Formule 1 – Die 2012 seisoen

In Sport deur Watkykertjie bydrae

Formule 1 – Die 2012 seisoen   deur Frikkie Fantastic.

Na ‘n droogte van bykans 120 dae sonder Formule 1 op die boks is dit verblydend om met ‘n allemintige dankie fokken tog! uiting te gee aan die warm gevoel op my bors na hierdie naweek se excitement met die Melbourne Grand Prix. Contrary to popular belief is daar idiote soos ek wat nie ‘n clue het of ‘n moer omgee hoe kots-krieket se overs werk of hoe ver Naas Botha die bal kan uitpaas na daai naai van ‘n Victor Matfield nie. Laasgenoemde tot groot ontstentenis van my swarries en my skoonpa wat al vrede gemaak het met die feit dat ek in zool-mode ingaan as hulle oor daai kak begin praat. Ek wens eintlik innig dat ek dit verstaan het want jy kan op enige gegewe oomblik op ‘n honderd kanale, of dit nou hier of in Oerdoestan is, either kots krieket of rugby kyk.

Maar gooi tyres in die mix met ‘n kak vinnige wa ontwerp deur die beste ingenieurs wat die wêreld kan oplewer, drywers met ballas van staal,’n paar lekker cherries vir pitgirls en voila! Pass daai cocktail mammie, ek wil ‘n paar groooooot slukke vat!

Voor elke Grand Prix kry mens die excitement wat jy laas ervaar het toe sletterige Santie in standerd 7 belowe het dat jy straks ‘n vinnige blik of selfs ‘n happie van haar guava kan kry terwyl haar mammie by donsdosies dinamiek Mevrou-Mevrou speel. En jy is nie alleen nie. In Korea stel Lick Mai Nuts sy wekker om 2 uur die oggend op te staan  en soos ‘n Danville Blou Bul supporter die sleg moere by Ferrari  te verskrou omdat hulle al weer Sponge Bob Square Pants se hele strategie opgefok het. Miljuisende etters regoor die aarde deel  hierdie dankie-Santie-met-graagte-gevoel.

Raait, hier is die need to know vir die jaar wat voorlê, waar mens by verlede jaar moet begin. In 2011 was Red Bull en Sebastian Vettel soos finalejaar pharmaceutical studente wat oppitch vir ‘n skuimpee kompetisie by Little Angels kleuterskool. Niemand kon hulle beat nie. End van die prent. Adrian Newey die technical director, effe misvormde skedel ten spyte, en die jonge Vettel pas uit die doeke, het almal se gatte geskop.Hard.

2012 is egter ‘n perd van ‘n heel ander kleur. Vir die eerste keer ooit is daar ses(!!!) wêreldkampioene  wat deelneem. En nie een van die ses wil net ‘n happie van die koek  hê nie, maar die hele koek. Fok, deel met die maatjies. F1 drywers is van die mees kompeterende kêrels op aarde, met egos to boot. Dis soos om vir Axl Rose, Roger Waters, Mick Jagger, Bono, Paul Mcartney en Francois van Coke in ‘n band te gooi en te tune: "Mkay maats, besluit julle wie die lead singer gaan wees."  Behalwe vir hierdie ses is daar ‘n ander klomp wat net so graag ‘n happie van die koek wil hê, en bereid is om sy buur-antie se aorta af te knibbel om dit te kry.

Voor Melbourne was daar nie ‘n koekieng clue oor watse waens waar kan eindig nie. Dit het egter in qualifying duidelik geword dat Mclaren beslis het wat dit vat om in die running te wees. 2012champsNa verlede jaar se tos vertoning het Loos Hamilton in die eerste plek gekwalifiseer (vermoedelik omdat hy nie meer poesbedroef is nie, Nicole Sherzingamawhatsit en hy is weer terug bymekaar), die ander Pommie, Jenson Button was tweede en Roman Grosjean,’n Fransman wat sy comeback maak, was derde vir Lotus. Moenie hierdie jaar se Lotus verwar met 2011 se piece of shit motherfucker nie, 2012 se wa is die ou Renault. Die Renault aangedrewe Red Bulls  van Vettel en Webber was vierde en vyfde. Ferrari het oudergewoonte dit bykans onmoontlik gemaak vir Fernando Alonso en Fellipe Massa (Sponge Bob) om hoegenaamd hulle waens op die baan te hou, nevermaaind in ‘n goeie gridslot te kwalifiseer. Sponge Bob sal sy sokkies moet optrek om sy seat te probeer behou aangesien hy in die moerse skadu staan van Alonso. Noem my bevooroordeeld, maar wat die fok soek Massa nog in F1? Hy sal beter doen as parking attendant by ‘n Formula 1 Hotel. My hero en man-crush, Kimi Raikkonnen is terug na hy vir 2 jaar try rally ry het, en hard en droog gezaber is deur Loeb en elke ander rally driver out there. Hy het teleurgestel en 17de gekwalifiseer. Oops.

Met die race  het die Mclarens deurgaans die voortou geneem, maar te danke aan ‘n safety car kon Vettel in tweede plek insneak tussen die wenner, Button, en voor Hamilton, wat agterna met die interviews gelyk het asof Nicole  vir hom gesê het sy gaat weer fokkof want sy oorbelle lyk kak. Alonso het met bomenslike krag en toeweiding die Ferrari toerbus vyfde oor die wenstreep gekry ‘n klomp buiteperde het onder die top tien geëindig, wat bevestig het dat hierdie jaar ‘n moerse onvoorspelbare een gaan wees. Wat  top nuus is vir die sport, en vir jou wat getrou met jou F1 horing sit en cheer. Daar was ongelukkig heelwat jaers wat nie die race voltooi het nie, of wie se waens opgedonder is en moes voortploeter tot die einde. Noemenswaardig is die twee Mercedesse van Schumacher en Rossberg wat onderskeidelik ‘n opgedonnerde ratkas en pap wiel gehad het. Grosjean se wa is vroeg in die resies moer toe gery, maar Kimi het elf plekke opgeskuif en sewende geëndig. Kom ons wees maar eerlik met mekaar, daai bruin spot op jou panna het meer persoonlikheid as Kimi, maar blou fok, die man kan bestuur! Eweneens beteken dit die Lotus het potensiaal om beslis saam met die groot honde te hardloop. Vir die podium resultate loer op www.F1.com.

Eerskomende naweek probeer die seuns weer op Sepang in Malëisië om die koek te vat. Free Practise is op Vrydae, Qualifying op Saterdae en die resies op Sondae. Gee dit ‘n shot, jy sal nie spyt wees nie!

Hierdie post is 158 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,609,659 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Watkykertjie bydraeFormule 1 – Die 2012 seisoen