guptas fontein op sahara estate

Die zefgatte kuier by die rykgatte – ‘n aand by die Gupta residence

In Snotstories deur griffin3 Eiertjies

So net onder twee weke gelede het ons by die Gupta’s se huis ‘n draai gaan maak in Saxonwold om bietjie vir hulle koerant, The New Age af te neem. Eintlik was ons daar vir die nice kos en free dop, om saam met die Proteas en Indian T20 team uit te hang en te kyk hoe een van die rykste mense in Suid-Afrika se huise lyk.

Die plek is fokken huuuuuge! Dis nogal impressive om op ‘n property wat uit sewe erwe langs mekaar staan rond te loop en huise en cottages te speck wat soos die Whitehouse in DC lyk. Dit laat Barack Obama se huis na ‘n cabin in Parow lyk. Daar is ‘n helipad op die dak van een van die “gastehuise” met ‘n lift wat jou opneem, ‘n fully stocked bar met staff en ‘n indoor cinema met dik sound wat Ster Kinekor sal laat bloos. In een van die ander huise (ek is nie seker of dit nou die main huis was nie) is daar ‘n indoor swembad. Fok paving – die storie het sommer marmer in plaas van paving. Dit sal nie verbaas as die swembad volgemaak is met trane van ‘n rare panda spesie nie. Die marmer alleen is probably meer werd as daai ryk aangetroude skelm oom van jou se jagplaas. Maar wat anders sal mens verwag van iemand wat ‘n krieketspan, ‘n koerant, ‘n moerse computer company en amper ‘n derde van Suid-Afrika se minerale besit? (Onder andere). Die acting CEO van Krieket Suid-Afrika het in sy speech getune dat hy moerse tuis voel by hierdie plek, want hy kom van Potchefstroom af en dat hierdie huis so groot soos Potchefstroom is.

Na omtrent drie verskillende aandetes op verskillende dele van die erf het ons rondgemission met so paar cheerleader chicks en met so paar van die Protea T20 squad ge-schat. Dit was die aand voor die hele ons-is-lief-vir-Jacques-Kallis friendly tussen SA en India by Wanderers wat die Proteas eventually as gevolg van reen gewen het.

Ons is nogal trots daarop dat ons Rusty Theron soos ‘n marabs laat dans het. Hy is afterall in V-Town gebore. Respect.

Genoeg kakpraat vir eers. Hier is so paar foto’s gevolg deur ‘n video van die aand… Lekker Huisgenoot vibes, alhoewel ons twyfel dat die Huisgenoot al ooit in die Gupta’s se massive mansion, Sahara Estate toegelaat is…

Maybe is dit meer Top Billing vibes…

‘n fonteintjie in die middel somwhere op die jaart
guptas fontein op sahara estate

Die guest cottage se ceiling. Die helipad is op die dak.
gastehuis se ceiling by Sahara estate

Front view van een van die huise op Sahara Estate
sahara estate voorste ingang

Red die dirigent, red die volk
cheerleader

As dit nie vir die net was nie, het ons indoor verhitte bommies gemaak.
photo2

Die video coverage en interviews met die Proteas:

My hond wat my die volgende dag vra hoekom ons so fokken arm is
ninja

Deel met jou tjommies!

    griffinDie zefgatte kuier by die rykgatte – ‘n aand by die Gupta residence

    Comments

    1. Evert

      Hoe de hel het julle daai invite reggekry?
      Dit lyk eerder of jou hond vra vir 'n been met bietjie meer vleis op.

    2. Prof. Bokdrol

      Jy's reg, Evert – dis dalk hoekom Griff se hond sy tuin opfok, hy lyk redelik de moer in oor daai kaal been. Fok, ek sou die geleentheid by die Gupta's aangegryp het – ek skiem iewers op daai estate is tuindwergies gemaak van 24 karaat goud wat mens kan zoi om mee af te tree?

    Gooi Comment