Van Coke kartel – “Dis ‘n Land” music video & interview.

In Watkykjy Interviews deur griffin14 Eiertjies

Van Coke Kartel het ‘n music video geskiet vir hulle tweede single, ‘Dis ‘n Land’ van hulle nuwe album, Wie’s Bang wat hulle in November verlede jaar release het.

Dis redelik tough vir bands in Suid-Afrika om met befokte video productions op te kom. Budget constraints is gewoonlik ‘n probleem, maar daar kan altyd ‘n plan gemaak gemaak word en daar is altyd iemand reg om uit te help. Die ander main rede vir die min cool videos in SA is pleinweg kakgeit en onoorspronklikheid, wat in VCK se video gelukkig nie die geval is nie.

Griff het met Wynand Myburgh, bassist van Van Coke Kartel gesels om vir julle outjies bietjie lig te werp op watse tipe kak agter die skerms gebeur met hulle video shoot.


griff: In ‘n nutshell, hoe het julle dag verloop? Julle het die shoot in een dag gedoen as ek dit nie mishet nie?
Wynand: Ja, ons call time was 6h30 en ons het seker eers 11h00 met die eerste shot begin. Alles te danke aan die serious make up session. Ons het so 22h00 die aand klaargemaak. Dit was ‘n lang dag, maar ons het geweet dit sal die moeite werd wees. Ons het net gebly focus op die feit dat ons die dromme en instrumente teen die einde van die shoot kan destroy!

griff: Daar is ‘n paar kinders sonder instumente wat nou sit en huil… Gee ons bietjie ‘n idee van die video se location en set-up…
Wynand: Ons het die video in ‘n klein teater, The Theatre at the District in ‘n dodgy Distrik 6 straat geskiet. Die grootste rede hiervoor was die ongelooflike mooi chandelier wat ‘n groot rol van die set gespeel het en dan natuurlik – budget. Ons het die Jewish community ingeroep (te danke aan Jedd) om die video te doen.

griff: Dis nice van hulle. En wat was die main idee? Om Carike Keuzenkamp hairstyles te gooi?
Wynand: Die idee was om op tannie Karike en 80’s tannies te speel. Aangesien die chorus ‘n speel op haar original ‘Daar’s ‘n land van kleure en klank’ is, het ons gedink die video sal lekker daarmee gepaard gaan. Die video sou eers baie meer intense gewees het met allerhande ander karakters uit die song soos die ‘een oog koning’, moordenaar, die magnaat ensovoorts. Die budget het ons net vier tannies en ‘n befokte set gekoop.

griff: Julle het dit afgepull. Wie het met die main idee van die video opgekom?
Wynand: Die director en producer het met ‘n extravagant video opgekom en as gevolg van budget constraints het ons besluit om net ‘n performance video te doen. Die idee dat ons soos tannies gaan lyk het gestick en daar het die pret begin… dit was hulle plan van die begin af. Ons was eers effe onseker, maar was baie keen om vir die eesrte keer in tien jaar met ‘n razor te skeer.

griff: Wie was die mees ongemaklikste in hulle outfits? Dit kan nie Francois wees nie want hy’t die hele fokken tyd net gesmile in sy rokkie.
Wynand: Die outfits was darem nie te ongemaklik nie. Die hoëhakskoene was die kakste, maar hulle het ons tussen shots remove. Die sit en wag vir al die make-up op al die members was die ergste. Jedd het die meeste gekla so ek neem aan hy was ongemaklik, maar het ook gelyk asof hy in plek is met die drag. Jedd het die mooiste vrou gemaak en ons was convinced dat hy dit gelike het!

griff: Ja, hy lyk nogal scarily gemaklik in drag. Het Jedd panties ook gedra?
Wynand: Jedd dra altyd panties, maar het sykouse bo-oor dit aangehad.

griff: Jirre. Hoekom het Francois ‘n blonde pruik gekies?
Wynand: Hulle het dit vir hom gekies. Dit vervul seker maar die cliche van busty blonde front woMAN.

griff:    Wat was die mees challenging deel van die shoot?
Wynand: Die lang ure met make-up en dan soos seker enige shoot, die  ‘hurry up and wait’. Jy is lank op jou bene en jy moet daai song endless times perform deur die loop van ‘n vyftien uur shoot. Wanneer jy klaar gelunch het en moeg is, (want jy is al klaar sewe ure op set) dan is daar nog agt ure se shoot oor. Jy moet maar vasbyt en aanhou perform vir die beste results.

griff: En beste results is wat julle gekry het. Geluk, dis goed gedoen, ouens.
Wynand: Lekker bro, en thanks,.

So bietjie ekstra info:

Crew:
Producer – Darren Wertheim
Director – Quinton Lavery
Director of Photography – Darren Wertheim
Editor – Matthew James
Art Direction – Rebecca Brett & Lior Phillips
Make-up Artist – Quimaine Fourie
Camera Assist & Gaffer – Pierre De Villiers
Production Assistants – Paul Gardyne & John Dodds

Catering – Julsie Babe

Location: “The Theatre in the District” (Cape Town, South Africa)
Shot on: Canon 7D with an 8-15mm Canon Lens
Edited on: Final Cut Pro


En net om vir julle te wys hoe ver music videos al gekom het in Suid-Afrika, gooi ons tannie Carike Keuzenkamp se music video vir Dis ‘n Land. Hierdie tune het expats wat vroëer jare Londen toe gefok het om hulle self te “gaan vind” baie huilerig gemaak en laat verlang na mamma, pappa, Marmite, Afrikaans, lyfstraf en.. fokweet.. die weermag?

griffinVan Coke kartel – “Dis ‘n Land” music video & interview.

Comments

  1. Dirk Diggler Diktros

    vck – stunning ensemble all over!!!.  Wereldklasproduksie.  Hou net op bitch oor als en wees professioneel – dis n fokken video shoot, nie kindekransdans nie.  DDD

  2. Willem Wikkelspies

    Ek dink hulle kan gaan leer by ou rockers soos Metallica hoe om te sing van pure  befoktgeid en nie maak of jy net kwaad is nie. As jy wil skree doen dit dan. Nie sing met die handbriek so op 40% nie….
    Ek glo ook julle kan better doen. Dis nie 'n performance vir die ouetehuis nie.

  3. knater water

     
    Jirre daai tannie Karieka was n fox op haar dag, ek sou haar zaber "all night long"

  4. Prof. Bokdrol

    Jirre, met dik genoeg bierbrille kan mens jou fokken lelik misgis hierso…en hard gepoes word in die proses – wie's die piece in die rooi rok? Julle moet lekker kakpraat van tannie Carike – haar greatest hits verkoop meer as 20 jaar later nog vir R38.95 op kalahari.net terwyl Musica daai fokken afgryslike Witbank coasters van Jurie Els verkoop vir R5, né? En jy moet haar CD (of Kompakte Skyf, asseblief – tannie Carike is streng Afferkaans, as-U-blief) bestel en dan wag jy 'n week vir aflewering. Daarenteen kan jy Jurie Els se CD optel soos 'n goedkoop rentpiece by die naaste Virgin Active – vra maar net vir Robbie Klay…

  5. Ou de Doos

    Prof, goed gesê !!
    By the way, is dit verkeerd om goosebumps te kry met tannie Carike se song ? Ek wonner maar net….
    By the way2, was daar nie op 'n stadium 'n ding hier op WKJ oor die original van die tannie se song nie ?

  6. Stofstreep

    Dis juis as gevolg van daai gesteelde tune dat ek nie die YouTube clip in Duitsland kan view nie. Hier word elke fokken YouTube clip ge-block wat 'n tune bevat waarvoor GEMA (die duitse version van EMI/Sony/etc) die regte het.
    Gelukkig kan ons darem nog Van Coke en Jack Parrow se tunes hier gooi sonder onderbreking.

  7. BillyHill

    Daar sit almal weer en vaskyk in Tannie Karretjie Keuzenkamp se mooi gesiggie en besef nie wat in die verlede gebeur het nie. Dit was alles een fyn georkestreerde strategie om die land en sy jong mans te brainwash. (Moenie nou kom en my beskuldig  van die punt mis met die Illunimate en Conspiray Theories nie) Waar in die lewe het jy n musiek video gesien met Mirages, Choppers en kanonvoer wat n hit geword het. Almal was gebrainwash on die Rooi Gevaar te gaan veg vir "Volk en Vaderland" en waar is die land nou? Poerdes merdes.
    VCK is op die regte pad. Verander die taal na n internasionale taal en die kans is 90% + vir hits in die buiteland!

  8. David

    Fokkit Billy, was dit nou nodig? Het ek regtig grens toe gegaan vir niks nie? Nee nee net nie dit nie.
    Gaan fokken was iemand se voete jou treurige nai, en koop 'n aanvaarbare persoonlikheid in die proses

  9. Dirk Diggler Diktros

    Vertel hom David.  Laat hy die sand uit sy poes gaan was voor hy weer bek rek.  DDD

  10. BillyHill

    David en DDD
    Whooaaa! Af van die perdjie en lei hom eers n bietjie koud.
    Gaan een vir een deur die stellings wat gemaak is en bring die bewyse dat enige van hulle verkeerd is.
    David, Ek hoef niemand se voete te was nie. Ek self was deel daarvan. Sommiges is egter soos n agt dae oue hondjie, die oe gaan oop, ander s'n glad nie.
    VCK het goeie musiek en die video is uit die boonste rakke

  11. Dirk Diggler Diktros

    Ek herhaal myself nie.  Word sommer gou beter.  DDD

Gooi Comment