Watkykjy se nuus round-up. Week 9

In Wat is nuus? deur griffin

As gevolg van 'n severe case van internetless bring ons jou Watkykjy se nuus round-up effens laat…

Vrou skenk geboorte aan derde skrikkerjaarbaba

'n Vrou van Salt Lake City het geboorte geskenk aan haar derde skrikkeljaarbaba, Jade op 29 Febuarie. Haar laities is onderskeidelik op 29 Februarie in 2004 en 2008 gebore. Die tannie reken dat haar laitie vir sy vierde verjaarsdag 'n kar sal kry. Die familie is nou gelyk met 'n familie van Noorwee se record wie se kinders in 1960, 1964 en 1968 gebore is.

As jy op skrikkeldag verjaar het, 'n belated happy birthday vir jou. Mag jy lekker verhaar. – IOL

JuJu poes van sy high horse af

Nog 'n rare verskynsel op skrikkeldag – Julius Malema is uit die ANC geskors omdat die grootkoppe reken dat die kakmaker nie ge-rehabilitate kan word nie. Obviously gaan die pielkop dit weer appeal en weer verloor. Hy hou ook aan om vuur te spoeg en die ANC Kinderkrans hou vol dat JuJu hulle leier sal bly. Hulle sal heel moontlik deur die ANC disband word was hulle so met hulle kak aanhou. Hulle sal dit egter nie aanvaar of begryp nie en moontlik iets tune soos: "Disband will carry on playing!". Ons het egter ander kak om oor te worry. 'n Liter petrol kos nou duurder as 'n liter melk en Sanral is ook besig om hulle piele vir ons te polish – News24

Dwergies, kom skop my goose, seblief

'n Dude van Sandton het 'n advertensie in Gumtree geplaas waarin hy 'n midget soek om sy chick by haar werk op die shins te gaan skop. Hy was blybkaar ernstig oor die hele storie:

“I was recently dumped and require the services of a midget to go and kick my ex-girlfriend in the shins whilst she is at work. All you need to do is go into the shop, kick her once (not too hard) in the shin, and leave. I’ll supply all the details needed if you are hired.”

Dis bietjie onsensitief teenoor dwergies. Almal weet hulle word beter aangewend by partytjies waar hulle met skinkborde vol shooters op hulle koppe rondloop… – IOL

Dominee diktril steel pielpille

'n Afgetrede NG kerk dominee (wie anders?) van Pretoria (waar anders?) is by Dischem uitgevang nadat hy herbal pielpille in sy sak versteek het. Die 60-jarige omie het ge-claim dat sy hande vol ander groceries was en dat hy vergeet het van die boner pille in sy sak. Hier is 'n tip omie: Jy pak eerste jou trilpil pakkie uit op die counter en jy vergeet miskien eerder van die kougom in jou sak. Dit lyk minder scaley en klink meer globaar. – News24

Daai is nie my tiete nie!

Christina Hendricks, akrise van Mad Men se foon is ge-hack. Of so tune sy. Voor ons aangaan met hierdie storie, net gougou 'n belangrike punt of tiete4drie:

As jy jou foon laat rondlê en iemand zik dit en sit jou foto's op die interwebs, is dit nie hacking nie. Dis jy wat jou foon laat rondlê
Wanneer jy by die huis of by die werk nie uit Facebook of Twitter uitlog nie en jou tjommie of daai kollega wat nie van jou drank-asem hou nie update jou status na "ek vreet piel" toe, is dit nie hacking nie – dis jou fokken agterlosigheid.

Hacking is 'n fokken complicated storie.

Anyway… hierde goose se foon was "ge-hack" en die "hacker" het foto's van haar op die interwebs gegooi. Een van hulle is 'n lekker shot van haar tiete. Wat doen sy toe? Sy speel die Joost kaart en tune dat al die foto's wel van haar is, behalwe die een van haar tiete. Waddefok? Even as dit NIE jou tiete was nie, maak asof dit joune was. Check hierdie fokken puppies uit. Wat is fout met hulle? – Gawker

tiete

Hierdie post is 352 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,462,498 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinWatkykjy se nuus round-up. Week 9