Wen – Die Antwoord: 10 double tickets vir Arcade Empire show & 10 copies van Ten$ion

In Kompetisie deur griffin1 Eiertjies

Ons het tintwig pryse om weg te gee hierie week!  En jy het net kans tot hierdie Donderdag 2 Feb tot 14:00 om in te skryf.

Vir die outjies in Gauteng gee ons 10 double tickets weg om Vrydag 3 Februarie Die Antwoord by Arcade Empire in Pretoria te gaan kokkenodge. Dis omrent R1600 se tickets wat ons vir mahala gee.

Dit is Die Antwoord se enigste show vir ‘n lang ruk voor hulle volgende week weer overseas toe fok vir ‘n paar maande om vir sold-out crowds te gaan holswaai en vloek en dans.

Dan… vir die res van julle in Zef Afrika wat nie die gig sal kan bywoon nie, het ons ook darem iets befok – ons gee 10 copies van Die Antwoord se nuwe album, Ten$ion weg. Daar is omtrent nog ‘n R1600 se freebies. Ons skop die jaar goed af.

Dis dood fokken eenvoudig om in te skryf:

  • Luister na hierdie snippet van “I Fink You Freeky” vir reference:

    Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

  • Maak ‘n kort video clip (sommer op jou foon) waar jy jouself afneem en tune: “I fink you freeky and I like you a lot”. Jy kan ‘n masker dra, jy kan jou gesig met ‘n papiersak cover. Jy kan jou hond afneem wat dit sing. Jy kry die idee.
  • Die clip kan enige iets tussen 5 of 30 sekondes lank wees.
  • Tune ons wat jy wil score – die double ticket vir Die Antwoord se gig by Arcade Empire, of ‘n copy van hulle nuwe album. Jy kan net een van die twee kies.
  • Mail jou entry video met jou keuse van prys na griffin@watkykjy.co.za
  • As jy ‘n CD kies, stuur jou naam, van en posadres
  • As jy die tickets soek, mail ons jou naam, van en ID nommer asook dieselfde details van die tjommie wat jy saam na na die gig toe wil sleep sodat ons jou naampie op die special Watkykjy lysie kan sit.
  • Die eerste 10 entries vir elke prys sal die wenners wees. Ons confirm dadelik per e-mail as jy onder die eerste 10 per prys was.
  • Cut-off is nou Donderdag, 2 Feb 14:00, maar kry jou entry so gou as moontlik by ons as jy nie disappointed wil wees nie.
  • Kompetisie is slegs oop vir mense in Suid Afrika, maar dit behoort pretty fokken obvious te wees.

die antwoord by arcade empire

Hier is die nuutse familiefoto, geneem deur Roger Ballen:

Ninja + Yo-landi

griffinWen – Die Antwoord: 10 double tickets vir Arcade Empire show & 10 copies van Ten$ion

Comments

  1. Dirk Diggler Diktros

    Art nouveau. Op sy stukke.  Deur die ore.  DDD

Gooi Comment