Watkykjy se nuus round-up. Week 6.

In Wat is nuus? deur griffin

Houston, we have a problem

Whitney Houston is dood op 48. Dit sal glad nie verbaas as dit drug-related was nie. Ironies genoeg is die goose wat bekend is vir The Bodyguard deur haar bodyguard in haar hotel aangetref. Hopelik sal hulle nie 'n foto by haar begrafnis gebruik nie, want dit kan mense dalk net confuse en laat dink dat sy op 78 dood is. Ons het vir jou slegte nuus – vir die volgende paar weke gaan al wat 'n fokken radiostasie is die kak uit Whitney Houston se songs speel. Daar gaan special tribute kak uitkom en moet ook nie verbaas wees as American Idols contestants groot krokodiltrane huil oor die crack-tannie nie.

Ons het egter ook vir julle baie goeie nuus. Tune in op http://www.interwebsradio.com, want ons belowe om glad nie Whitney Houston te speel nie. Wag, ons het weer slegte nuus – Yucky Louw het ongelukkig nog 'n career…

whitney cocaine crackwhore

Pa skiet dogter se laptop faktap oor Facebook posts:

'n Amerikaanse pa in North Carolina se dogter het rebels op haarself getrek. Die 15-jarige kind wou nie chores rondom die huis doen nie en oor haar ouers op Facebook begin complain. Die lewe is fokken hard, veral as jou ouers so fokken goor met jou is. Sy het dit slegter as kindertjies in Afrika sonder laptops of kak ouers. Anyway, die pa het sy moer gepluk vir die brat en vir haar 'n YouTube video gemaak waarin hy haar Facebook post lees en daarna haar laptop faktap skiet met sy .45. Hy tune haar ook om sommer haar eie laptop te koop met haar eie zak.

Jirre, dinge was net so erg toe ons kinders was – al wat jy kon doen is om jou kamerdeur toe te klap, metal poeshard aan te sit (in jou klein Sanyo double tape deck radiotjie) en te skree "Niemand verstaan my nie!". En dan te wag vir die pakslae van jou lewe… Daily Mail

Delusions of grandeur gaan voort vir YouTube "taalstryder"

Andre Van Wyngaard, die ou wat sover meer as 15000 mense se ore vervuil het met sy "taal-taal-taal" katslagtery op YouTube is besig om onverpoosd voort te gaan in sy stryd. Nadat ons sy videos op Watkykjy ge-feature het, het Jakaranda hom ingeroep om verder die piss met hom te vat. Even nadat Randal van Idols hom heel duidelik ingelig het dat sang nie vir hom is nie, het die outjie al die aandag totally misverstaan as fame en fortune en 'n tweede weergawe (wat hy 'n beter weergawe noem) op YouTube gaan laai. Hy het ook sy eerste video se description gaan verander om in meer as 300 woorde te verduidelik wat met die song aangaan – basies verskonings vir swak klank en legio ander excuses, maar daai video is helaas verwyder.

Maats, voor jy iets op die interwebs gooi, maak seker jy weet hoe die interwebs werk. Ons is byvoorbeeld daarvan beskuldig dat ons sy songs van YouTube af gesteel het. Jy weet, daai publieke video sharing site waarvan embedding deur die persoon wat die video opgelaai het self aangesit word om met planeet aarde ge-share te word? Ja, daai ene. Hom naampie is YouTube, nie PersonalTube nie.

Soos hierdie video byvoorbeeld, want die ander is delete:

So verduidelik hy op sy Facebook blad (wat oop is vir die publiek – maats, onthou om te leer hoe die internet werk):

"En so moes ek na 'n sms waarin my gewese vriendin my met die prokureur gedreig het al die video's van my op Youtube en Facebook afhaal waarin sy saam met my verskyn het. So dink 'n mens jy ken iemand en dan kom daar 'n dag wat jy besef daardie persoon was nooit opreg nie. Waar dreig vriende mekaar met prokureurs?"

Hierdie post is 143 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,467,986 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinWatkykjy se nuus round-up. Week 6.