Watkykjy se nuus round-up. Week 3.

In Wat is nuus? deur griffin5 Eiertjies

Kruger Wildtduin onder water

Die Sabie- en die Blyderiviere was vroeër vandeesweek in vloed en het veroorsaak dat verskeie dele van die Kruger Wildtuin se kampe onder water gelaat is. Volgens Sekretarisvoël was Koning Leeu fokken moerig gewees omdat hy vir die volgende twee weke moet wag vir die water om te sak voor hy en sy pelle weer so paar rooibokke kan gaan jag. "Dis fokken bullshit" het hy gesê, "ons moet honger ly terwyl nerds soos kameelperd nogsteeds sy kos kan bykom met daai lang nek. Hy is seker die enigste doos wat nie deur hierdie vloede geraak is nie. Hy en die voëls." waarop Visarend hom die rede geval het: "Ek het fokol vis gevang! Ek duik noddefok in daai bruin gemors in nie!" Koning Leeu se vrou het ook bygevoeg: "Ons kan nie eers die mense vreet wat ondanks die vloede nog steeds met hulle 4×4's die verskeie laagwaterbrûe in die gebied probeer oorsteek nie. Dan word ons mos as mensvreter leeus gebrandmerk en geskiet vir fokol rede!"

Renoster was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Kaptein gooi 'n ninja bom

Die Costa Concordia het verlede week rotse getref op die Toskaanse kus naby die eiland van Giglio. Die kaptein van die skip, Francesco Schettino het blykbaar 'n fout in sy approach gemaak en te laat gedraai. Dis seker maar gewoonlik wat mens tune as dit so duidelik soos daglig is dat daar human error betrokke was. Wat die kaptein eintlik gedoen het, was om 'n afgetrede krimpie kaptein te probeer salueer. Schettino was ten tyde van die crash op die foon met Mario Palombo. 'n Geval van "Hey oom Palombo, check hierdie fokken move! Pwaaaaap!" – crash – "O fok!"

Wat dinge vererger is dat die katpein een van die eerste mense is wat toon geklap het toe skip begin sink het. Dis algemene kennis dat captain en crew altyd laaste moet fokof in noodgevalle. Kinders en vrouens eerste. Nie hierdie bra nie.

Sy verskoning was dat die boot teen 'n 70 grade angle was en dan hy getrip het en die lifeboat ingeval het terwyl hy mense probeer help het. Whatever, buddy! Dis soos om verskonings te maak as iemand se vrou hom iemand anders vang naai. "Ek het net Sandra se kraan kom regmaak. Ek het teen 'n 70 grade angle gestaan, toe trip ek en val met my piel in haar in. Dis omdat ek heeltyd probeer opstaan en val het dat dit gelyk het of ons naai…" – Guardian

Chick bliksem chick met skoen

In 'n hofsaak hierdie week het 'n chick skuldig gepleit op 'n klag van aanranding nadat sy 'n ander chick in 2010 in 'n Menlyn nightclub aangeval het met pepperspray en… 'n fokken skoen.

Die 23-jarige marabsie van Pierre Van Ryneveld het 'n 41-jarige vrou (wat maak forty-plus mense nog in clubs?) blykbkaar buite die kakhuis van die club aangeval nadat die marabsie agtergekom het dat sy haar bracelet daar vergeet het en die 41-jarige vrou daaroor konfronteer het. Sy het haar heel moontlik getune dat sy die ding gesteel het of iets. Die vrou het die chick gevloek, waarop die Van Rynevelder pepperspray uitgepluk het en haar in die gesig gespuit het en haar toe met haar hoëhakskoene aangeval het. Dit het alles omtrent 01:30 gebeur. Halftwee in die oggend is mense in clubs gelukkig glad nie dronk nie. Die marabsie is op 'n waarskuwing vrygelaat.

Die meisie se armbandjie kon nie vir kommentaar opgespoor word nie. – News24

Maverick se strippers in die hof. Magistraat kwyl.

"You really are beautiful, hey!" was magistraat Chumani Giyos se woorde in die hof hierdie week in die saak teen 'n klomp strippers van Mavericks in Kaapstad. Mavericks is supposedly 'n upmarket "revue bar" in Kaapstad se CBD, maar kom ons wees nou eerlik – dis 'n plek waar mans gaan poes kyk in hulle lunch breaks of na werk.

Die strippers (afkomstig van lande soos Rusland, Ukraine, Thailand en Colombia) werk blykbaar onwettig volgens die immigration act. Hulle saak is tot 6 Maart uitgestel waarop Giyos bygevoeg het "I have never seen so many beautiful women at one time. I hope to see you all again."

Dit is onduidelik vir hoe lank Giyos moes wag voor hy kon opstaan nadat almal die hof verlaat het. – TimesLive

mavericks stripper

Hierdie post is 11 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 63,240 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinWatkykjy se nuus round-up. Week 3.

Comments

  1. NoRulez

    Daai Wielie Walie move in Kruger vat die koek! Soos gewoonlik, well done!

  2. Dirk Diggler Diktros

    ……en daar pis ek my weer nat.  Inkontinensie met sulke poessnaakse artikels bly maar n fokken probleem vir blare soos ek met n prostaat soos n waatlemoen.  Adult diapers hier kom ons.  DDD

  3. Bosjakkals

    Ja, en daar spoel ons gatte hierin die bos amper tot in Mosambiek. Dis moer baie water mense!

Gooi Comment