Briefie uit die Weskus

In Snotstories deur Zirkie7 Eiertjies

Liewe Ma

Hoe gaan dit nog aan daai kant? met my gaan dit dit goed…

 Wag, laat ek oorbegin. Jy't altyd vir my gese dat ek oorsponklik moet wees as ek skryf, veral in die "romantic art of letter writing"…maar jirre, selfs jy sal moet erken dat daai idee nie heeltemal van pas is in 'n brief aan jou Ma is nie…Behalwe as jy Oedipus is, en die enigste rede hoekom ek weet wie daai motherfucker is , is omdat jy so baie gehou het van mythology, en omdat ek hou van woorde klink soos "pOEs"  🙂

…en voor Ma my kak gee en heeltemal  "grammar-nazi-en wadifok-doen-jy!" gaan oor die smiley-face emoticon wat ek nou net gebruik het; dis fokken aanvaarde taal deesdae, opgevat in die Oxford English Dictionary in 2011. LOL ook….ja jirre, kan jy dit glo? 

G'n wonder 2012 is the "End of the World" nie…good riddance, soos jy altyd gese het!

But back to the subject at hand.

Jy het verlede keer vir my gevra "hoe gaan dit op Die Dorp en met Pa & Sy Girlfriend"?

Die laaste keer wat ek jou die woord "girlfriend" hoor se het was:  "Jou Pa kan in sy P#@s in vlieg met daardie nuwe  GoDt**FH#%#$$% flerrie-Girlfriend-HOER!!! wat hy nou het. Hy kan sy "Poesbly oor Visbiltong!!!" musiek en daai F#@$#@sLeepSLET!!!!! maar kry!" …So dit was baie groot van jou om haar existence weer te erken, en ek dink jy maak baie goeie vordering!

 …Ek blameer jou ook nie omdat jy ge-fokof het nie, maar jy weet dit obviously al klaar. Jy was altyd te goed vir hierdie plek, vir hierdie kak klein weskus dorpie. Maar ek weet jy't darem 'n paar goeie tye hier gehad, en soos jy maar altyd doen, lewenslange vriende gemaak. Vriende wat DIE MOER IN was toe hulle hoor Pa het 'n nuwe Girlfriend!

Dit sal jou miskien bly maak om te hoor dat Pa jare se kak kry by die mense op die dorp.  Candy en Stella het vir Hom en Sy Girlfriend heeltemal afgeskryf, Oom Pieter Lukas en Oom Pieter Kreef laat hulle nog steeds nie drink by die wielhuis nie, En Adel Tiete het op Adel Kroeg se 21rst so dronk geraak, dat sy Pa se ander tand uitgebliksem het! Hy't nou 'n proper passion gap, en almal in die bar spot hom en noem hom 'n "Vet Wit Berghie!"  Ek dink hy's 'n "Vet Wit Kont", en lag lekker as hy vra vir 'n bier by Emperors, en  Groot Dougie dan altyd vir hom 'n quart bring!

Ma moet dit sien! dis fokken snaaks. Jy't altyd gese "die mense op die dorp is goed dood, en dood goed" en ek kon dit nooit regtig verstaan nie. Ek dink nog altyd net hulle is verkak!

Want eerlik waar, aangesien Ma wou weet, dit gaan met Die Dorp en Sy Mense, en met Pa en Sy Girlfriend, nog presies dieselfde. nog na al die tyd.

Dis limbo, waarin niks ooit verander nie, behalwe die gesigte op die lywe van die tiener-ma's en die bottels agter die bar, wat leeg word en volgemaak word, leeg word en volgemaak word…daar's 'n ritme op 'n klein weskus dorpie, so seker soos die see, so skuimerig soos die mense, so sout soos hulle se taal. As jy nie versigtig is nie, dan kan en sal dit jou meesleur, en jy sal  verdrink met 'n glimlag op jou gesig en 'n dop in jou hand.

Hoe's daai vir kreatief wees?

Moet nou eers gaan, want soos jy laas keer kwytgeraak het;  "kaklang briewe is kak boring!" …Jy moet bietjie werk aan daai woordeskat Mamabol, jy kon dit baie beter gese het! en ja ja, ek sal kom werk soek daar bo by julle as ek opkom volgende jaar, en vir my 'n regte girl kry en ophou tik verkoop, etc.  Jissis, Ma worry regtig te veel…

Baie Baie <3 vir Ma

Jou beste seun

Zirkie

P.S   Groot en Kleinbuks stuur groete en se hulle mis jou. Yvette, Tanya en Tanja, Candy, Stella, altwee die Adel's, elkeen van die Pieters, Rozelle, Rozier, Myrtle, Auntie Dol, Auntie Jack, Oom Jack, Jackie Slet en Jackie Nurse, die Wildeboer sisters, almal by die bar, almal by die hawe, en almal by die visfabriek mis jou ook.

P.P.S   Ek mis jou meer as enige van daai fokkers. LOL

1poesbly-frontcover

2visbiltong backcover

3visbiltong straat

4poesbly visbiltong

5sweet16

6weskus universiteit

Deel met jou tjommies!

    ZirkieBriefie uit die Weskus

    Comments

    1. JagsJannie

      Dankie vir fokkol nie, Zirkie. Kak nikseggende fokken brief jou dom voorvel! Velddrif is egter fokken cool

    2. Jo Poos

      god, verlang ek nou terug na my kinderdae… lyk my Vellerif is nog maar steeds dieselfde en Kiewiet doen nog sy ding. miskien moet ek loop draai maak wanneer ek vir krismis vir my ouers op Vredenburg gaan kuier…

    3. Dirk Diggler Diktros

      Zirkie, die brief tref my as n diep narratief van n gesifistikeerde, gesertifiseerde skisiofreen wat , op poesgoeie tik, met sy een voet in Jozi downtown wil staan, met sy ander in die Cape Flats en hoop die wind waai sy piepie tot innie onrustige water van die souterige weskus.  Dit lees soos die werke – die sonnette, nie die kak stories – van Shakespeare.  Op eerste oogopslag se dit als maar wys niks, maar op derde oogopslag wys dit als maar se fokol.   Nou gaan ek maar eers suip tot ek my eie kak verstaan.  JJ, julle manne van die wilde weste – weskus is die fokken diepste wesens op aarde, dit vat n driekwart bottel om te begin kop wat julle kap.  Karakters wat geen geld of goeie gom kan gorrel nie.  Groete.  DDD

    4. JagsJannie

      Jo Poos, wens kon weer by hotel draaimaak. groot vriende van my wat baie eiendom, fabrieke en skuite daar besit! Daai hele familie is baie naais mense.

    5. JagsJannie

      DDD, innig dankbaar vir jou gesofistikeerde ophemeling van ons. Sien uit om eendag jou met 'n paar "Namibiese Huis-wyntjies", of meer bekend as Jagermeisters, te kan vergoed.
      Anthrax, Stem. Alhoewel jy verseker Hanepoot byderhand sal moet he om te verseker jy word nie of kry nie 'n "soutpiel" van al die fokken soutjies nie. Ewewig tussen sout/soet baie belangrik mater! 

    6. Stormbul

      Se fokken gat met dit… jammer my blaar, maar enige iemand wat al ooit langer as 3 weke aan my kant van die brug gebly het sal weet, daar is nie fokken wild change in hel dat velddrif so kommin kan wesie… maar ek gaan jou krediet gee op die caption van my eks… Kak Skerp!!! Lekker Jannie!!!

    Gooi Comment