Score ‘n boek – Wortematie

In Kompetisie deur griffin4 Eiertjies

Wortematie is 'n Afrikaanse studenteroman wat in 2001 in Stellenbosch afspeel en is Wortel Strydom se debuutroman. Dit is 'n studentestorie wat wortematiegaan oor al die kak wat koshuisbrakke aanvang en die poetse wat hulle vir mekaar bak. Obviously is daar 'n romantiese storielyn ook, anders sou dit nie 'n roman genoem word nie.

Wortel se lewe is soos 'n bottel bier – 'n bietjie bitter, maar eintlik moerse lekker… tot iemand hom skud. In twee weke word hy geskud soos nooit tevore nie. In die chaos nadat vliegtuie New York se hoogste wolkekrabbers verwoes het, bekommer Wortel hom oor veel belangriker dinge: 'n meisie, 'n rugbywedstryd en 'n Ekonomietoets. En hy besef hy het 'n Lex Luthor.

Die boek is maybe nie almal se glas brannas nie, maar as jy enigsins geswot het op Tech of Varsity sal jy die boek geniet. Especially as jy in die koshuis gebly het of tjommies gehad het wat in die koshuis gebly het, nie geswot het vir eksamens nie, kak aangejaag het en basies jou ouers se zak gemors het op jol en drank.

Ons gee twee copies van die boek weg vir die twee beste stories oor kak wat julle aangejaag het op skool, varsity of die hoshuis. Die skrywer, Wortel Strydom, sal besluit wie die wenners is en vir die twee wenners 'n signed copy elk stuur.

Mail vir ons jou staaltjies na griffin@watkykjy.co.za. Ons sal so paar van die bestes op Watkykjy gooi. Maybe het jy 'n ou foto of twee wat saam met jou kakmakery gaan.

Jy het tyd tot Donderdag, 26 Janurie.

Deel met jou tjommies!

    griffinScore ‘n boek – Wortematie

    Comments

    1. David

      Once, at bandcamp….
      Ek het fokol stories nie, ons is te hard gebliksem as ons kak aangejaag het, en die kak wat ek aangejaag het mag ek nie publiseer nie. Ekt juis gehoor Piet Beylefeldt is nog besig met van daai sake. En anyway ek kan nie lees nie

    2. G-Unit

      @David was jy dalk tussen 2002 en 2005 in Huis Visser? Mooi tye.

    Gooi Comment