Watkykjy se nuus round-up. Week 11.

In Wat is nuus? deur griffin5 Eiertjies

Dis beter om nie die regte redes te gee vir hoekom ons alweer 'n dag of twee agter is nie. Some things are best left unsaid. Die skaam loop al onder die deure en by die vensters uit… Dik skaam…

Hier is verlede week se nuus round-up… Ons duik binnekort, want more is dit 'n fuckhansiedag.


Northamptonshire verloor 20% van hulle busdrywers op een dag

Vir Suid-Afrika sou hierdie 'n run-of-the-mill headline gewees het. Die ouens strike so baie hier dat mense gereeld moet toonklap, maar vir Northamptonhire was dit nogal 'n probleem toe twaalf van hulle outjies nie opgedaag het vir werk nie. Die rede? Jy maak uit as iemand by jou werk rondloop elke week om 'n geldjie te collect vir julle syndicated Lotto poging? Dis amper soos dit, behalwe hierdie twaalf busdrywers het actually gewen. Agt-en-dertig miljoen pond, om presies te wees. Elkeen van die ouens het £3.16m ge-pocket. Dis R38mil as mens na vandag se exchange rate kyk. Wat sou jy met al daai zak maak? Ek sou 10 kleinerige huisies in Sandton koop en uitverhuur teen R35k per maand elk. Goeie fok, dis baie geld! Lees hier verder wat die ouens beplan om met hulle zak te doen – Dayly Mail

Kony2012 se meesterbrein kap draties in publiek

Daai etterkop wat die Kony2012 viral video gemaak het vir Invisible Children, Jason Russel, is ge-arresteer vir publike masturbasie. Hulle moes hom al lankal arresteer het, want sy video self is niks anders publieke masturbasie nie. Fokken geldmaakstorie om kamtig Uganda se kinders te help. Ons gaan nie nou in detail in die hele "stop Kony" video ingaan nie, want dis al deur 190 miljoen mense oor die aarbol gesien en is tot dusver die mees suksesvolste viral video op YouTube – tot sy eie dratiekapvideo dit verbysteek. Op die ou end is hy net vir indecent public exposure ge-arresteer. Kyk maar self na die video, want as daai 'n video is van iemand wat draad trek, is die ou se piel langer as 'n volstruis se nek. Dit lyk eerder of die ou sy tone met 'n klip kap uit frustrasie dat hy nie sy eie pers love warrior kan raaksuig nie – Gawker

GPS dief kry skaam oor sy dade

Iewers in die UK het 'n marabs by 'n couple se kar ingebreek en hulle GPS en kar radio gesteel. Die mense het dit nie aan die polisie report nie, maar die volgnde dag het hulle 'n briefie gekry saam met 'n sak waarin die gesteelde kak was, tesame met 'n £10 noot: ‘Very sorry 4 taking this was very drunk £10 is for your inconvenience’.

Die ou was toe al die tyd nie 'n regte dief nie. Net 'n dronk doos met 'n conscience. – IOL

Whitney Houston se kinders zaber mekaar

Dit mag dalk rof klink, maar at least is die kinders, Nick Gordon (22)  en Bobbi Kristina Houston (19) verloof. Die tweede faktor wat in hulle guns tel is dat hulle verkillende vanne het. Disincest omdat Whitney Houston vir Nick aangeneem het toe hy twaalf was. Goeie move – neem 'n wildsvreemde laitie aan om boetie vir jou dogter te speel so 'n maand of wat voor hy in puisies uitslaan en die die puberteit hom aan die ballas rondpluk. Die kids het moontlik van kindsbeen af dokter-dokter en stinkvingertjie onder Whitney se dak gespeel – dalk die rede hoekom mense uitfreak – hulle is as boetie en sussie onder een dak grootgemaak en "solank jy onder my fokken dak bly *vat slukkies skoon vodka" shal djy…fokken.. shhh..grrl..  *pass uit*

Wat is die big deal? Dis dan hoe Delmas ontstaan het.

Bloed kruip waar brannas nie kan loop nie… – Gawker

Deel met jou tjommies!

    griffinWatkykjy se nuus round-up. Week 11.

    Comments

    1. Petrus Ponkiediel

      En ek wou my niggie naai toe ons so 15/16 was. Sy was 'n stunner (nog steeds, en sy's nou digby 50) maar haar pa, my oom, het my moves gesien en my heeltyd dopgehou. Sy was ook lekker jags en gewillig. Ons het toe nooit die daad gedoen nie, ook maar goed. Ons is nog steeds pêlle ek en sy. Altwee oud en getroud met kinners.

    2. Prof. Bokdrol

      Het die "dik skaam" dalk iets uit te waai met daai kakhuis vol RAMFest foudies?

    3. Author
      griffin

      Nee, dit het meer te maak met Jagermeister en ander skaam goed die afgelope Saterdag.

    4. Prof. Bokdrol

      'n Paar uur later: my kollega Dr. Onk vra mooi of iemand daar buite (verkieslik Captain Obvious) dalk asse-fokken-blief iets kan kwytraak oor skaamdele?

    5. Dirk Diggler Diktros

      Raait. So nou en dan kan ek dit nie inhou nie.  Daar is baie kak insetlewers op WKJ.  Kaptein Kortbroek se naam kom na vore.  Dis nie nou van belang nie.  Iets moet gese word oor Griffin se skryf.  Dit gebeur deurentyds dat die mens fokken heimwee het.  Daagliks.  Die verlange strek uit na die verlede of na wat ons graag so fokken graag wil he die toekoms moet inhou.  Miskien is dit die hunkering na die verlore paradys wat  elkeen op sy eie manier prober herskep.  Griffin vind deurentyds n uitermate hoee aansluiting by hierdie menslike eienskap.  Die fokken mens bly maar die fokken mens.   Vol soeke na die waarheid deur draks, doos en dop.  Soos deur die meester van zef gesien – aka Griffin vir 9 plus jaar – hopelik nog baie om te volg.  Een naweek se opslip maak nie n blerts nie.  Chill die gemoedsbekakking.  DDD

    Gooi Comment