Laasweek se zefspotters

In Zefspotters deur griffin8 Eiertjies

As jy hier by die 10de Desember rond gefokof het op holiday, sonder interwebs was en vandag vir die eerste keer weer terug is by die graft is jy so paar kakke agter op Watkykjy. Moenie worry nie, jy kan hier begin en jou pad vorentoe werk. Jy gaan in elk geval niks wil doen terug by die werk nie, maar jy wil ten minste "produktief" en "besig" lyk.

Mag 2012 jou nie 'n mielie in die hol rol nie. Hier is laasweek se Zefspotters:


Hi Griff

Hierdie zefmobile was by Hibberdene gepark. Hy het ñ Vrystaat nommerplaat gehad, ek vermoed die eienaar bly in Welkom.

Henry
hiberdene

Zef kar en eienaar
Francois

1

2

Zoom in as jy moet – PE early December 2011 – "tik kop" is nie 'n ref. na die dollie in die kantoor nie, (of is dit?)

Regards

Jagged John

tik koppe

Hi, Griff

Ons was vandag deur na Makado/Potties toe, en toe sien ek die bord teen 'n muur.
Gedink julle kan dit dalk met ons mede mens deel…

Ulrich

janwurm

Yes Griff,
Ek het hierdie beauty gespot tussen Delmas en Nigel.
Asof die twin-exhausts, poes groot wing,  en Blou-tril stickers nie genoeg is nie, het die fokker ‘n geraamte aan sy aerial, ‘n tier-vlag op sy boot se speakerboard, en ‘n fokken DVD screen agter die headrest vasgestrap met cable-ties…

Cheers,
Geno

nigel kadet

Deel met jou tjommies!

    griffinLaasweek se zefspotters

    Comments

    1. psycho_child

      Wat vir my snaaks is, is dat al die fokken ou mense die fokkon tapid zef karre maak, tot hier in die Rand van die Fonteine is dit net toppies wat die arme kare so op fok… Moet hulle nie hul geldjies spaar vir hul ou dag ni? Tien teen een gaan hul, hul rolstoele ook hologram mags en met blou trill stickers plak met sound… Because that’s the way we roll!!! Soos die wyse Yo-landi se “nobody takes us seriously cause we roll around in this kak” if you wanna be next level we gotta ROLL next level my blaar!!!

    2. Prof. Bokdrol

      Ek wil net graag vir Geno vra waffer wiele hy mee rol? Selfs met vernuftige speurwerk (na 3 brewskis) kan ek noddefok uitmaak watse wiele het so 'n hump op die bonnet nie?

    3. psycho_child

      Prof dit is miskien n kont… Urg en meen n Colt.

    4. Trilvel

      Prof Bokdrol,
      Dis 'n Isuzu 3.0 D-teq. se bonnet daai.

    5. psycho_child

      Of n mazda MPS… Mazda nie n beter kar as dit ni!

    6. Gertjie

      Jirre Ulrich, dis fokken duidelik dat jy nie baie goed met aardrykskunde was op skool nie!!! Since when is Potties en Makhado dieselfde fokken plek? Potties = Mokopane EN Louis Trichart = Makhado!

    7. Prof. Bokdrol

      Gertjie, ons Afferkaners was nog nooit goed met aardrykskunde nie – vandat Jan "Bong" van Riebeeck innie Kaap uitgekamp het, so hoog soos 'n fokken spook op Tafelberg se beste kwaliteit papegaaislaai meeste van die tyd (let's face it, hy was definitief rigtingbefok – sy pampiere sê fokof Java toe, maar hy poes halfpad deur die reis in Strandstraat vas?) het ons sedertdien nie mooi geweet wat om ons aangaan nie. Na 'n paar luilekker jarre innie Kaap in, my broe – it was like, uhhh, radical colonialism, dude…(met hees pruilmondjiestem en heavy knipoë na 'n diep teug aan die hubbly, terwyl jy jou dreadlocks oor jou skouer gooi…) kom die Rooinekke aan en fok die hele paartie op, en die enkeles wat oorbly wat nog die bordjies kon lees, besluit: Ingeland se poes! Egipte en die Beloofde Land wag vir ons – ons fok Noord! So tos ons toe aan vir baie jare, tot ons weereens, lekker rigtingbefok soos ons toe nou al is, in 12 verskillende plekke opeindig (nadat ons eers goed kak gesoek het met mekaar, soos Afferkaners se gewoonte is: "Fokof, Andries! My voorlaaier is groter as joune, EK is die nuwe (draad)Trekleier!" en (sekerlik weereens vol papegaaislaai) 'n bees se pisplas aangesien het vir 'n rivier – "Oooeeee! Checkityt, Trekkers! Dis die oorsprong van die Nyl! Ons is amper in fokken Egipte – Nylstroom is jou naam!!!" Skaars tot verhaal gekom en weer bietjie ge-settle, toe is daar éérs groot kak: die Aaa-En-Fokken-Seee kom aan bewind en poes die hele Scrabble-spel deurmekaar en ons moet weer van voor af leer waar de fok ons nou eintlik is: Modimolle, Bela-Bela, Makhado, Mokopane – jirre ek was vandag Nelspruit toe, ek sien bordjies wat sê "Mbombela" en kak my vol omdat ek dink ek is laat, en eers toe ek by 'n tolhek vol toasted Porras met AK47's stop toe kop ek die fokken plek is 120 klieks agter my…

    Gooi Comment