Boek launch – Een stad, drie rooikoppe, sewe dae

In Watkykjy Gigs deur Chopper Charlie3 Eiertjies

Vir dié van julle damduikertjies wat in Slaapstad woon, is daar vanaand 'n stukkie kulturele baardpie om aan te knaag. Chopper se vrou en haar suster launch vanaand hulle eerste boek, Een stad, drie rooikoppe, sewe dae by die Book Lounge in Roelandstraat, net oorkant die Kimberley Hotel. En voor julle in julle chinos kak oor dit 'n boek is en jy moet lees en maak of jy slim is, neem in ag dat die boek strippers, cocaine, tequila parties, Nigerian drug dealers en crooks en guns en seks en fokken als inhet. Check byvoorbeeld die snertsie hieronder uit:

Die cool ding daarvan om 'n stripper te wees, is dat mens meeste van die dag net kan rondhang en niks doen nie. Nie dat ek tegnies 'n stripper is nie. Of okay, miskien is ek tegnies 'n stripper, maar nie… ontegnies nie.  Of watookal.

Wat ek bedoel is dat die woord “stripper” my altyd laat dink aan daai hengse maer Oos-Europese kwaggas met die tuppertieties wat hulle kaal moemfies in mans se gesigte swaai en na die tyd sorg vir 'n happy ending. Jy weet wat ek bedoel. Daai girls met die swart omlynde lippe en die harde oë – ‘the dead eyes of those who’ve seen too much life’, soos my vriend Charles altyd sê.

Jissie, ek ril sommer.

Nee, nee, dis glad nie – maar glad nie – die tiep van ding wat ek doen nie. Ek en Chamonizelle (om te dink ek is vies vir my ouers…) het ons eie besigheid: goodcleanfunincapetown.com. En dis presies wat ons doen – goeie, gesonde pret, met net so bietjie van 'n lekker sexy edge. My stripshow is dan ook die tipe wat mens kan hou in gemengde geselskap (hier in die City Bowl, FYI, beteken dit 'n crowd van metrosexuals, muiskoppies, emokinders, thirtysomethings, kerkgangers, gays, punks, sportnerds… jy kry die idee) sonder dat iemand vrek van embarrasment of 'n te heavy houtie kry in die openbaar.

Nie te fokken kak nie, of hoe? Dis fokken free en begin sesuur. Met dop vir mahala. Event details op die Vleisboek: https://www.facebook.com/events/336808309713878/.

Ons sal ook hierso teen middel Mei 'n (obvisouly heavy biased) review kom gooi en 'n boek weggee aan 'n gelukkige Watkykertjie boekwurm…

lili radloff boeklaunch

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieBoek launch – Een stad, drie rooikoppe, sewe dae

    Comments

    1. Dirk Diggler Diktros

      Lees belowend.  Hoog tyd vir iets skerp in Afrikaans.  Wens ek kon boek lansering bywoon.  Launch is wat ek nou-nou met die buurvrou en haar dogter gaan speel.  DDD

    2. Smee

      My fok, ek het vir Adeline laas op skool gecheck. Well done girl

    Gooi Comment