Watkykjy vreet kulturele baardpie en survive

In Snotstories deur griffin13 Eiertjies

Ons was verlede week by 'n hele klomp verskillende events gewees en voel nou soos complete culture vultures – van die MK Awards tot by movie awards, drag racing en daai krimpie, Sting.

Hier is min of meer wat ons kon onthou van alles en ons begin sommer by die agterkant en vat hom vorentoe. Hierdie gaan een van daai fokken lang entries wees, so dit behoort jou lank besig te hou by die werk. Jy wil in elk geval fokol doen. Ons het nou so fokken baie kultuur in ons dat jy ons met water kan afsluk en balls trip asof ons shrooms is…

Park Acoustics – Sondag

As jy in die Gauteng Flats bly behoort jou nou al van hierdie jol te weet en jy het seker al 'n draai gaan maak by Fort Schanskop by die Voëltrekkermonument. As jy nog nie het nie, maak 'n plan. Dis die beste ding wat jy kan doen met 'n Sondag in plaas daarvan om in die pisvelle te lê en tjank oor jou babbie. Kom pak eerder uit op 'n bersie,  krul op in die fetus posisie en laat die musiek oor jou lyf spoel terwyl jy saggies ween.

Hierdie afgelope Sondag is ons ge-treat deur Third World Spectator, Fulka, Float Parade en Mr Cat And The Jackal het met 'n moerse bang die show afgesluit voordat almal hulle dop gevat het en Pretoria se sunset vanaf Fort Schanskop geniet het in 'n half-dronk waas.

So terloops, julle kan Vrydag 14:00 na Third World Spectator se hele album van begin tot einde luister op http://interwebsradio.com of click net hier op die regterkant op die player.

Dsc_4852

Dsc_4912

Dsc_5078

Dsc_5127

Dsc_5178

Dsc_5240

(Foto's deur Henry Engelbrecht)

Sting – Saterdag

Daai krimpie wat die tantric seks gooi, Sting, het by The Dome gejol. Dit was 'n seated gig. Fokken stoele orals, even in die Golden Circle area. So asof hulle mense met zimmerframes en adult diapers verwag het. Check, ek is nie jou top tipe Sting fan nie, maar was dankbaar vir die vier songs wat ek at least geken het wat hy gejol het. As ek sy genre moes beskryf sou ek raai dat dat dit country reggae, rap-jazz is. Of in een woord – Crapazz. Soos die probleem met The Dome maar altyd is, was daar nie veel te sien vir mense in die bleachers tensy jy op die big screen gekyk het nie en die tech span en kamera mense het nie mooi saamgespeel nie. Hoe kan jy heeltyd op Sting in sy wit hemp fokus terwyl een van sy bandmembers aapkak gaan op die guitar? Nee, ouens. En dis ook asof die hele tech span wakker geskrik het in die laaste halfuur toe die show eers begin energetic raak het. Miskien was hulle opgewonde omdat hulle amper kon huistoe gaan. Die beligting was maar mediocre meeste van die tyd. Even Sting moes sy moer vir hulle gestrip het want tydens Roxanne moes hy heeltyd skree "Put on the red light!" wat hulle toe gedoen het. At least kon griff darem 'n duet doen saam met Sting. Hey, as Arno Jordaan 'n crowd kan tune dat hy saam met Steve Hofmeyer 'n duet sing op stage en dan net saam met Steve se CD sing, kwalifiseer dit as as 'n duet.

Hier is griff se kak duet saam met Sting, gevolg deur 'n even kakker foto van Sting:

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

(jirre, dit was nou aaklig. jammer maats)

sting

Die MK Awards – Vrydag

Twee jaar terug was die MK Awards by Monte Casino gehou en om dit in een woord op te som: gemors. Hierdie jaar het hulle egter dit na die Staatsteater in Pretoria toe gemove wat 'n fokken slim idee was. Met al die next level tech soos die rotating stage en kief sound tot hulle beskikking was dit 'n moerse sukses gewees. Alles het 98% glad verloop want daar is maar glitches met hierdie tipe van events, veral as mens dit live broadcast. Die live acts was Pascal and Pearce, Double Adapter, Bittereinder featuring Tim Beumers van Kaaskop land, Die Heuwels Fantasties featuring Inge Beckman,  Mr Cat & The Jackal, Jack Parow featuring Gazelle, Moses Metro Man, en die wenners van die “Best Live Act”, Van Coke Kartel. Hulle het ook 'n fokken cool Hyundai H1 van gewen vir Best Group en die outjies was duidelik fokken chuffed gewees.

Die goed wat nogal opvallend was, was Elma Smit se outfit (or lack thereof) – ek skiem die laities in die crowd se eerste twee rye moes met ongemaklike boners gesit het. Die ander ding was Tamara Dey. Het iemand haar al sien perform waar haar fokken hare nie deur 'n fan geblaas word nie? What the fuck is up with that? En dan – Moses Metroman. Ek het nog nooit van hierdie blaar gehoor nie, maar liewe fok, daai klein kortgat kan sing. Hy is net longe en ballas. Iemand om voor uit te kyk in die toekoms…

O ja, die twee persent kakgeid van die event moet gedeel word tussen Heuwels Fantasies en die bar. DHF is die ouens wat ongelukk was om met poeskak sound gebless te word, en die crowd en performers is 'n stok in die hol gedruk deur die bar. Waar die fok sien jy dat mens net fokken Rum en Coke as drinks by 'n event het? Ons verstaan daar is sponsors wat happy gehou moet word, maar gods ouens, my chick drink nie rum of Coke nie. Julle het nie eers water verkoop voor die event nie. Fokken blaaint!

Hier is die hele lys van wenners:

Best Video: LocnVille – Stars Above You. Directed by Tristan Holmes
Best Newcomer: Moses Metro Man – Huigelaar
Best Group: Van Coke Kartel – Ondier Kom
Best International Hit: Adele – Rolling In The Deep
Best SFX: Mr. Cat & The Jackal – Bad Man He Comin’
Best Dance: Jax Panik – Get Up
Best Rock: Van Coke Kartel – Vir Almal
Best Indie: Dance, You’re On Fire – Boxes Of Tigers
Best Hipster: Jack Parow – Byellville
Best Radio Hit: MFM – Jax Panik / Dinosaur
Best Live Act: Van Coke Kartel

DStv short film competition-Donderdag

Donderdag was ons bederf met 'n shuttle wat ons na Turbine Hall toe gevat het in Newtown op te gaan speck wie die DSTV short film competition gewen het. Ons is ook genoeg kos en drank gevoer wat ons liggaampies kon hanteer. Dit was 'n vinnige woeps-waps. Wenners is announce, kort speeches is gemaak en ons kon na die tyd na die short films gaan kyk in special viewing booths as ons wou. Moerse kort en to-the-point wat befok was. Die overall wenner, Sakhumzi Mati was die highlight van die aand. Hy het ook best director gewen vir sy short film, Ibhayibhile (wat The Bible beteken). Dis die bra hieronder regs met die dreads. Hy het fokken uitgefreak toe hy wen en basically stage toe gedans. Sy speech het min of meer so iets verloop:

"First of all, this is a movie for the Crhistians. It is called the bible. So I would like to say thanks to God. And then to DSTV…… jassas!!!!!!"

DStv short film competition winners

Tarlton International Raceway – Woensdag

Ons het lekkerste vir laaste gehou, want dit was genuine fokken lekker en poes zef gewees. Volgens die manne by Tarlton wat weet, ruik nitro's beter as seks. Wel, dis moontlik. Het jy al seks geruik? Dit dra nie exaclty 'n vanilla klankie aan hom nie, but then again, ruik nito ook nie spesifiek soos rose of tjoklits nie. Daar was amper te veel fokken goed om af te neem, so ons gaan jou nou hartseer en gelukkig mak terselfde tyd. Hartseer omdat ons vir jou die lelikste fokken tatoo in history gaan wys en happy omdat die video wat ons aanmekaar geslaan het next level is en jy dit oor en oor sal wil kyk.

Die highlight van die dag moes Piet Jordaan in sy groen warmgemaakte Datsun bakkie wees. Daai fokken monstrocity het amper al die karre in hulle poese in gery, jet cars ingesluit. Die bra het ook 'n teddybeer wat as co-polit in sy seat ingestrap is. In ons nederige opine het Krugersdorp 'n nuwe fokken superhero.

Maar kom ons gooi net eers gou so bietjie in ons monde op. Maybe kan julle uitmaak wat in die hierdie vratjie-ridden tatto op hierdie goose se rug aangaaan?

wat die fok

Raait, is jou maag alweer OK? Dis OK, ons sal vir jou wag – gaan spoel gou weer jou maag in die vortex uit. Terug? Goed dan, kom ons check so highlights uit van die Tartlon drag racing wat hulle op daai glorious vakansiedag gegooi het verlede Woensdag:

Watkykjy by Tarlton. Rev-rev. Poes-poes.

Deel met jou tjommies!

    griffinWatkykjy vreet kulturele baardpie en survive

    Comments

    1. Quentin horn

      "For de trill of it", het ek reg gehoor? Nice Datsun 1400 bakkie!

    2. Jakes

      Ek dink sy kweek daai kolonie vratte om die tattoo toe te groei. 

    3. Dirk Diggler Diktros

      Verseker was dragters die grootste "trill".  Dis cool as die karre so n bokspring of wat gee by wegtrek en die mense lyk ook lekker tappet.  My kerk se mense.  DDD

    4. fief

      What do you like most about drag racing? AHH THE TRILL OF IT

    5. Abes

      Moerse thanx Grif. Lekker informative! Maar waar de fok is die prentjies van (the lack of) Elma Smit se outfit? En, as ‘n ex-Krugersdorper, ( skaam-skaam) mis ek Tarlton moer baie!

    6. Evert

      Die Jordaan familie tune al lankal daai Nissan bakkies so.
      Sal like om die weet hoe vinnig die bike was? Dis 'n Suzuki Hayabusa.

      ahhhh, the trill of it. Klink of dit 'n pielle dag was.

    7. Allan Boesak 28

      Jaaaaarrrrreeeeeeeee, LEKKER MR CAT !!! julle werf etters !!!!!!!!!! Lekker !

    8. Stovie

      Lyk vir my na Molluscum contagiosum. Nie so goed in 'n adult nie…

    9. Giel

      nou khm die kakhuis af neem?? het di pis pot ook gedrag race??

    Gooi Comment