Watkykjy se nuus round-up. Week 7.

In Wat is nuus? deur griffin4 Eiertjies

Shakira se se boring SA trip maak nuus

Channel24 berig die week dat Shakira moerse ge-worry is oor 'n dolfyn wat beseer is en dat sy ook deur 'n rob gebyt is toe sy 'n foto probeer neem het. Hulle het al hierdie interessante "nuus" waaroor niemand 'n fok omgee nie, van haar Twitter en Facebook accounts gaan skep. Die rob het seker net aan haar kaasvoete geruik en die storie is moontlik uit verband uit geruk deur haar entourage…

In ander niksseggende nuus wat net so on-fokken-nuuswaardig is, het ek onlangs my kombuis oorgedoen. O ja, en nou gaan ek 'n vet, nuuswaardige kak vang. Ek het broodjies gevreet.

Relevance, your honour? Jissis… – Channel24

Die kakste kar ooit

Die polisie in die Noord-Kaap het 'n 1976 bakkie afgetrek waarvan net die windscreen roadworthy was. Die Toyota het net twee gears gehad, fokol wipers, fokol ligte, gladde tekkies en get this: 'n fokken plastiekbottel vir 'n tank. Dit laat Fred Flinstone se kak skedonk houtkar lyk soos 'n Bugatti Veyron.flintstone

Maar moenie worry nie, daar is ander goed wat ook net so onwettig is, soos byvoorbeeld SANRAL wat ons wil naai vir tolgeld terwyl ons alreeds deur middel van brandstofbelasting betaal vir SA se poes paaie se onderhoud. Fool me once, naai me twice.

Klink die bakkie nog steeds so erg? – News24

Pappa gooi 'n porno

smurfs'n Pa in Amerika het vir 'n klomp kinders by sy kind se partytjie hardcore porn gewys. Sommer deur 'n projector, nice en groot teen die muur. Turns out die oom het die verkeerde bloufilm opgesit. Hy het actually Smurfs vir die kinders gaan rent. Die storie het aan die lig gekom nadat hy by die polisie gaan kla het dat iemand met die DVD gefok het. Die polisie het hom toe daarop gewys dat die dom etter die porno van sy laptop af gespeel het. Mens save nooit jou porn op jou fokken desktop langs jou DVD player se shortcut nie. Jy maak 'n fokken boring folder op jou hard drive en noem dit "ouma se 1982 Margate vakansie". – IOL

Australian kry A$70 fine vir holswaai

'n Australiese barman (wie anders?) is met 750 Australiese dollar beboet nadat hy sy hol vir haar majesteit, die almagtige krimpie, hoogheid Queen Elizabeth Die Tweede gewys het. Tussen sy poeflobbe het hy boonop die Australiese vlag vasgeknyp. Die ou het sy broek gedrop en vir vyftig meter langs die motorcade gehardloop. Dis fokken moeilik, want ek het gister vir 'n uur lank agter in my tuin ge-oefen met 'n Zim vlag in my hol en vir tien meter op af probeer hardloop. Die ding bliksem heeltyd uit of die honde gryp dit.
 
Respect! – IOL

Klitschko verdedig sy wêreldtitel teen die kakste mens in sport

Vitali Klitschko wat gewoonlik sy teenstanders koud uitslaan het gisteraand vir twaalf rondtes lank gesukkel om vir kontkop, Dereck Chisora met punte te laat les opsê.
Met 'n career van 44 wins waarvan 40 knockouts is sou mens 'n "you got knocked the fuck out" result verwag het. Chisora is sover die enigste bokser wat so lank teen Klitschko kon uithou, maar dit maak hom nie minder van 'n poes nie… Hy is ook 12 jaar jonger as die 40-jarige Klitschko.

Chisora het voor die wedstryd vir Klitschko deur die gesig geklap en ook water in Vladimir Klitschko (Vitali se broer) se gesig gespoeg. Moerse sportmanskap. Die kak het egter nie daar gestop nie. Geniet asseblief hoe Chisora se landsgenoot, David Haye hom met 'n bottel teen die kop poes tydens die press conference na die tyd. Chisoro dreig dan dat hy vir Haye sal skiet. Classic Brakpan vibes…

Deel met jou tjommies!

    griffinWatkykjy se nuus round-up. Week 7.

    Comments

    1. Franc

      Daai storie van die Australier met die vlag is awesome, dit bewys daar is ten minste een ou in Australie wat nie ‘n staat gepropgrameerde robot is nie. (Dit breek my kop dat almal op Masterchef Australia die hele tyd so NICE is!)

    2. BokBal

      Fuck me George (ek bedoel seker Matilda of daai slet van gisteraand of whatever …….).
      Hoekom vergeet ek altyd  (okay, okay, ek weet ek is al 'n krimpie met sertifiseerbare self-inficted breinskade) sodra die mainstream koerante/nuus totaal onverstaanbaar raak, lees ek WKJ. Wie doen jul analise? Dis fokken so verstaanbaar & briljant. 
      Daar hoop met laaities soos julle (hoe lyk dit met 'n auto alsheimer ……..
       
       

    3. Fran

      Die loser gangsters fight met mekaar soos fietas en Klitschko lag net vir hulle van die verhoog af. Pateties. Ek dink David Hayes en Chisora moet saam teen die Klitschko broers boks in 'n tag team event. Dit sal 'n befokte event wees.

    4. # 1 Pisscat

      Dis nou wat die klomp brein dood testotoroon monkeys doen as hulle nie hulle sin kry nie…. ha fokken ha !

    Gooi Comment