Fok sokker! – rugby deur Kaptein Kortbroek

In Sport deur Kaptein Kortbroek8 Eiertjies

Selfs al het Bafana in hierdie Afcon Cup kak gespeel sou dit nogsteeds moeilik gewees het om dit te moes kyk.

Moenie my verkeerd verstaan nie, sokker het sy plek en daar is seker geldige redes waarom elke tweede doos ‘n Chelsea fan is, maar kom ons wees reguit met mekaar – fok sokker.

Daar is nog net twee naweke oor waarin jy saam met vroulief kan tuinmaak en kombuiskassies bou, dan begin die rugby, so fok sokker.

En ja, die opkomende domestic T20 reeks gaan opwindend wees, maar as ons reguit is met mekaar kan ons netsowel eerlik wees. Krieket is gemaak vir Desembers waar jy vir vyf dae op jou gat kan sit en ordentlik suip so weereens, fok sokker.

Moenie my verkeerd verstaan nie, daar is ook ander lekker sport oppi kassie wat vir lank garage regpak en grassny sal delay en daai epic final waar Djokovic sy moer (en hemp) vir Nadal gestrip het was een van hulle.

En ja, ditto – was ook lekker toe V-town se kroonprins (nie Fransie nie,  Albie) so paar moerse shots gebliksem het. Tog dink ek dit is hoogtyd dat meer manne in die vaste loskop insteek en so bietjie boei.

Dit bring my by die punt van die week se gegorrel…

Dis eintlik meer ‘n geval van fok Polokwane, die Bulls, die Cheetahs en sommer elke doos wat daai game op Peter Mokaba kon check. Dit was awesome en sou even meer bevange gewees het as my skottel nie dit ‘n “delayed live” game gemaak het nie.

Op die paviljoen kan mens mos ‘n beter perspektief kry.

Daarom was Kaptein Kortbroek se bure minder gepla oor die vorige aand se klipharde tunes as vir die geraas toe Johan Goosen sy skills op die Bulls ge-testrun het.
Deon Stegmann en Dewald Potgieter se double team hit op Davon Raubenhiemer het ‘n soortgelyke reaksie ontlok, terwyl die Wors (Dean Greyling) se drie so trademark Loftus was dat daai selfde buurman kort daarna sy 2l Cortina so paar keer gan rev het.

Danksy Polokwane gaan die volgende paar weke hel wees, want fok sokker, ons het in Oktober laas so excited geraak voor kick-off!

Beide spanne het goed gelyk en 39-16 vertel ook nie noodwendig die volle verhaal nie… Een van die spelers wat (vanuit n Bulls perspefktief natuurlik) besig is om gat te skop is Wilhelm Steenkamp. Hy lees die game en veral die lynstane soos ‘n legend en gain sonder twyfel ‘n groot rol speel die seisoen – die beste man om by Victor oor te neem.

Maar dan was daar ‘n klomp manne wat gewys het hulle is lus vir ‘n fight. In Pretoria slaap Pierre Spies ook so bietjie moeiliker na CJ Stander se vertoning terwyl ons almal weet dat dit net ‘n kwessie van tyd is voor Brussow weer soos ‘n opregte Suid Afrikaner by die breakdowns begin steel. Daai shots watt Raumenheimer gevat het was ook nie sonder bedoeling nie, want die bra het goed gelyk en was ‘n general nuance wat die Bulls vir lank frustreer het.

Die feit dat een van die Super Rugby spanne moet plek maak vir die Kings, gaan dinge nog meer opwindend (en dalk hartseer) maak.

24 Februarie kan nou maar gerus nader kom…

En terloops – fok sokker!

Kaptein KortbroekFok sokker! – rugby deur Kaptein Kortbroek

Comments

  1. Junipernel

    Wie is hierdie Kaptein Kortbroek ou. Want hy weet waarvan hy praat en is kak snasks…. Meer…

  2. griffin

    Hy is ons geheime wapen van sportkommentaar en hopelik sien jy meer van hom.

  3. stovie

    Daai Goosen outjie skop verder as 'n paar dubbel vodkas en orange…

  4. Christo

    Ek smaak Kaptein Kortbroek stukkend, hy sal tot skaak na n opwindende sport laat klink ,  –  FOK SOKKKER!! 

  5. Prof. Bokdrol

    1) Yay vir rugby!
    2) Up the Sharks!
    3) Fok sokker…

  6. Junipernel

    Kaptein Kortbroek – Die Chuck Noris van Kak Snaakse Sports Komentaar!!!
    Hoop om nog meer te sien!!

Gooi Comment