Middag Griffin, het n "chain mail" epos ontvang gisteroggend oor ramfest wat ek hoop jy nogal interessant sal vind. Die ding ruk nie so lekker in Bloem nie lykit my.
Check die kak
Jankel
"Hallo julle,
Ek wil asb versoek dat julle sal saam bid en intree vir hierdie ‘rock festival’ wat hulle in Bloemfontein wil aanbied. Einde laasjaar het God ‘n dringendheid op my vriendin en op my hart gedruk die woord moet uitgaan, oor hoe satan musiek en tv programme gebruik om kinders en grootmense in sy koningkryk in te trek. Ons was in Oktober nie seker hoekom die dringendheid so intens was nie, maar ons het in November begin om die aanbidienge te hou! Toe ons hierdie e-pos kry van die fees wat hulle in Maart wil aanbied het ons dadelik geweet, hoekom dit so dringend was dat die Woord dadelik moet uitgaan. As julle op die embleem kyk sal julle die okkultiese tekens sien, met ander woorde hierdie fees word deur die sataniste en illuminati beweging georganiseer! Hulle beplan om oorsese okkultiese en satanistiese groepe te bring vir die fees.
Ek wil vra dat julle asb hierdie woord sal uitstuur aan julle mede Christen vriende en vriendinne, sodat ons kan saam staan in gebed en vas sodat hierdie fees nie sal plaasvind! Bid ook asb dat die Here deure sal oopmaak vir ons om die Woord te versprei!
DANKIE EN MAG GOD JULLE SEEN!"
Jirre, laat ek ook maar 'n eiertjie uitkak:
Geagte mevrou Bang-Vir-Fokken-Alles,
Die RAM in RAMFEST staan vir Real Alternative Music. Dis 'n gewone music festival met local talent waar ons na bands kyk, die sataniese bybel uithandig aan kinders onder 3 en bloed drink, bier drink en almal 'n lekker tyd het. Gaan soek die duiwel in jou kerk. Hy loop fokken los rond daar.
As jy weer skrik, skrik fokken wakker, jou oningeligte etterkop.
griff.





79 Comments
Haha. Die sataniste en die iluminati werk nou hard saam om Bloemfontein te vat…
Hiermee deel ek met julle my liewe vriend Ben Low se antwoord op die epos:
Liewe broers en susters van die Donker Prins. (Hail!)
Vir te lank is ons enkele sentimeters weg van ons finale ideaal af…- Invloed en beheer van die volle “Land van die uitverkorene” (spoeg)
Hierdie mylpaal sou al jare gelede in ons hande gewees het as dit nie was vir die laaste van sy volgelinge in Bloemfontein nie. Fokkers.
Hulle is sterker as wat ons gedink het. Maar almal het hulle breekpunt….
1. 1. Operasie “Intrek” loop beter as aanvanklik beplan. Die aantal kinders en grootmense wat deur musiek en TV programme in ons prins se koningkryk getrek word is besig om toe te neem. Mooi werk!
2. 2. Soos julle weet het ons vanaf middel laas jaar saam gesmelt met die broers van die Illuminati. Sommige van julle was hierteen gekant maar dit was ongelukig onvermeidelik in die huidige finasiële klimaat. In die woorde van Adolf “You gotta do what you gotta do” …
Dus moes ons sekere veranderinge maak aan operasie “Ramfest”. Basies die “bottomline” is ….Minder orgies. Meer geld. Die fees sal nou 1 dag wees en duurder wees… Ja ek weet hoe julle hieroor voel maar dit is maar net hoe dinge loop. Aan die plus kant…Hulle het ons die embleem laat hou. Ons het 2 van ons ontwerpers “laat gaan” omdat hulle agterlosig geraak het met die simboliek en okkultiese tekens… Komaan mense! Ruk julle self reg. n Adelle en haar vriendin het dit gespot en maak nou n groot bohaai deur n pyn in die gat chain email. Maar sover gelukig lyk dit net asof hulle gaan bid en fokkol eet. So ons is cool….vir nou. (sien angehegde mail)
3. 3. Vir Bloemfontein was ons plan om kakker lineup te bied sodat daar meer genaai en gedrink word. Die ander stede is klaar ons sin.
Verder…
Wie ookal Johan se snackwich gister uit die yskas uit gezop het…fokken word groot en hou op om n doos te wees. Sy naam was op die houer.
En ek weet dis fokken lame maar kry asb die hele secret handshake ding reg. It’s their “thing”….
Dankie
Hail Satan
Fokit gelukig bly ek nie in Bloem nie.
Wonder wat in die wereld ooit van Rodney Seale geword het. Onthou julle die doos. Anyway, hy is seker fokken impressed.
"As jy weer skrik, skrik fokken wakker, jou oningeligte etterkop."
Jy ou seuna is 'n klein excuse vir 'n lewensform wat nie eers die guts sal he om die auntie reguit, in person te tune nie. Doen almal 'n guns, trek jou totter uit jou matjie se hol en maak die kak site toe. Die wereld sal 'n ver beter plek wees sonder 'n dooskop soos jy!
As jou denkpatrone soos jou spelling is, moet jy seker ‘n ambagsman sonder ‘n werk wees.
Ha Ha! Waar kom die klomp 'etterkoppe' vandaan. Ek kan nie glo daar is nog sulke mense nie.
Word wakker by bra. Dis fokken 2012 en die land word nie meer deur suur dose in safari suits gerun nie.
@ Griffin – HAHAHAHAHAAAAAAAAAAAAA!!!! Die ergste is met sy naam erken hy dat hy n etterkop is, terrible.
Hoe lyk n matjie se hol? Gaan nou DADELIK huis toe en my mat se hol soek! Awesome!
Sien, ek WEET dit kannie so wees nie want nie eers satan of die illuminati wil Bloemfontein he nie
Hahahahaha… Briljant
Ai my tannie, jy is doodreg, die duiwels loop. Hulle loop in jou kop. Haal jou neus uit ander se sake uit en gaan vertel jou spookstories vir die ander hipokrate in jou kerk.
Hulle (regse gelowiges) het ons uit die venue uit gekry, maar ons sal nie gaan le nie!
LONG LIVE ROCK N ROLL!
Bloemfontein ons kom!
Hahaha vir jou Veda! Skerpsinnig, bra, well done. Ja, hoe huilerige mense altyd alles wat hulle niks van weet nie saamfok in een hoop as die "evil" ander kan gaan my te bowe. My pikkewyn-pak tjoms is nog altyd onder suspisie van allerhande stoutighede – en dit net oor 'n paar onskuldige beendere (http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/1999/07/25/7/19.html) en die odd pentagram of twee (http://freemasonry.bcy.ca/anti-masonry/pentagram.html) terwyl 90% van hulle getrou elke Sondag in die kerk sit (die ander 10% met alternatiewe geestelike sienings bly by die huis en suip…) Relax, mense van Bloemies: troos julle daaraan dat as julle Godvresende mense glo Satan bestaan, dan moet die Sataniste ook glo God bestaan. Nou toe – voel julle al beter?
This is by far the funniest thing I’ve read in a while. Living in bloem I’m ashamed, do these morons even know what the illuminati are? Wow brainwashed children of the corn right here.
Im a Christian, this oke must FUCK OFF he is making christians look like POESE!!!!!! FUCK THIS BOILS MY SHIT!!!!
Die laat my rerig dink aan die dae van Rodney Seale. En waar is die fokker nou? Hy is dan en wan op ETV vroeg Sondae oggende, en die keer wat ek dit gevang het terwyl ek hung over was op 'n Sondag oggend het hy gepreach oor Games wat nou suddenly evil is.
Ek wens rerig mense wil net fokken wakker skrik
Ek dink haar man moet haar nog paar houe gee.
RAMFEST: REAL ALTERNATIVE MUSIC FESTIVAL dit is waarvoor dit staan dit het niks met satan te doen nie.
Dankie
Ek dog Bloem het al lankal vrede gemaak met die Satanisme
Kan die Illuminati asb 'n beter line up kry. Is In Flames al wat julle kon organise? Hoe moet ek satan aanbid as daar nie genoeg metal is nie?!
Fok, bring Lady Gaga as julle rerig die Bloemfontein tannies wil corrupt.
Ek wil net weet waar is die tiete?
Watse kak is dit, mense hoor fokken stemmetjies in hulle koppe en dink dis normaal, ek gaan ‘n brief aan SARU skryf om te se die springbok teken is satanisties, of wat van Bok van Blerk, hys ‘n lid van die Iluminati, en bok radio verkondig die woord van die duiwel. Ek dink pligsgetroude huisgenoot tannies moet verbied word om die internet te gebruik as hulle so KAK poging gaan aanwend. Wat ‘n klomp boknaai ek dink die Saartjie of Magriet wat die kak uitgedink is ‘n gevaar vir die samelewing. Gaan ramfest toe, vorm jou eie opinie voor dat jy op die Satan band wagon spring BeTCh
Die mense is poes dom, die illum. Ek is nie n satanis nie, maar my rasionele brein redeneer dat daar gaan god bestaan nie, only thing that is real is the music! In flames gaan befok wees! al wat ek oor moan is die ticket prysse en dat die kaapse een nie meer in Worcester is nie. ek hoop my Rasta gaan ook daar wees, is nie n fees sonder tannie Mary Jane hugo nie( smaak die kaas) en as ek Mario vibes vang sal ek die mushroom game speel 1up all the time.
Die iluminati is al lankal nie meer in werking onder daai naam nie, hulle naam is die vryemesselaars, meeste van julle Pa's was betrokke en dit is nie so geheimsinnig soos Dan brown uitmaak dit is nie, Masonic Lodges is waar hulle meet en dan party en mense help, elke dorp het n lodge en as hulle dit nie gebruik nie word daar danse en funksies gehou vir die res van die dorp.
so as die antie van bloem piel soek sal ek haar verwys na die lodge menig mans kan daai poes vol stop, christens is poes dom en naive oor wat vir wat gaan in die lewe.
Ek hoop my post maak dit op, omtrent als wat ek post verdwyn!
Die mense is poes dom, die illum. Ek is nie n satanis nie, maar my rasionele brein redeneer dat daar gaan god bestaan nie, only thing that is real is the music! In flames gaan befok wees! al wat ek oor moan is die ticket prysse en dat die kaapse een nie meer in Worcester is nie. ek hoop my Rasta gaan ook daar wees, is nie n fees sonder tannie Mary Jane hugo nie( smaak die kaas) en as ek Mario vibes vang sal ek die mushroom game speel 1up all the time.
Die iluminati is al lankal nie meer in werking onder daai naam nie, hulle naam is die vryemesselaars, meeste van julle Pa's was betrokke en dit is nie so geheimsinnig soos Dan brown uitmaak dit is nie, Masonic Lodges is waar hulle meet en dan party en mense help, elke dorp het n lodge en as hulle dit nie gebruik nie word daar danse en funksies gehou vir die res van die dorp.
so as die antie van bloem piel soek sal ek haar verwys na die lodge menig mans kan daai poes vol stop, christens is poes dom en naive oor wat vir wat gaan in die lewe.
Ek hoop my post maak dit op, omtrent als wat ek post verdwyn!
As god bestaan het sou hy nou lekker vir jou gesit en lag het Mev. Plaas dat afrikaners mekaar steun kry mens steeds skynheilige morone soos jy wat n swart wolk oor ons kultuur trek. dis verneuderend om die minste te se. Rock and roll is iets wat ons baie goed doen in suid afrika moenie n nat panty wees nie. Miskien moet jy ramfest toe kom om n bietjie kultuur in jou lewe te kry. AMEN.
Ek het sopas Deja Vu gekry …*cough* DevilDriver *cough*
HAIL SATAN!
Oh my vok!! niks teen die gelowiges nie maar daai persoon is een dom poes hahaha!!! Bloem FTW RamFEST FTW!!! \m/ HORNZZZZZZZZ
Ek wil net vir julle almal se julle is eenvoudig! Ek is nie n mens van die kerk nie en neem ook nie deel aan satanisme nie! Ek sien dinge van ander se oog punt, en al wat ek kan se is, dis ok vir gelowiges van die kerk om konserte te hou om julle Here te dien, net omdat daar n konsert is wat RAMfest genoem wonder spring julle maklik op julle perdjies en se dis Satanistiese dinge. Ek het vir julle slegte nuus. By RAMfest is daar “bands” wat in verskillende gelowe glo. Julle kan nie net kom se oor iets wat julle geen kennis oor het nie. Julle almal verbond julle self aan negatiewe denke en nie aan verhoudings met mense om julle nie…..Ek sou ook se dis n kerklike ding om te doen sodat mense kan kies wat hulle voel is reg vir hulle. Baie dankie dis al
Hulle worry oor Ramfest? Wat van Jurie -fokken- Els? As daai kak wat hy kwytraak nie satanisme en laster is nie weet ek nie
Sy moet psigiater gaan sien en so ook al die ander "christene" wat so paranoies is oor musiek, boeke, "tekens" en allerhande ander kak! Verseker schizofrene (spelling?).
Hahahahha dis fokkin belaglik!!!! Lekker Griff!
Ek se FOKOL meer nie.
Hoop "etterkop" en tannie Sarie van Bloem lewe lekker in vrees. Fok julle :)
hehehehehe In Flames pappa! hulle gaan kook! Gothenburgs finest is amper hier!
wie is die dom bitch? en kan ons haar email adres kry? hahaha
p.s wel gese griffin
Die mense maak my naar.. hulle sit met hulle vroom bakkies elke Sondag in die kerk , bedel vir geld vir die kerk , stuur gelowige emailtjies aan saam elke twee skurwe grappies ook en dan wil hulle kom oordeel. Hou by julle self.. Ek gaan glad nie kerk toe nie , juis oor sulke mense daar die plek run en vol sit. Gewoonlik hulle wat ander mense soos absolute kak behandel , maar heel voor sit en die dominee of pastoor op die naam ken en huisvriende is met die kerkraad. Piss off asb. Glo wat julle wil glo , maar hou dit vir julle self en moenie die sleg in fokken alles raaksien nie.. as julle mooi gaan kyk , sal julle sien die kerk is vol sulke okkultiese dinge ook !!
Clowns
Die Here het dit op my hart gelê om die mense in te lig teen die euwels van Afrikaanse popmusiek. Die satan vang talle jong mense met hierdie oënskynlike onskuldige musiek en die afrikaanse kultuur verval in 'n staat van swak smaak en verbeeldingloosheid met plastiese kits-ideale. As Juanita du Plessis en Jurie Els se aangeplakte gospel musiek die heeltyd in die Hemel gaan speel sal ek anyway eerder hel toe gaan. Ramfest skop gat!!
Daai antie van Bloem kort net 'n goeie RAM(by enige)Fest dan sal sy die lig sien!
Your an idiot!!!! Christian metal is harder than satanic an do you even know who these bands are? Have you studied their lyrics and lifestyle an religieous lives?
O an just by the way once again we have a christian doing what only their GOD is supposed to do, you have no right to JUDGE!!!!
Dit verbaas my nie. DAt jong mense na n fees soos "Ram Fest" toe wil gaan nie. Duidelik is dit van die duiwel af! Dit maak my sommer kwaad as mense mekaar so aan val. Dis n teken dat die fees van die duiwel af is. Dis hoekom ek almal aan moedag om so gou as moontlik hul kaartjies te koop vir Ram fest en die "fees" te boycott deur om baie bier te koop, baie dronk te raak en hulle koppe af dans tot die son op kom.
Haha LOLS
Grow up… Good art will always create controversy.. Grow and appreciate it… Die duiwel hy kom na Bloem toe! lol
Real satanists dont drink blood.. they drink beer at Roack festivals.. lol..
HAHAHAHAHAHAHAHAHAHA!!!!!!!!!!!!!!! HAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHA!!!!!!!!
"Hallo julle," Ag hoe cute. Skeinheilig en aangeplak ook.
Sy is seker Twilight se grootste fan en like pappa se polony in haar hol. Pfffft.
Ramfest Rock! Hoop net nie enige fags gaan rondhang vir Tasha Baxter nie! Hulle kon eerder vir A King of die Heuwels daar gehad het!
Aan al die bra's wat scheem die Kerk en Christene is "van die Satan af" – kom check gerus bietjie Sondae by Montecasino in die Parkers Comedy Club (as jy in die Johannesburg/PTA omgewing is) 5uur of 6h30 of dit waar is…
en peace vir al die h8ers!!!!
Tannie, die bybel se mos, 'Soek en jy sal vind' …waar daar eintlik fokol is.
hello mense
al wat ek se devildriver was gestop…. as die konte my gaan stop om In Flames te sien…. Ek sweer ek fokken brand elke fokken kerk af wat in die land bestaan.. as ek nie na "MY kerk" toe mag gaan nie, dan fok jou, ek sal seker maak jy sal ook nie na jou kerk toe KAN gaan nie. genoeg is genoeg. skrik wakker en word groot. Tyd om op te hou stil sit en na die kak te luister… vat iets van my weg waarvoor ek lief is en geniet, en ek doen dieselfde aan jou. ou testament word nou ingeroep. oog vir n oog.
Ja nee, ek is 'n Christen, en ek glo as jy die duiwel iewers gaan soek gaan jy hom kry. Ek verstaan nie hoekom hierdie beady-eyed freaks nie die duiwel eerder uitlos nie.
As jy glo hy is iewers, dan roep jy hom en hy kry lekker want hy kry aandag. Ons NG kerk dominee is 'n paar jaar gelede gearresteer vir bedrog. So let he who is without sin cast the first stone!
Kry die duiwel uit jou kop en jou hart en gaan help eerder in die townships of iets…
dit is baie interessant dat daar omtrent nie een berig is sonder spelfoute en vloekwoorde nie…?! ek is 'n christen, het in bloem grootgeword en is 'n ongelooflike metal en rock fan! waaroor die groot bohaai – hoekom so sensitief? word groot en gun elkeen dit wat vir hom/haar belangrik is – niemand het gesê almal moet altyd saamstem nie – as jy jou punt in elkgeval net met kragwoorde kan oordra, bestaan daar vir my groot twyfel in die waarde daarvan. groetnis