Superbru, my bra!

In Sport deur Kaptein Kortbroek13 Eiertjies

Uit -fokken-eindelik!

Daai antie by die biltongshop het seker al begin dink eks dood, maar ek ek't nuus vir haar – dis weer sukke tyd en daai chilibites beter my hol brand ander is daar kak.

So die Super Rugby seisoen is nou op ons en die remote is binnekort weer myne en gelukkig het ek die af tyd gebruik die dish te fix en 'n nuwe braaitang of twee aan te skaf.

Al die bokse vir 'n befokte rugby seison was getick, behalwe een. Vir some rede los ek dit altyd tot laaste maar my SuperBru pools is ook uitgesort.

Genoeg kak gepraat vir eers. Lets get down to business.

Vrydagaand is dit weer moord as die Bulls en Sharks mekaar op Loftus pak en Saterdag eet die Lions en Cheetahs mekaar op Ellis Park. As kaptein van die couchrugbyvereeniging het ek besluit, juis omdat ek like van kortbroek dra, sal ek sommer die eerste een wees om ballas te wys.

Hieronder is my picks vir die naweek, en ek sheme daai yellow cap is klaar myne. So as jy perongeluk watkykjy se pool in week een wen, sponsor ek jou 'n befokte bottel 5jaar KWV,  1kg steak, 'n sak hout en 'n fokken kwêvoël. Hier is die link as jy nog gejoin het nie.

Kaptein Kortbroek se picks:

Game 1: Blues v Crusadersbluescrusaders
Daar is iets aan die broei by die Blues. Kyk, ons almal (ja Stormers) weet die Crusaders speel 'n moerse shot, tog is daar 'n goeie kans dat hulle nie van week een af so lekker gaan gel nie. Soos die Bulls sit hulle ook nou sonder 'n Bakkies Botha (Brad Thorn) en dit kan tot groot kak by die breakdowns ly. Die game is ook in Auckland en met Pat(rick) Lam(bie) as hul coach, behoort die Blues in elkgeval gat te skop.
Voorspelling: Blues behoort die Crusaders met so 7 punte te rook.

Game 2: Western Force v Brumbies.forcebrumbies
Askies daar sluk ek sopas 'n bietjie kots toe ek besef die game is in die Ozzie conference. Die eerste Suid-Afrikaanse span wat teen die die zabers verloor sal moet plek maak vir die Kings.
Of wag, was dit dalk net Jake White wat die Brumbies coach wat my so bietjie groen om die kiewe het? Ons hoef net te gaan kyk hoe hy die Lions verder opgefok het om te besef dat Jake the Snake 'n lekker Bok coach was, maar nie noodwendig 'n Super Rugby expert is nie. Sy spannetjie is jonk, en die Force – lets just say the Force is with them sometimes.
Voorspelling: Jake White se gat word met so 18 punte geskop.

Game 3: Bulls v Sharksbullssharks
Springbok proewe voor 45 000 van die land se zefste fans! Fokkit dis amper soos 'n minnie Oppi Koppi – jy is amper gewaarborg dat jy nie skoon daaruit gaan loop nie hoewel die Steve tracks jou gou van die regse oomie langs jou laat onthou.
Die Bulls het klomp groot ysters verloor en gaan sukkel, maar behoort oraait te wees as jy in ag neem dat die current Springbok coach nog hulle coach was tot so paar weke terug.
Kyk, dit gaan altyd tight wees as so groot groep groot seuns mekaar pak, so home ground en daai 45 horings behoort in hul guns te tel.
Mens wonder hoe erg die Sharks beast gaan mis.
Voorspelling: Die Bulls speel in blou truie so behoort met so 9 punte te wen.

Game 4: Highlanders v Chiefshighlanderschiefs
Beslis nie die makliste pick vir die naweek nie.
Die Highlanders is oppad op, en die Chiefs kan dalk net wakker skrik die jaar. Tog moet ons met die manne gaan wat laasjaar die Bulls op Loftus gebliksem het.
Voorspelling: Highlanders met so 7 punte.

Game 5: Waratahs v Redswarahtahsreds
Fok, ek kan nie n Auzzie hanteer na daai World Cup kak nie. Cooper is uit en dit maak my bly.
Voorspelling: Fok hulle almal – Waratahs vir 'n sewe punt.

Game 6: Stormers v Hurricanesstormershirricanes
Die Hurricanes het 'n kakuis vol spelers verloor en gaan sukkel om op Nuweland hul voete te vind. Sonder Ma'a Nonu lyk hulle so ietwat pap in die broek en behoort die Stormers met 'n wen te begin.
Seriously, hulle het Habananana senter toe geskuif en kom ons sê net die gedagte van Appels (Gio Aplon) op spoed maak my so lus vir ruggas ek braai sommer fokken DADELIK!
Hopelik daag die WP voories op vir die game.
Voorspelling: Stormers looi n ding met so 4 punte.

Game 7: Lions v Cheetahslionscheetahs
Hulle reken jy skop 'n bal die verste op Ellis Park so dit sal nie as 'n surprise kom as Johann Goosen Saterdag van sy eie 22  af begin korrel nie.
Holy shit, daai laaitie is witwarm, maar moenie ou Elton VR6 Golf Jantjies weggooi nie.
Hy laaik van lyn breek en skop ook nie te kak nie.
Hierdie een gaan 'n riller wees omdat sekere dose mos nou reken dat hulle vir die Kings gaan moet plek maak.
My gut feel is dat die Cheetahs met een moerse bang gaan begin, tog het (en ek steel hierdie by 'n vorige bra se comment) Kaptein Baard en sy bende meer as 2 jaar laas 'n Super Rugby game op Ellis Park gewen – so verwag maar so bietjie bloed.
Voorspelling: Jozi se manne steel dit in die laaste 10 minuteen wen met so 5 punte.

Kaptein KortbroekSuperbru, my bra!

Comments

  1. Fran

    Kaptein Kortbroek het jy al klaar begin vles vat? As dit is hoe mense predictions maak in die pool gaan ek baie drank wen, befok!

  2. Beesbal

    Kapt Kortbroek – ek moes eerder jou wysheid volg eerder as om daai poephol Gavin Rich se artikel te lees!

  3. Effer

    Oh Kaptein kortbroek, jys klaar in jou poes in met die eerste 2 picks! nou wat nou zaber?

  4. Gaffie

    Jis Kaptein
     
    Die begin lyk maar sleg. Maar hou vas daar is nog 15 weke. Ek neem aan ek gaan wen so ek gaam maar solank my 5 jaar oopmaak as ek by die huis kom, daar is mos nog een in die pos..

  5. Doosdief de Lange

    Kaptein Kortbroek, daar gaan jou eerste twee voorspellings toe vir 'n bol kak, want altwee jou wenners het toe omgeswaai in verloorders!!!!!!!
    Fokken moerse begin vir jou!!

  6. Spuitwurm

    Kapt Kortbroek, jy is al 0-2. Crusaders het met 1 punt gewen en di Brumbies met 2. Het jy begin vles vat voordat jy die predictions gedoen het. Die Sharks gaan die eerste game op Moftus ook wen, veral nadat die bulls hulle spandokter vir n Gynie geruil het.

  7. Knersus

    Spuitwurm, het jy dan nie geweet nie? (Vul hier omtrent ‘n honderd “Gynie” en “poes” verwysings in…).

  8. Willem Wikkelspies

    Al julle ous moet onthou, die eerste games is net shine vang en pronk. Daar le nog baie games voor om mekaar lekker vas te vat daar in die los skrums.

  9. Piet Piksteel

    jy is reg kapt , dit het begin dit is moerse nice na 'n fokken lang gewag.
    Zef met 'n hoofletter F.

  10. Piet Piksteel

    o capt my capt . . .  jy wag reg . . . dit is hier, en na 'n fokken lang gewag is dit moer lekker om die ragga te kyk.
    zef met 'n hoofletter f.

Gooi Comment