Ons behandel vandag zol in een van die ou videos wat ons van VHS af uitgekrap het. Andrea en Jan-Hendrik is ons gaste, maar seriously, ons weet nie waddefok hulle van praat nie. Hulle is heel moontlik gerook.
Elke week dreig ons om die boring ou VHS ads terug te bring, so dit staan maar weer oor tot volgende Donderdag. Ons sal weldra uit VHS hardloop en al wat julle hier sal bespied, sal 'n tolbos en kriekgeluide wees.
At least is dit darem al amper fokken naweek… Oor na Andrea en Jan-Hendrik:
Hierdie post is 5 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 64,941 post views in totaal sedert 1 November, 2019.
Comments
Fokken histeries!!! Slimtwak is verpligtend – veral van ouderdom 12-14 al, sodat dit goed vat. Wie het nou intellektuele reuse nodig? Hulle forseer net – beide direk en indirek – die prys van goeie zol op. DDD uit Durban.
Ja nee… Al te lekker tot dat jy jouself faktap vreet en uitpaas voorie TV. Dan word jy die volgende oggend wakker en kak so veel dat die toilet eintlik begin kerm.
Jirre dis poessnaaks! Lanklaas rooibaard te vinde gekry hier in Kuip se stad maar onthou sy effek. Jy besef jy's poestoe as jy een drag te veel vat! Goeie bergpietersielie ou maat………………….
wake and bake lag ek nou poes lekker. Dis hoeka 420 vandag. dagrook heeldag
Ja Jan-Hendrik, ek verstaan nou hoekom die helfde van my Alfa in jou dirve-way agter gebly het… (Happy Valentines 10 jaar terug !)
Johan