Watkykjy se nuus round-up. Week 10.

In Wat is nuus? deur griffin9 Eiertjies

Ons leer nog steeds nie ons lesse nie. RAMfest het ons gebreek, so alles gebeur al weer laat op hierdie blou bliksemse Maandag. Ons sal die video's en foto's hier kom gooi sodra dit uitgesort is, maar vir eers – hier is jou nuus round-up van verlede week…

Jap maak kak in Italiaanse kar

'n Vyftigjarige dokter in Japan is gevang nadat hy 'n video op YouTube gelaai het waarin hy drie keer vinniger as die spoedgrens gery het en daaroor gebrag het. Voor jy jou piel uitruk en excited raak – spoedgrense in Japan is… not beeg. Die spesifieke stuk pad wat hierdie bra op gaan "jaag" het, het 'n limit van 40km/h en die omie het hom 124km/h geklap in sy Ferarri 458 Italia. Hy sal tien teen een 'n fine van R9000 moet betaal. Die town waar hy die moerse oortreding gepleeg het se naam is "Fukuoka". As hy nou regtig wou kak maak sou hy in sy Japanese aksent "Fuck you, OK!" By die venster uitgeskree het vir sy mede-padgebruikers en zaps gegooi het. – Wheels24

Suid-Afrikaanse baba maak kak in Britse kar

Suid-Afrika se babagesig DJ en Idols judge, Gareth Cliff is teen 182km/h gevang (News24 kan nie besluit of dit 182 of 183 is nie) in sy Rangegareth cliff Rover oppad Tjoerras toe (Centurion, vir die oningeligdes). Hy was oppad terug van een of ander Idols event in KZN af toe die koeltekonte hom op die R21 geskraap het. Om dinge nog meer blaaint te maak vir die ou, was eTV besig om 'n program te skiet oor spoed. So hulle het die bra sommer vanuit die cop kar afgeneem met hulle TV kamera's terwyl die polisie hom afgetrek het en hom met die boek gegooi het. Hy is nie juis in die selle aanghou nie en is vrygelaat omdat daar nie 'n ekstra sel was vir die chip op sy skouer nie. Hy het moontlik net die chip op sy skouer in sy kar se bagasiebak gesit en stert tussen die bene huistoe gery.

Dit is onduidelik hoekom Cliff al die pad van KZN af met sy kar moes ry. Miksien het SA Idols nie genoeg zak in hulle budget om hulle judges op 1Time flights te sit nie. Of miskien was hulle tickets deur Velvet Sky gebook wat smaak my nou bankrot is… – Channel24

Fok die kamera, red my dop!

As daar 'n Watkykjy prys vir dapperheid was, sou dit gaan aan Heinrich Scholtz van Snortoria. Die ou en sy goose het op 'n strand naby Bosmosselbaai arty farty foto's gaan neem van kakduur whiskey wat hulle in Skotland in 2011 gekoop het. 'n Wave het ingekom en die bra het 'n splitsekonde gehad om te kies of hy die kamera of die dop wou red. Die obvisous keuse was die dop, 'n bottel 1977 Glenlivet wat amper R2000 werd is. Knap gedaan! Give that man a Glenlivet! – IOL

Tyd om die groot piel te ry

Terug by Japan en hulle streke… Die jaarlikse Hodare festival het afgeskop in Niigata waar veral pasgetroude vrouens op 'n 2.2m lange houtpiel ry.piele sweets Die 600kg monstermissiel word deur mans gedra tydens hierdie piele event en daar word geglo dat dit goeie geluk vir jou huwelik bring wanneer jy daaraan raak. Tydens hierdie event word daar ook piel en poeskoekies verkoop. Nou moet hulle nog net die Volare tune verander na Hodare en almal moet met hulle slingers uit dans. Hodare beteken blykbaar zaber.- Kotaku

piele vir san-hi

Los Angeles se porn studs moet nou met effies naai

Omtrent 90% van Amerika se porn flieks word in Los Angeles geskiet en 'n nuwe law is nou gepass vir porn actors – hulle moet nou saadsakkies oor hulle trille trek voordat hulle mekaar se gwappe en holle betree.

Hulle weet nog nie hoe hulle hierdie law gaan enforce nie, maar dink net hoe nice die jobmarket nou gaan expand. Health officials sal nou op set moet wees om te kyk dat die nuwe wette nageKom moet word. Imagine dit… Die ou skop die deur af: "Ek is sersant Manbotter van die Pielpolisie. Jong man, trek dadelik 'n effie oor daai vleispyp van jou voor jy daardie jong dame se genotgrot betree!"binnegaan

Dis 'n step in die regte direction wat sal help om siektes soos AIDS te fight. Ongelukkig sal dit haas onmoontlik wees om so iets in Suid-Afrika te implimenteer. Meeste van ons porn word deur die SAP en dronk skoolkinders vervaardig… – IOL

effie polisie

griffinWatkykjy se nuus round-up. Week 10.

Comments

  1. Jakes

    Ek like die comment oor meeste porn word deur die SAP en dronk skoolkinders gemaak. Ek dink as al die cops gefire word drop die land se misdaad syfer in elk geval met seker 80 %

  2. Dirk Diggler Diktros

    Jammer om te verneem van Ramfest.  Dankie vir stoere verteenwoordeging van die Bloem Vreemde Vroue Legioen.  Blykbaar was hulle oog inkotsnitioe daar en lekker gekuier io soek na bybelse stoutighede om te rapporteer….    Verder, wat spoetvarke betref, Gareth Cliff – SHAME ON YOU – jou hol mis die kak wat jou bek praat, poes!!   Jy moes toegesluit gewees het…..  Joe Mongrel wag.   DDD

  3. Petrus Ponkiediel

    Jakes, ek stem 100% saam. Die fokken bastards is die skuim van die aarde. Verlede jaar in die parlement, op 'n vraag van die DA, het die SAPS se woordvoerder erken polisielede het 3 500 wapens verloor gedurende die afgelope jaar. Sonder om te blik of te bloos.  Dit sluit R5 aanvalswapens in!! 3 500  verlore wapens!! Jisses, hoe kry hulle dit reg??  Ek sê jou wat gebeur hier: Die fokken cunts verkoop die goed en meld dit  aan as verlore. Hy kry doodeenvoudig 'n ander wapen en niks word verder gesê of gedoen nie. Wetende die kopers gebruik dit om misdade mee te pleeg en mense te vermoor. Enige ander land sal al die polisie hoofkoppe hulle jobs verloor insluitende hul minister van polisie/veiligheid, watookal die eweknie daar is. 90% van die kinte is ongeletterd. FUCK them.

  4. Prof. Bokdrol

    Petrus, ek neem aan "kinte" is in kont-teks van die sin bedoel om ironies te wees? 'Skies? Kan nie mooi hoor nie? Ooo ek sien – laptop se keyboard is gefok …wel ek is fokken bly daar is 'n sinvolle verduideliking, ek dog amper jy is ook 'n ongeletterde kint. But sirriaasly nou – ja dis fokken scary om in die take-away ry te staan en een van ons hoogs bekwame Poesliesie of JMPD koeltekonte staan in die ry voor jou: gemiddelde een is so 80kg oorgewig, met sulke fokken vetrolle teen die agterkop af soos Jabba the Hutt, met die 9-mil aan die belt so half weggesteek onder die kaksak wat oorhang, en die blob kaas op sy hammy het ‘n hoër Stannderd as hy deurgekom. Gewoonlik hang hy nog so aan die toonbank met die ander hand op die heup en so ‘n lekker fok-jou attitude. Maaindyoo, Sersant Snorre in die ou dae was maar much of a muchness – hy het (hopelik) wel net nie sy rollie vir papgeld aan die krims verkoop nie. But we digress – as ek so kortliks kommin-taar mag lewer op die res: 1) Sjym, die Oosterlinge se klein pielietjies (hoe ver kan mens verkleiningsvorme aanlas?) pla hulle regtig – jou tottie lyk seker soos ‘n JellyBean as jy moet 120 klieks in ‘n Ferrari doen om chicks te pull; 2) Uhhmm…die R21 loop van die lughawe na Pitooria verby Gareff se huis in Centurion, so dalk kon Idols tog bietjie zak bymekaarskraap. En moenie lelik wees met Gareff nie – ek lees nou die dag in Sunday Times dat Ricky Martin eenkeer ‘n konsert gekanselleer het om by sy boyfriend te wees, so dalk was Gareff ook maar net haas-tig (geddit?) op pad huistoe? 3) Alweer Japs en pielgrootte – eers ‘n dokter in ‘n Ferrari met ‘n piel soos ‘n JellyBean, nou ‘n fokken T-Rex size zaber op ‘n ossewa (ek dink.) Weereens, baie duidelik is die wet van omgekeerde eweredigheid van toepassing in terme van piele en karre. Ekself ry ‘n Mini en trap gereeld my piel onder die clutchpedaal vas. 4) Fok, ek volunteer dadelik as lid van die LA Pielpolisie: “Nee wag, meneer, dit kan dalk ‘n gevaarlike situasie wees daar binne – dis beter as ek eers gaan kyk wat daar aangaan, staan terug dat ek dit eers bietjie uitcheck…”

  5. Dirk Diggler Diktros

    Ek stem, 90% plus van die versamelingswoord vir n spul bok-(klomp kartonhouers) is next level korrup.  Ek het / sal more verder lees aan Prof se inset:-)   DDD

  6. petrusposbus

    Julle het vergeet van daai bloubul tappet supporter wat kevin mealamu met n bottel gegooi het. . . . En ek sou like as kevin hom goed gemoer het

  7. WilhelmPiel

    jissis ja… sou gelike het om te check hoe Kevin daai tappet dik-tik maar n mens kan die man se frustrasie soort van verstaan.
    Ek sou ook die poes in gewees het as my span se losskakel, soos Morries met sy pienk ballet skoentjies, al ewig die fokken pale mis skop.

    Go Sharks!

  8. petrusposbus

    O ja en my nuwe hero. Daai taxi driver wat daai poes getrap het wat so stadig oor die pad loop. Vok ek wou dit al n paar kere doen.

  9. Petrus Ponkiediel

    Hulle moet nou effies aansit? Fok dit, gan nooit weer porn van die internet aflaai nie.

Gooi Comment