Dis laaaaang naweek, kom ons fokken duik!

In Dis naweek kom ons fokken duik! deur griffin3 Eiertjies

Ons weet dat van julle nog by die werk sit en shots in die boude moet vang by jou baas of konterige clients of daai dik tannie met die kort rooi hare en die brille met die chains van HR. Dis tyd om te duik, my bra. Vat jou stapler en fokof.

Op Kersdag gaan ons 'n heavy bumper edition gooi op Watkykjy met mooi meisies, 'n video van 'n krismisbox charity vibe wat ons saam met Blink Stefanus gedoen het om mense uit te help asook Chopper wat uitfreak oor krismis goeters. En nog meer.

Doen jouself 'n guns hierdie Krismis: As jy 'n heavy kak persent gekry het, neem 'n foto daarvan. Ons sal jou op Kersdag tune hoe om beter persente te kry aangesien ons so paar Watkykertjies se Kersfees wil beter maak. Die jirre weet, die lewe kan soms super onregverdig wees op Kersdag. Ons is hier om jou te help sodat 2012 'n beter begin het…

Klim nou in jou kar en fokof  en hou op om jouself so te straf. Hierdie gaan 'n lekker naweek wees. Dinsdag is boonop nog 'n vakansiedag ook nadat Kgalema Motlante hom so verklaar het. Blykbaar is dit Kgalema-nog-so-bietjie-dag.

lang naweek

griffinDis laaaaang naweek, kom ons fokken duik!

Comments

  1. David

    Cheers almal, happy happy en al daai mooi goed. Wees veilig op die paaie, mense ry soos konte

  2. Prof. Bokdrol

    David,dis 'n kwessie van perspektief – nou die dag hoor ek op die traffic report 'n waarskuwing oor een of ander mal kont wat teen die verkeer in ry op die N1 by Allandale rigting Pitooria. My (blonde) vrou werk daar rond en ek bel haar om haar ook te waarsku teen die gek poes – sê sy vir my: "Jirre skattie, dis fokkol daai – ek het sopas op die N1 geklim en ALMAL ry soos mal konte in die verkeerde rigting…"
    Lekker Krismisnaaiweek almal – laat ons duik…

Gooi Comment