Die Antwoord – Ten$ion (album review)

In Die Antwoord deur Zirkie9 Eiertjies

Die Antwoord se nuutse album, Ten$ion drop vandag worldwide. Obviously het ons hom voor julle gehad…


Dis 2012 en die wereld is ‘n faktap plek. Since die vorige groot “einde van die wereld” scenario (hello Y2K) is die hele Mayan-long-count-calendar-wat-oorslaan-nul-toe ons apocalyptic drug of choice. So vir die afgelope twaalf jaar bou ons op na hierdie een toe, en as jy rondom jou kyk, dan lyk die wereld inderdaad soos ‘n kak science fiction movie.

En dis in hierdie milieu, om ‘n pretentious woord vir dit te gebruik, waar Ten$ion, Die Antwoord se nuutste album instap en se “…Wat kyk jy? Poes!”


Reg van die begin af is Ten$ion in your face, infectious, aggressive en offensive. Met ander woorde, ‘n perfekte soundtrack vir die weird, ontstellende tye waarin ons nou leef.


En ek belowe jou dit gaan mense ontstel. 


Never LeNkemise 1, die opening track, vat slegs ‘n minuut en agtien sekondes voor Ninja daai allerheiligste Suid Afrikaanse koei slag;


“Ninja! Die wit kaffir.

Ja julle naaiers, skrik wakker!” 


Daai is seker die laaste ding wat die politically correct set gaan hoor voor hulle begin skuim by die mond. Maar wys vir my enige Suid Afrikaanse artist wat die ballas het om die vorige line en dan die volgende een te sing:


“I’m not even trusting a roadblock. 

Our pigs bust caps in the back of your head. 

Bang now you’re dead. What you gonna do huh? 

Maybe go run tell Zuma? He doesn’t give a fuck…”


En voor jy nog jou local council member kan bel om te kla, het Die Antwoord al klaar gefokof na die volgende jol toe om kak verder te gaan afbreek.


Oor die res van die album se tight running time van 38 minute, gee die antwoord ‘n groot vet fok jou vir alles onder die son, van ‘n baie skerp Justin Bieber dis op die track Hey Sexy: 

“When I was thirteen, I had my first drugs” of op Fatty Boom Boom, waar Ninja die Rap Game “one big inbred fuckfest” noem. 

Niks en niemand is veilg voor Die Antwoord se next level gangster style nie. 

Die persoon wat seker die ergste afkak is Interscope Records se president , Jimmy Iovine.

As die dude een persent so smerig is soos Ninja hom laat klink in die Uncle Jimmy skit, dan was dit ook maar net ‘n kwessie van tyd voor Die Antwoord sy geld gevat het en gefokof het.


Soos Yolandi sing op die track So What?:


“got a million fuckin dollars in the bank

then I converted all my dollars into rands

that equals seven million in the bank

not too shitty fuck u jimmy i’ma never give it back.”


Dis ook op So What? dat dit voel asof alles bymekaar kom, en ‘n mens dan sien dat Ten$ion, ten spyte van die naam, ‘n moerse ‘release’ is vir Die Antwoord. 

Wanneer Ninja die chorus sing van Baby’s On Fire, kan hy net sowel besig wees om te praat oor Yolandie, DJ Hi-Tek, of Die Antwoord as geheel. 

Yolandi Vi$$er se raps is elke gram so kak-gevaarlik soos Ninja s’n en DJ Hi-Tek, wat nog altyd lekker geraas gemaak het, het obviously nou in ‘n fokken monster-beat-masjien verander. Een luister na Never LeNkemise 2, die laaste track op die album, sal jou oortuig dat god bestaan, en hy ‘n member van Die Antwoord is. Almal fire op alle cylinders, en dis amper scary hoe deeglik hulle het elke moontlike barrier in die face ge-fuck het. 


Soos ek hierdie skryf, is Die Antwoord op The Late Show with David Letterman. 

Oppad na hulle hotel toe na die interview, sal Ninja & Yolandi by hulle limo se venster uitkyk, en hulle gesigte op poes groot billboards sien in New York, waar The Late Show geskiet word.

Hulle is op die cover van Rolling Stone Magazine en hulle nuutse album het gedrop teen die tyd wat jy hierdie lees…


“South Africa 2012, we in da future now. 

Just because da whole world’s gone twanky 

doesn’t mean we gonna fuckin’ go out like that too.

Fuck the system. We have our own system. 

We make our own rules. We don’t answer to no one…”


So sing Ninja op Never Le Nkemise 2, met die confidence waarmee net ‘n Ninja kan, net voor DJ Hi-Tek die wereld uitmekaar uit ruk en dit kou en weer uitspoeg…


…en dis die reine fokken waarheid, elke woord van dit.


Ten$ion is wat ons almal gehoop het dit sal wees. Die gevaarlikste album van die jaar.


En as jy nie saamstem nie, en wil huil daaroor in die comments, of by jou dominee, of by jou ma (wie se poes nog steeds in ‘n fishpaste jar is) sal ek afsluit met ‘n waarskuwing:


“If you don’t like funerals, don’t kick sand in a Ninja’s face”

Deel met jou tjommies!

    ZirkieDie Antwoord – Ten$ion (album review)

    Comments

    1. Dirk Diggler Diktros

      Zirk, dis n groot gatkruip-poging deutrek met subjektiewe, en plek-plek lagwekkende aannames.  En in die gees van die antwoord se next level dieper deur die kak klou enige kak teen die muur vas,  Gooi voort, enige sjit stick.  Veral as jy jou eie hype skep en glo.  Duidelik skitzoaffektiewe gedrag.  DDD

    2. Chielie

      All I know is jissis watdefak. Now, Imma go give it a hark. Then, my soul will explode. In dazzlefull colour and love, no doubt.

    3. Yo Ma Sapoos

      Rolling Stone magazine se review opinie is dat hierdie album moerse kak is

    4. Dirk Diggler Diktros

      Ek het die "Strolling Bones"  artikel self gaan check en stem saam met Yo Ma Sapoos.  DDD

    Gooi Comment