy tiende verjaarsdag as wat daar kos op die tafel gesit sou word. Fok daai R90 se groente!

Windbukse (of Daysie guns vir die rooinek-ginger buurkinders) was gebruik om duiwe te skiet as jy in die veld (waar daar nou cheap "off-plan" townhouses staan) gaan jag het. Dan het jy sommer ook vuur gemaak met pers spirits met die idee om jou jag meesterstuk te braai. Alles gevaarlike high risk, no reward moves wat jou diep in die kak sou kry as sussie jou split by ma en jy tot vyfuur moet wag vir die pakslae van jou lewe by jou pa (wat vir jou die fokken ding in die eerste plek gekoop het) as hy van die werk af daisy gunterugkeer. Soms het jy saam met jou tjommies na iemand se plot toe gegaan en een van jou vriende – kom ons noem hom sommer Derick Rautenbach – het 'n bees in sy ballas geskiet. Tot jou onsteltenis sou jy dan die eienaar van genoemde bees reg agter jou hoor bulder: "Hoe sal jy voel as ek jou daarso fokken skiet jou klein bliksem?!" waarna hy julle al drie summier met een hand en een move agter die kraag optel en al vloekende die lewende kak randomly tussen julle sitvlakke versprei met 'n tak wat hy sommer daar pluk. Dis moontlik waar jy die eerste keer in jou lewe die woord "poes" ook gehoor het. Daarna sou hy almal se ouers bel. Surpise. Nog pakslae later vanaand. Come to think of it, die 80s was nogal 'n free for all sover dit pakslae aanbetref…

Windbukse is vandag fokken duur. Die enigste kans wat jy sal kry om jou kloue op een te kry is as jy reeds een besit, doodgaan en dit dan by jouself erf.

BB guns en ketties
BB guns en ketties was meer jou short distance tipe weapon of choice gewees. Hand-to-hand combat as jy wil, want jy kon dit nie met messe doen nie. Die outjies wat wel te veel met messe gespeel het, is eventually Boys Town toe gestuur. Ketties was veral gebruik om blikkies, duiwe, glas botteltjies en jou jonger boetie mee te skiet. As jy slim was, het jy petrol uit jou ma se verbleikte kettierooi Daihatsu Charade gesuig, in glasbotteltjies gegooi en 'n kers langsaan aangesteek en dan faktap geskiet met jou kettie. Beeg explosions! Great success! As jy dom was, het jy dit met Coke botteltjies gedoen, want jy kon 15 sent kry by die Griek of die Porra op die hoek as jy dit gaan inruil het vir deposit.

Ketties was ook die cheapste wapen wat jy kon maak. Al wat jy nodig gehad het was 'n mikstok, ma se steakmes, jou bure se laitie se BMX se binneband vir 'n rek en een van daai patches van jou pa se leerbaadjie af wat soos tabak en "werk" geruik het. Jou pa sou nie een van daai patches mis nie, want die hele fokken fake leerbaadjie het bestaan uit patches uit.

Kleilatgooi
Julle moet nou nie kleilatgooi verwar met Jurie Els en Robby Klay se moves nie. Kleilatgooi was 'n sport in eie reg onder kinders wat veral van plase, plotte of baie modderige huise af gekom het. Wilgertakke was veral gewild gewees omdat dit gewoonlik naby aan een of ander tiep van water source was soos 'n rivier, 'n spruit of 'n longdrop, wat gemaak het vir die awesomeste hoëgraad klei. Jy't 'n bolletjie klei in rekord tyd op die punt van jou wilgertak gesit en laat lees teen jou maatjie se bobeen, kuite, arms, voete of sommer potshot teen die voorkop. Dit was die 80s, my ou – almal was kaalvoet en kortbroek en as jy naby 'n rivier gepeel het, sonder 'n hemp ook. Bloukolle was aan die orde van die dag. Die stadige kinders (gewoonlik die vetties) het gesukkel met tegniek en het meerendeels uit desperaatheid en tekort aan gepaardgaande selfvertroue sy teenstaander sommer net met die stok begin gebliksem.

As jy na 'n kleilatsessie met rooi en pers hale oor jou bene en rug by die huis aangekom het, het jy tien teen een 'n vet maatjie gehad. En hy was jou beste maatjie. O ja, jy kon duiwe ook met 'n kleilat piets.

Bokdrolspoeg
Bokdrolspoeg is bietjie van 'n weird een gewees. Hoekom sou jy kak in jou mond wil sit? Die uitspoeg deel maak sin – jy het fokken kak in jou mond, jou doos! As jy iemand ken wat beweer dat hy bokdrolspoeg as kind be-oefen het en hy het van kindsbeen of tydens kindsbeen nooit 'n kindsbeen op een of ander vague variasie van 'n plaas gesit nie, praat hy loutere kak. Of dit, of hy glo vas hy het bokdrolspoeg gepleeg en eintlik maar net wagter of ouboet se kak van die gras af opgetel en uitgespoeg.

Vir bokdrolspoeg is daar nogal 'n belangrike element: 'n bok om die drolle uit te kak. Jy het dalk 'n grootbek vriend wat reken dat hy duiwe kon raakspoeg. Hy lieg vandag oor sy pielgrootte ook, so net tussen my en jou.

As jy 'n Venn-diagram sou optrek met windbukse, BB guns, ketties, kleilatgooi en bokdrol spoeg sit die duif mooi in die middel van die diagram. Die sirkel met bokdrolspoeg sit daar op sy eie in die hoek. Hy is buitekant die circle of trust.

Atari
Atari se video game console het reeds in 1977 uitgekom in die overseas maar omdat Suid-Afrika so faktap agter die tyd was, het die Atari 2600 atari 2600ons eers in die 80s geslaan. Dit was bundled met twee een-button controllers en twee fokken weird controllers met knoppe wat kon draai wat jy (kom ons wees nou maar eerlik met mekaar) fokken nooit gebruik het nie. Hoekom? Want die console het ook met een cartridge gekom – Combat. En Combat het vir 'n fok nie met die stupitte knopdraai controls gewerk nie. Dit was 'n game met tanks, jets en daai dubbelvlerk vliegtuie. Maaaaande se pret. Baie Buck Rogers episodes is al per ongeluk op Saterdae gemis as gevolg van asshole Combat.

Die kans dat jou ouers vir jou extra games gekoop het was maar fokken skraal gewees, want dit was nie vollop beskikbaar nie. Nie in V-Town nie, in elk geval. Alles het mos fokken headquarters gehad in Commissioner straat in Joburg en die kanse dat jy soentoe geneem sou word om – god forbid – vir jou 'n game te gaan uitkies, was net so goed as om oorsee te gaan. In fact, Joburg en oorsee was vir jou een en dieselfde fokken konsep. Jy het 'n beter kans gehad om maatjies te maak met een of ander kont kind wat jy haat of wat jou ouers jou vernied het om mee te speel (moontlik die alewige omlope op sy gesig) net om Space Invaders te gaan speel. Gepraat van Space Invaders – Warner Brothers was die base agter Atari en het omtrent $100mil gemaak net uit daai een game uit alleen!

As jy nog een van hierdie outjies en so paar games oorhet, kan jy redelik dik zak maak. Veral as jy nog die boks het. Games verkoop deesdae vir enige iets van R120 tot R800 op die interwebs en die console, snaaks genoeg, vir minder teen omtrent R650.

Die weird ding is egter dat oor die 25 miljoen van hierdie consoles verkoop is wat vir Warner Brothers $5 biljoen in die sakkie gesit het. Kan ons asseblief 'n haleluja kry in die huis! Weet jy hoe poesbaie zak is $5 biljoen in die 80s? Geld, my boetie! Peeu-peeu-peeu!

atari combat

Voglende week, my liewe kinders van die 80s, behandel ons Die Vergrootglas, Rubik's Cube, Die Poepkussing, Mecccano, Hungry Hungry Hippo's en Test Match.

Deel met jou tjommies!

    griffinKinders Van die 80s: Speelgoed en games (deel 1)

    Comments

    1. Prof. Bokdrol

      As iemand dalk daai spoeg-speletjie wil uittraai, bel my gerus, ek kan jou uithelp met voorraad…

    2. Prof. Bokdrol

      Is jy in staat daartoe om meerlettergrepige woorde in 'n saamgestelde sin te gebruik?

    3. Chopper Charlie

      "Come to think of it, die 80s was nogal 'n free for all sover dit pakslae aanbetref…" My gat brand nog steeds na daai bees se ballas skiet insident.

    4. Tropdier

      Dan was daar nog Chloor bomme ook ja… Breakfluid, 1.5 glas coke bottel, twee plastic scoops swembad chloor, hospitaal en jou gatvelle wat later ook waai

    5. Vlaknaai

      Bwhahaha ! jirre , hoe ver vat julle my nou terug !! Ons het darm in n poes cool land grootgeword . Ek mis die 80's . Chloor bomme , windbuks , .22 , my 50cc piskriek , 
      As jy nou regtig naai aangejaag het – is jou gatvelle by die poeliesstasie afgetrek met n fokken rottang . Ek haat die poesse vandag nog . Maar dit was awesome . 
      GEEN  , soos in fokkol worries oor more . Elke dag het op sy eie twee beentjies gestaan . Die ergste naai wat jou kon oorkom is n moerse pak slae – al word jy uitgevang waar jy en die bure so dogtertjie ( wat ouer as jy is , mind you ) dokter dokter speel en jy jou draad trek . 
      Ek mis daai dae soos n stukkie brood . 

    6. Dirk Diggler Diktros

      Ha-Ha-Ha, fokken snaaks, verak PB se rapport….DDD

    7. Ou de Doos

      Moenie vergeet van Nintendo Game & Watch :
      Donkey Kong (natuurlik)
      Turtle Bridge
      Fire Attack
      Parachute
      Snoopy Tennis
      Popeye
      Mickey Mouse
      Mario Bros
      Fire
      Egg
      Green House
      Octopus
      Oil Panic
      !!!!!

    8. Author
      griffin

      Daai is klaar opge-lign om te cover, moenie worry nie. Ons gaan die 80s van hoek tot kant opfok.

    9. jakes

      Die 80's was die beste. Vryburg se vlaktes. Chloorbomme. Lyk my ons het almal chloorbomme gemaak daai jare. Die jagluiperdbende. Packman in George se kafee en elke dag se pakslae of twee. Fokkit dit was lekker tye.

    10. DJHK

      Griffin,
      Jis, nou vat jy my baie lank terug!!!! Het self nog 3 van daardie games iewers in 'n kas weggesit. Het Donkey Kong I ook gehad, maar het ongelukkig waterskade jare terug opgedoen…..

    11. jakes

      O ja en moenie die Scope vergeet nie(in die buitekamer se plafon). Ek het geglo  Samantha Fox se tiete het regtig sterrietjies op gehad. Dit was die heel beste van die 80's. 

    12. Dirk Diggler Diktros

      Alternatief vir kloorbom, gebruik Jeyes-fluid ipv brakefluid.  Eksponentieel minder stabiel maar omgekeerd mer explosief!!!!!

    13. Herman

      Jarrr – die 80's was awesome! Ek voel somer ryk – ons Atari het 7 games gehad!!!
      aap se kwas !!! Bakkie ry agterop – kinners doen dit nie meer nie. Fietsry sonder helmets – watse helmet? Peashooters!! – sulke papiertjie-hoekies afskeur met jou tanne, lekker sopgop en enigiets of iemand raakspoeg. Hakie-ketties!
      Ek het nog iewers daardie eerste Scope met die blaar wat jy binne 0.35 sekondes VERSIGTIG afgekrap het om die onmoontlike te kan gadeslaan!
      En dit was die bure se dogtertjie wat my "haar viool wou wys"….

    14. jakes

      Regte chloorbombouers het Jeyes fluid gebruik. 

    15. Tropdier

      Nog n etter bomme was:
      Donderbuis (gescore van jou nefie in die army) en n jiffy bag (van daais wat seel) half  vol petrol. Wrap dit om die donderbuis, tape dit op en fok dit in die dominie/skoolhoof/ander aartskont se yard.
      Ook lekker gejol met vuur en cadac gas kannetjies!

    16. Vlaknaai

      As jy nou wil n fokken nice gemors in die skool se voorportaal wil maak – meng n koppie potassium permanganate ( daai pers kak wat so vlek ) met n koppie suiker in n 1.25L plastic coke bottel ( daai lekker hardes ) , volg op met n koppie water – en laat staan innie son . Ek aanvaar geen verantwoordelikheid as jy dom genoeg is om dit te try en innie tronk beland nie …

    17. Jags Jannie

      Herman, korreksie my ou. Kraampie Ketties is die regte naam gewees. Fok voel nou nog daai poes klap wat skeinat onderwyseres my gegee het toe sy per ongeluk (of dalk nie?) in my line of fire gekom het nie. Was by vere die mees gesogste geheime wapen by bende fights. Verlange!

    18. Willem Wikkelspies

      Daai dae was lekker. Omgedopte kar bonnet op die myn dumps was die beste. Daai dae het jy klappers gekry wat enige blik posbus weer in spare parts verander. Wie onthou nog daai plastic skateboards wat gelyk het of dit van rol skaatse gebou was. Daai dae het jy goed met BMXe gedoen wat ous deesdae met quad bikes doen. O ja en die beste ding vir 'n kettie was daai cheap marbles wat jy in die toilet freshners destyds gekry het. Die tipe wat jy agter in die bak geggooi het.

    19. Basjan Balsak

      Daai ou Gottlieb pinball masjiene, daai wat met 5c gewerk het. (laaank trug)
       Skool gebunk gedurende Jeugweerbaarheids klasse. Wie kan dit onthou? Sodat die konte van die "Christelike Nasionale Onderwys" ons brose kinders kon breinspoel teen al die gevare. Die "Engelse gevaar" Die "Swart gevaar" Die fokken al die gevare wat daar was. Ons, ek my tjommas het gesê. FOK diè kak, ons bank en jol pinball. Ons het by die Porra se agterkamer ingebreek en al sy empties vir hom terug gegee, handevol 5 sente gescore en lekker pinnies gejol. Befokte tye.

    20. JvD

      Kon nooit die Cabbage fase kop nie, Is wel nou daai fokken crazy ma na die 80’s hahaha

    Gooi Comment