Put van vrouholle? Kaaskoppe is seriously fokken weird.

In Spec-takel deur griffin

Een van ons tjommies, Snot gaan hou elke jaar vakansie is Nederland vir so twee weke. Ons vermoed dis omdat hy ‘n kwart of ‘n half Kaaskop is en omdat sy familie daar bly. Hy het op hierdie weird plek afgekom en vir ons ‘n foto gedrop. “Put van vrouw holle”.

Dis onwaarskynlik dat hy “per ongeluk” daar uitgekom het, want dit lyk na ‘n toeriste tipe uithang plek. Met ‘n put vol vrouholle… Nie net een nie. Ook nie twee nie. Nee, ‘n hele put vol. Asof ‘n put opsigself nie alreeds fokken weird genoeg is nie. Wanneer laas het jy ‘n put gesien? En ‘n put vrouholle? Jy sien! Fok. Nee wat, hy het heel moontlik ge-google vir vrouholle en toe dadelik en sy rental gespring en die sign gaan soek.

vrou holle

Ons weet al ‘n geruime tyd lank dat Kaaskoppe fokken weirdo’s is. Hulle noem ‘n kat ‘n poes en boude word kont genoem. Min of meer dieselfde woorde wat ons in SA gebruik vir die polisie. As mens bietjie gaan rondkrap kom mens agter die kap van die byl.

Vrouw Van Holle is actually ‘n sprokie en alhoewel dit ‘n sprokie is, klink dit nog steeds af soos brood. Gaan kry jou melk en koekies en kom sit. Dis storietyd.

O ja, en as jy klaar is en jy sit by die huis en doen fokol (en jy is effens kreatief), maak sommer ‘n epic Afrikaanse song oor die storie van Vrouw Holle. Jy mag dalk net met ‘n hit opkom wat minder boring as Karen Zoid se laaste ons-staam-saam-en-fight-crime track is.

vrou holle 2

Hierdie post is 196 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,611,281 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinPut van vrouholle? Kaaskoppe is seriously fokken weird.