Lekker kinderagtig

In Snotstories deur Watkykertjie bydrae9 Eiertjies

Ons het op hierdie blast from the past afgekom in Watkykjy se archives…

deur Ali Baba


Ek het gisteraand my ergste vorige idiotisme by verre oortref.

Ek en my goose wil so nuwe Hollandse fliek, Twin Sister gaan kyk by Rosebank se arty farty teaters. Dis die eerste keer in ‘n lang tyd wat ons alleen uitkom en nogal ‘n goeie fliek kan gaan kyk.

By die teater koop ek ‘n koffie by die koffiewinkel Tribeca wat op dieselfde oop vloerplan as die teater is. ‘n Mens neem aan dis deel van die opset.

Toe ek by die hekkie kom waar mens ingaan na die flieks toe tune die mannetjie met die onderbaadjie my ek word nie toegelaat om die koffie in te vat nie want dis nie by Ster-Kinefokkenkor gekoop nie.
Ek sê toe vir hom: “Maar ek doen dit nog altyd.”
“Nee”, sê hy, “dit word nie toegelaat nie”.
Ek sê toe vir hom: “Jy laat my nie toe om te drink wat ek wil nie?”
“Nee”, sê hy, ” dit kom van hoofkantoor af”. Ster Kinekor verkoop nie eers koffie nie, dink ek na die tyd.
“So, julle wil hê ek moet julle R15 Cokes koop en dit drink maar ek mag nie my eie goed eet of drink nie?”
“Ja”, sê hy.
“Dis fokken outrageous!”

Ander fliekgangers begin al gesteurd na my kyk. “Ek soek my fokken geld terug”. Ek raak nou erg irriterend. Die mannetjie met die onderbaadjie roep ‘n groter weergawe met ‘n groter onderbaadjie nader. Sy mond begin so halfpad oopmaak maar ek is nou een van daai hardekwas poese wat jy so haat in restaurante.

“EK soek my fokken geld terug”.
“OK sir”.

Hy’s in ‘n oogwink by met die moerse afslag R22 wat ons danksy Discovery vir twee flieks betaal.

Ek dink by myself: “Wat de fok doen jy nou? Moerse, jy’t jou 22 rand terug en jy het die aand vir jou goose opgefok.” Sy is reeds in die agtergrond besig om die mannetjie te troos en te probeer om die situasie te beredder. Ek weet voor my siel ek gaan nie my trots in my sak druk en vir die ou sê hy kan maar my kaartjies terugbring en “hier is vir jou ‘n koffie ook” nie. Maar ek weet ook hierdie is ‘n moerse antiklimaks en ek kan netsowel bietjie meer mileage uit die situasie kry. En in ‘n verblindende rasionele inspirasie-oomblik smyt ek die hele R12 halfliter Tribeca koffie op hulle weelderige foyer mat uit. En moer die koppie agterna.

Toe ek inderhaas met die elevator opskarrel gooi ek nog vir die bewende plekaanwyser ‘n zap ook. Wat ‘n fokken idiotiese wit man is ek nie? Anyway, my goose was vir so 20 minute hoogs die bliksem in maar later het sy gelag. En toe sy oor dit is toe voel ek nog soos ‘n groter etter.

Ek het ‘n fokken vakansie nodig. Hel.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
Watkykertjie bydraeLekker kinderagtig

Comments

  1. Euroafrican

    Fokken Awesome! Ek sou die selfde kak aangevang het, maar sou nie sleg gevoel het noe, of spyt gewees het nie. My goose sou my miskien gemoer het!
    Salagatle!

  2. Jagter

    Eendag gaan die skryfwer sulke tipe tricks met die verkeerde ou probeer en die ou gaan sy tande uit sy bek uit poes. use it, don't use it.
     
     

  3. Dirk Diggler Diktros

    Fokken rokspaaider.  Jy moes laat die goose vir als betaal het!!  Simpel etter.  DDD

  4. Prof. Bokdrol

    Mmmmm…Emsie Schoeman sou fokkol impressed gewees het, Ali Baba, maar ons verstaan, ons society is so gefok en al die hectic alledaagse kak dryf mens tot crazy shit. Voorbeeld – So 'n paar maande gelede tailgate hierdie fokken doos my mos al die pad af in B(T)osmanstraat in Pitooria, ek wys vir hom hy moet fokof maar die kont is spiteful (moerse dapper in sy 4×4, natuurlik, en ek wil nou nie juis my nuwerige Duitse motor krap nie) en toe die eerste robot ons vang toe ry die poes nog met opset tot reg op my bumper en stamp my net so liggies – hy ry mos 'n 4-by-fokken4 after all, jy weet. Kyk, mens word gedurig van agter af gevat deur koeltekonte met laser-traps, en die Mislikepaliteit met waterrekeninge wat die Vaaldam sal skaam maak, en SARS wat wil weet hoeveel keer het jy hierdie jaar genaai sodat hulle Pleasure Tax kan hef, en die Aaa-En-fokken-See sodat hulle BMW's en blou ligte en ekstra Boeings kan koop met jou zak, en jou bank, en jou company, maar hierdie is bietjie anders: in plaas van 'n naamlose breindood etter aan die anderkant van die call centre nommer is hierdie 'n real life fokker, hier onder jou neus en binne jou bereik, wat kak soek sonder rede. Net daar strip ek meer moere as wat die hele fokken eerstejaar inname appy's by die Brakpan Akkadeemie vir Mekênnieks op 'n goeie dag van kan droom, en ek klim uit my kar en druk die flicknife wat ek altyd dra teen sy nek en tune hom ek gaan sy poeslike fokken tailgating keel afsny omdat hy soos 'n fucknut bestuur (lekker fokken stoopit om jou 4×4 se venster oop te los as jy kak soek met ander mense in die verkeer, né?) Ennieway – op die keper beskou was dit fokken versteurd, man – die ou kon 'n .38 of so iets in die cubbyhole gehad het en my net daar lekker fokken loodpille gevoer het ' "Yes I did kilt him, but it wuz self defence, djou Honnor?" Gelukkig het hy toe nie (soos julle dalk mag opmerk aan hierdie relaas) en van daar af het hy 'n blok agter my gebly, 4×4 en al. Ergste van alles is dat die kont my gestamp het net toe die Commendatore begin sing op die draadloos – dis seker wat my die meeste die fok in gemaak het. Hierso – dis iets soos Rammstein circa 1787:
    http://www.youtube.com/watch?v=yOw1NLizCZA&feature=g-vrec&context=G24b8a5dRVAAAAAAAAAw

  5. Knersus

    Kyk ek hou van koffie, maar persoonlik sou ek eerder daai fokken Coke gekoop het, en ‘n hip-flask vol Ricky Louw ingesmokkel het om die R15 Coke bietjie beter te laat smaak…. Maar ek is die tipe ou wat eerder East Rand Mall se flieks toe gaan as Rosebank….

  6. casper

    skrywer gaan eendag sy tande met gebreekte vingers optel

Gooi Comment