Robbie Maddison is fokken mal!

In Fokken Main Videos deur griffin4 Eiertjies

Hierdie is die malste video wat jy vandag sal sien (of moontlik hierdie maand). Dis al 'n bietjie oud, maar nogsteeds befok. Robbie Maddison het sy mousterbike ge-ramp tot op die bokant van die Arc de Triomphe. Die een in Las Vegas, nie die een in Paris nie. Die gebou is sowat 10 verdiepings hoog (29 meter). Meeste van ons kan nie eers van die bokant van die Voortrekker Monument afloer sonder om 'n mondkatjie te maak of so bietjies-bietjies in ons broeke te pis nie. Red Bull het hom blykbaar $2mil betaal vir die stunt. Hy reken hy sal dit weer doen, maar hierdie keer vir $10mil. Dis amper R80mil. Weet jy hoe poesbaie geld dit is? Sal jy dit doen vir R80mil?

Behalwe van hierdie mal stunt (waarin hy sy hand gebreek het), het hy al die Tower Bridge in Londen ook gejump.

Dis fokken hectic en die ou is poesmal!

 

griffinRobbie Maddison is fokken mal!

Comments

  1. Brinkman

    Lyk vir my maar lekker vernaai. Het al baie beter/erger as dit gesien.

  2. Fran

    Poesmal verby! Verbaas dat hy so hoog kon jump met sulke groot ballas.

  3. knortoffie

    Daardie is fokkol, vra vir Griff om 'n Alfa met 'n TW200 te jump

  4. Dirk Diggler Diktros

    Lekker ESPN – Ek Suig Piel – Nouuuu!!! – die fokken amerikaners is nie lekker nie.  DDD

Gooi Comment