Jack Parow in jou moedefokken koekie

In Snotstories deur griffin3 Eiertjies

Stefanus Phillipus Swanepoel, bekend aan sy vrinne as Fanna al die pad van Bultfontein innie Vrystaat se pragtige preggies vrou en haar vriendinne het besluit om Fanna se verjaardag hierdie jaar baie spesiaal te maak hier in Kampala (Uganda).

Julle sien, laat Maandag middag is ek en my wip via WhatsApp genooi om Woensdag aand by Riaan Pyper of "Pyp" soos die manne hom roep se plek te gaan draai vir 'n paar brannas en prego rolls om Fanna se verjaardag te vier. Daar aangekom brand die vuurtjie al en ek word sommer so deur die kar venster al 'n Ricky Louw innie hand gestop toe ons in trek. Needless to say het dinge net lekkerder geraak van daar af. Marinated steaks is op die vuur gegooi en dit was nie lank nie toe skep die vrouens op.

Na ete skree Pyp van buite by die vuur vir sy vrou: "Baby, is daar dan nie poeding vanaandie?" Dit was blykbaar die cue want Pyp toe loop innie sitkamer in, crank die hi-fi op met 'n vet Jack Parrow tune en almal word kombuis toe gesleep waar die mooiste verjaardag koek in die wereld vir die man van die uur staan en wag. Ek se jou, as Fanna nie ore gehad het nie was daai smile reg romdom sy kop!

Obviously is Fanna is 'n groot fan en kan nie wag dat sy nuwe album die rakke te tref nie. So JP, as jy hierdie lees moenie dink jy is cooler as Fanna. Vat daai goue marker pen van jou, autograph 'n copy en stuur vir hom. Ag toe man asseblief.

Kapelaan Ledigheid

IMG-20111130-00326

IMG-20111130-00330

IMG-20111130-00331

IMG-20111130-00332

IMG-20111130-00333

griffinJack Parow in jou moedefokken koekie

Comments

  1. Pyp

    Ha, brilant! Dit was inderdaad 'n fantastiese aand, na al die harde werk was dit verseker die moeite werd. @ Kapelaan Ledigheid, Baie goed vertel.
    Wel gedaan ou maat.
    Groetnis
    Pyp

  2. Lauren Wepener

    Puik aand gewees!  Corne, jou so-en-so! Ek dog toe ek kyk lees bietjie watkykjy voor ek huis toe gaan en daar spring Fanna vannie bladsy af!  Kon eers nie lekker mooi verstaan hoekom lyk die man en die koek vir my so bekend nie!  Delayed reaction! Haha!

    Goeies.
    Lauren

Gooi Comment