briewe

‘n Ope brief aan Sebastian Vettel

In Briewe deur Watkykertjie bydrae7 Eiertjies

Geagte Sebastian Vettel

Fok jou. Vir alles.

Op November 28, 2011, het Vent Venter ‘n hartroerende brief aan Jacques Kallis gerig oor die hartseer wat hy in sy lewe veroorsaak het. Vanaand, op 26 Maart, 2012, voel ek elke emosie wat Vent ervaar het toe hy sy brief geskryf het.

Sebastian Vettel is ‘n doos. Julle wonder seker hoekom ek so sê? Kom ons begin by die begin. Voor ek kon loop, kon ek elke kar op die pad noem. Ek het myself letterlik bekak elke keer wat ek vir Mike Briggs in PE sien rondry het. Met sy swart Superboss, tot vandag toe die kwaaiste kar wat nog ooit gemaak is.

Anyway. Ek joke nie, ek is kar befok. Ek kon ‘n 325iS Shadowline se klank beter herken as my eie ma se stem. En niks het oor 23 jaar verander nie.

Fast forward so rukkie na wanneer ek my PS1 gekry het. Wat was die 1ste game wat ek gekoop het? Gran Turismo. Hoe dan nou anders? Soos ek groot geword het, het ek elke liewe een van die games gekoop. Needless to say, ek het fokken goed in die games geraak.

En as ek se goed, bedoel ek “Lewis Hamilton het my op Twitter gevra hoe hy vir Jenson Button kan wen, want die doos kroek heeltyd met sy double-diffuser” goed. En ek het nie so goed geraak vanself nie. Dis van so baie speel dat ek soms vergeet het om die handsaag uit te haal.

Met die koms van GT5 op die PS3 het ek sonder enige huiwering al my spaargeld uitgegge op die console en 6 maande se studies gebruik/gemors om kak goed in die game te raak. Toe ek by “Level 30” kom, unlock ek die “Sebastian Vettel Challenge”. Ek dog dis nou maar net nog ‘n oulike bemarkingsfoefie soos daai tos selfoon ad’s wat die man so rukkie terug gemaak het.

Maar nee.

Wat vir my gewag het, is die mees on-fokken-moontlike fokken ding in die geskiedenis van Playstation games. Eers gee hulle vir jou ‘n fokken denkbeeldige spaceship van ‘n kar, die “X2010” en dan vra hulle jou om 2 laps van die Nurburgring GP, Monza en Suzuka in onder 2:14 te doen.

Jy kan netsowel van Greame Smith vra om 2 honderdtalle na mekaar te slaan. Of Fernando Torres om ‘n hat-trick te kry. Fok, die Stormers het ‘n groter kans om meer fans as die Crusaders op Nuweland te hê as om daai laps te doen.

En dis waar my haat vir Sebastian Vettel begin. Sebastian Vettel noem dat jy hierdie “challenges” baie makliker kan doen met een of ander “official” stuurwiel kit in ‘n tos web promo. Dan wys hulle nog hoe die smug bliksem met sy pudding gesiggie sit en rondry. Asof jy dit ook kan doen.

Natuurlik sou dit fine wees as jy kon.

Maar jy kan nie.

Want wie die bliksem het R10 000 om op ‘n racing seat, stuurwiel, pedals en ‘n frame vir al die kak uit te gee? Behalwe nou vir Sebastian Vettel, niemand nie. Dis wie.

Die boodskap wat Sony en Sebastian Vettel dus oordra is dat jou grootste passie in die lewe fokol vir hulle beteken. Sebastian Vettel sê uitdruklik dat hy met ‘n glimlag op jou drome trap. Hy sê dat al jou spaargeld, ‘n jaar op universiteit en jou sosiale lewe slegs as ‘n modus dien om sy sadistiese perversies te bevredig.

Sebastian Vettel sê dat jy vir niks goed genoeg is nie. En dan ry hy nog rond met sy kak stuurwiel en duur racing seat wat jy nie kan beskostig nie. Net om dit so bietjie meer in te vryf.

Dan wil hy nog hê ek moet sy fokken selfoon koop?

Wel, fok jou Sebastian Vettel. Fok jou selfoon. Fok jou game. Fok jou smug glimlaggie en fok jou stuurwiel.

Ek hoop jy kan slaap in die aande met die wete dat jy 23 jarige’s die wêreld oor se drome in skerwe laat met jou bedrogspul.

Ek hoop Narain Karthikeyan ry elke week in jou stuk kak van ‘n kar vas en dat jy ‘n pap wiel sal kry.

Laaste, maar nie die minste nie, wens ek dat jy Red Bull jou op jou fokken “Racing Station” mors, sodat jy Playstation soos die res van ons kan speel.

Ek haat jou.

Vriendelike groete
Brendon

Deel met jou tjommies!

    Watkykertjie bydrae‘n Ope brief aan Sebastian Vettel

    Comments

    1. EKKE

      Boetie word groot die kak is bedoel vir kinders. Die grootmens lewe gaan jou nog baie teleurstel.

    2. JagsJannie

      Brendontjie, vat goeie raad van Ekke my seun. Jy's fokken 23 en trek nog nie eers draad nie! Nou wanneer gaan jy groot word, jou karretjie spelery stop en begin om te werk en geld verdien sodat jy eendag kan naai, karre en huis koop om sodoende deur die Ontvanger in die ore genaai kan word. Dis die rerige lewe jou simpel Fokker!

    3. Ma se hare

      Brendon smaak my jy bly nog by ma en pa by die huis, briljant ! Aangesien dit die saak is hoekom koop pappa nie vir jou die dam stoeltjie want as hy so n groot baba soos jy kan bekostig dan is die stoel kliengeld. Grow up a little en kom by as jy groot is.

    4. Willem Wikkelspies

      My raad is. Gebruik daai playstation "skills" en begin waar al die ander racing drivers begin. En dis by Go-carts. Jy sal vinnig agter kom dat dit nie net knoppies druk is nie en seker weer 'n vloer moer wil gooi. Bygese daai seats is gemaak vir slanke drivers. Jy kan nie lyk asof jy die weber handles en al ingesluk het nie. Jy moet oeffen boettie…

    5. Prof. Bokdrol

      Kyk, ek het al 'n keer of wat pak gekry hier op WKJ maar nog nie soos Brendon nie…einafok!

    6. Vlaknaai

      Jirre , ek het al op laerskool my pa se bakkie / karre / trekkers  begin stukkend jaag om van my opgeboude jagsheid ontslae te raak . As jy so fokken uitfok oor games speel – gaan try op n vrydag aand poesdronk met n Isuzu turbo bakkie 360's gooi by jou local zef klub . Jy sal nooit weer wil games speel nie . Jy gaan of a) poes kry in die proses of b) gepoes word . Die kuns is om te weet wanneer lekker TE lekker raak . Jy kan nie wegjaag as jou fokken voorwiele elkeen sy eie rigting kyk na jy oor n middelmannetjie gepoes het nie . Dis nou waar jy gepoes gaan word . 
      Sterte , en laat weet hoe gaan dit . Onthou sonder foto's – het dit nie gebeur nie …

    7. Poeskop

      @Bokdrol….die pak wat ek en jy SAAM al opWKJ gevat het, kom nie naby die slae wat Brendon hier gekry het nie!!!!

    Gooi Comment