Daar is alweer fokol op TV

In Gorrel kakpraat deur griffin31 Eiertjies

Ons is geneig om fokken maklik te kla dat daar net mooi niks op TV is nie, maar ek wonder of dit altyd die waarheid is. Tel bietjie jou DSTV remote op en flip deur so paar channels. Ek is seker jy sal iets vind om te kyk. As jy een van daai mense is wat kla dat goed die hele fokken tyd herhaal word, moet jy seriously sonlig inkry, want om vir 24 ure lank straight vir die kassie te staar is about net so gesond as om heeldag te sit en pyp skoonmaak tot jy manbotterloos is. Dis ook ongesond.

Check bietjie hoe het dinge in die 80s gelyk. Jirre outjies, die kinders het dit sleg gehad. Ses ure TV per dag en dis fokken dit. Hoeveel van hierdie programme sou jy nou kyk as dit al was wat ons gehad het?

80sTV

Jy sou Pop Shop gekies het, right? Elke week sal jy wag tot Vrydag om Pop Shop te kyk, 'n supercool musiekprogram wat 20 minute lank is sonder enige advertensie breaks. Jy moes jou pis inhou en hoop jou pa stuur jou nie kafee toe om vir hom Chesterfield 30's te gaan koop nie. Jy kon ook fokol tape, want daai eerste VHS recorders het about net so baie gekos soos jou ouers se Datsun 120Y. Plus dit was van die duiwel af…

Of sou jy Pop Shop gekyk het? Kry bietjie insig in retrospect:

Jirre Cedric Samson, waar kry jy daai fokken hectic outfit?

Deel met jou tjommies!

    griffinDaar is alweer fokol op TV

    Comments

    1. moertoe

      My fok, daar's ou Derrick ook! Stefan Derrick and Harry Klein bobaas speurders!
      Ek sien die porn channel was toe ook al op die kassie op Vrydae met "Moemfie"

    2. Jakes

      Vale fok. Kry mens meer gay as Cedric Samson toe hy op die stage klim?

    3. Stoffie

      Nee wat later in die 80's was Karl Kikillus nog beter gewees.  Ten minste was daar Maandae oggende al die advertensies wat deur die week gewys het – weer gewys in omtrent 'n uur se tyd.  Die ouens was nie so kreatief en moer snaaks soos Nando's nie (want Nando's het nie bestaan nie – ek dink), maar dit was cool en jy kon lekker lag.  Ek onthou ons het daai tyd 'n cool plek gehad om te speel: BUITE !!!!!!!

    4. A Daft Scots Lass

      I used to tape Pop Shop on our Phillips Video Recorder and play those Culture Club, Duran Duran and Ultravox music videos over and over.

    5. Joe Poos

      Moemfie is 'n olifant
      'n Regte heer en so galant
      Sy maniere ken hy al te goed
       
      Vir een of ander rede, teen die tyd wat ek hoerskool begin het, het moemfie poes beteken…

    6. Dirk Diggler Diktros

      …en om te dink Cedric se line was "born to be wild".  So wild soos n luidier/slaapdier miskien, maar ek wil nie wreed teenoor diere wees nie.DDD

    7. Arno aka Dude

      Ek sal nogal smaak van tales of here and everywhere, onder daai apartheid ban ding wat almal se oe toe gemaak het

    8. Craig

      Moemfie…..wtf is dit? Laaste keer wat ek dit gehoor het was toe ek my ex girl op die koek geskop het toe sy kak gemaak het. Eina!! My Moemfie!

    9. Prof. Bokdrol

      Nog erger, partykeer was daar fokkol op TV in darrie jarre…ja almal het probeer lyk en aantrek soos Duran Duran, ons het almal sulke moffie-mullets gedra, saam met sulke baggy los klere (onthou iemand nog die Nine Big Boys klerelabel? Hulle het daai meelsak-tipe stuff gemaak wat Cedric Samson hierbo dra.) Die gerugte het geloop dat Groot Krokodil die hele aand kiertsregop gesit en wag het vir sy favourite program, Oordenking, dan was SAUK se sluiting met die wapperende landsvlag en Die Stem sy fluffer sodat hy gou kan hardloop om tannie Elize te gaan spyker voor middernag. En daar is die finale bewys TV was gesensor in darrie jarre: daar was blykbaar min genoeg kak wat die fan gestrike het in die wêreld dat hulle alles in 10 minute kon indruk – ja fokken sure…

    10. #1 Pisscat

      Jissis, moemfie direk na boekevat….. I laaik it !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
       

    11. Kameel Tril

      Wie de fok is hierdie Cedric Samson ou? Hy lyk soos 'n gay weergawe van Don Johnson. Stem saam, al hierdie programme was kak gewees, behalwe Derrick, die oubaas is nog steeds koning na al die jare. Maar ten spyte van die feit dat al hierdie programme kak was, mis ek hulle nogal.

    12. RumPram

      My goose vra: "Wat's op die TV?"
      Ek sê: "Stof"
      Dis hoe die kak begin het…

    13. malmaxs

      Daars fokkol op tv. 1980’5 tv kan eke onthu, pop shop was cool. Die kak wat ek gisraand moes kyk, uiters kak. HARRY TOTTER… Bring trug ons ou tv programme

    14. Jagged John

      19 minutes a week out from under the Narcboot inspired a lifetime. We survived so well on so fuckin little. Good memories. 

    15. Allan Boesak

      Kry vir jou n bietjie MOemfie , Sarag , die 19de , om 5:34 ! Onthou die man in die Boot sit bo .

    16. Arno aka Dude

      Hoekom romanteseer ons altyd die verlede, daar was net so baie kak soos nou, maar ons wil dit nie onthou nie?

    17. JagsJannie

      Heimwee maats! Heimwee! Die Staat van die dag het gelukkig goed gedink om die pedantiese kont gereeld na die suide van 'n ander land, kosteloos, vir "vakansie" te stuur. Aldus nie rerig tyd gehad om fokkol te sien nie. Maar bring ou herineringe terug van Top 20 en Radio LM op die B25 inluister. O en amper vergeet ek, die CC eindstryd tussen WP en Vrystaat. Toe al het my span op hulle bliksem gekry. Doen steeds so voort

    18. Ou de Doos

      Was "platepraatjies" nie 'n afrikaanse musiek program met Tannie Carike, Rina Hugo, Anton Goosen, ens ?? Daar was langspeel plate ook , bv. "Platepraatjies Vol 3).

    19. Dirk Diggler Diktros

      Classic Rum Prum – een van daai wat mens net een maal in n honderd jaar hoor.  HA-HA-HA-HA.  Yster pappa.  DDD

    20. Willem Wikkelspies

      Ek onthou daai tye. Reg na die vlaggie op was kry jy net test pattern tot more oggent. Of as jy gelukkig was om BOB-TV op te vang en te roofkyk was daar gewoonlik iets om te kyk. Dink Riaan Krywagen het daai tyd nog gelyk soos hy nou lyk met die nuus om 6uur. Dink dit was ook nog voor "body beat" se tyd…

    21. Dirk Diggler Diktros

      Jammer dat die Tierbriegade toe al reeds verby was,,,, DDD

    22. Petrus Ponkiediel

      Fok!!  Dallas!! Die hele fokken SA het gesit en Dallas check, cops en army ingesluit

    23. maljan

      holy shit jy sal moet groot ballas hê om so wit nommertjie te dra. in my buurt sal jy gepoes klap word..
      intens hectec

    24. viv vermaak

      Moemfie is 'n Olifant. 'n Regte heer en so galant. Sy maniere ken hy al te goed. Maar 'n kehs met puntjie hoed, loer met oe kwaai en skeel – sy wil Moemfie se maniere steel! Moemfie ek weet 'n kerel soos jy bring dit nog ver. In die dennebosse is jy 'n ster! (Moemfie, moemfie, moemfie, mofie….) Moemfie en jy sal in vrede altyd daar bly, Strooijors sal nog sorg vir jou en my! (Moemfie, moemfie, moffie, muffdiver…)

    Gooi Comment