Geagte Jacques Kallis,
Fok jou. Vir alles.
Ek weet dit gaan deesdae goed met jou op die test rankings en jy’t orraait gedoen teen die Aussies, maar dit is steeds geen verskoning vir wat jy gedoen het nie.
Is jy verward? Fok, okay. Laat ek verduidelik.
Vrydag ry ek en ‘n paar tjommies en tjomminne in Langebaan in. Nou wel in so drie karre, want daar was tien van ons. Maak jy uit van die wiskunde, Jacques Kallis? Anyway, drie van ons is in die een kar. Ons het weggebreek uit die Kaap vir die naweek. Net om van ons dooslike sielsdodende werke te vergeet. Vir ‘n rukkie.
En toe fok jy alles op, Jacques Kallis.
Want toe ons nou so by Langebaan inry, besluit die drie van ons wat in die een kar sit, ons moet, móét, krieket speel die naweek. Strandkrieket. Argeloos speel soos die kinders wat ons soms wens ons nog was, ongedeerd deur die kwale van tyd, onbevlek deur letsels van die lewe. Om vir ‘n oomblik, net vir ‘n oomblik, te voel dat alles moontlik sal uitwerk, dat die lewe nie so kak is soos ons onsself vertel en soos die koerante en die magazines en die fokken TV ons wil laat glo nie. Dat die Here moontlik nog na ons omsien.
Maar nee.
Anyway, ons soek toe na ‘n krieketstel. Enige krieketstel. Net ‘n bat en ‘n bal sou ook deug. Maar geen plek in die Lagoon- of Laguna- of Wat-de-fok-die-ding-se-naam-ook-al-is-Mall het so iets nie. By Pick n Pay Clothing was daar wel ‘n paar sokkerballe en van hierdie oversized fokken tennisballe wat jy moontlik by jou broek kan indruk vir ‘n aand van verwarde en ietwat steurende masturbasie, maar andersins nie veel daarmee kan doen nie. Fok. Ons het toe gedink dis ‘n goeie idee om by die landmark te gaan soek. Maar daar was net harke. Eventually kry ons toe ‘n krieketstel by Spar. Wat staan daarop?
Slazenger Jacques Kallis Cricket Set. R159-95.
Fok. So authentic dit het nog een sent vir change op. Ons scheme, vintage, quality shit hierdie. Jou handtekening is selfs daarop, Jacques Kallis. Endorsed, bra. Represent.
Ons skaf dit toe aan. Halfies, ek en ‘n tjommie. Die chick wat in die kar wag by die ouens wat hout verkoop, is al half gatvol vir die ge-stop, maar wanneer ons naderkom, met die cricket set triomfantelik bo ons skouers gelig, klap sy hande en lag. Triomfantelik in die lug, amper soos jy jou kolf lig nadat jy ‘n century geklap het, Jacques Kallis.
Fok.
Eventually kom ons by die huisie aan wat ons gehuur het. Lekker, bra, fokken OP die strand. Dis bietjie windy (soos in winderig, nie soos Brian Lara se span nie, maak jy nog uit, Jacques Kallis?) om op die strand te speel, so al is almal nog nie daar nie, slaan ons so ‘n bietjie die bal rond op die voorste gras. Lekker. Ek verfomfaai my een teenstander met goëlballe, jy weet, googlies. Die ietwat ongelyke oppervlakte van sand en gras (met hobbeltjies) help natuurlik my boulpeil, maar ek glo ek kan op ‘n goeie dag saamgesels met jou nuwe Pakistanse spanmaat. O, gepraat van hom, ek hoor julle nickname vir Imran Tahir is “Immy”. Jirre, lekker kreatief, hoor. Hoe gaan die nog met ‘Graemie’ en ‘AB-y’?
Nog twee tjommies en ‘n chick pitch op. Die chick hardloop met sakke en goed die huis in. Die een tjommie check die krieket vibe en raak sommer sweterig van opgewondenheid. Die ander is toe nou al ‘n bietjie moeg en reken naai, hulle gaan suip, maar ek en laasgenoemde tjommie is nog lus vir jol. Hy’s nogal ‘n goeie bouler, Jacques Kallis, jy sou kon sien, hy boul op ‘n good length en nogal vinnig.
Na ‘n paar verdedigende houe, nes jy, Jacques Kallis, speel ek toe ‘n netjiese dryfhou. My tjommie sit die bal agterna, mistake ‘n stuk sement vir sand en slet neer, hy rol so. Daai scars is nou nog daar, scars wat nooit sal genees nie.
Anyway, die volgende bal is toe ‘n full toss, hy stuur so af op my linkervoet, en ek besluit om ‘n netjiese on drive te speel. Nes ek jou sien doen het.
En toe spat die kak.
En die hout.
En my respek vir jou.
Ek hou nog so die handle in my hand, onseker waarom die mense met drankies op die stoep vir my lag. Ek kyk af en sien daar’s net handle en so ‘n klein stuk hout oor. Die res van die bat lê fokken iewers. Check dit uit, Jacques Kallis:
Check ook hoe het dit seker gelyk op daai super slo mo oomblik wat julle so gebruik. Waar is die hot spot, Jacques Kallis?
Jirre Jacques Kallis, watter kak verkoop jy? Op watter kak plaas jy jou naam? Iemand tel die stukke bat op en vra: “Waarvan is hierdie ding gemaak? Hoender?”
Kyk hoe’t jy my nefie, wat ook saamgekom het, ontstel, Jacques. Hy is spesiaal en was baie ontsteld. Dit het ons ure gevat om hom te kalmeer:
So daar is dit dan nou. G’n niks meer krieket vir die res van die naweek nie. Ons weet ons sal te babelaas en/of dronk wees om die ding die Saterdag terug te vat Spar toe en dit in te ruil. Buitendien, hoe sal ons kan bewys dis nie in ‘n domestic dispute van een of ander aard gebreek nie?
Ons het toe maar almal lekker dronk geraak op witwyn (want dit is wat ‘n mens op die weskus drink) en whiskey (want dit is wat ‘n mens drink as jou held jou teleurgestel het).
Die Saterdag was ‘n mooi dag. ‘n Lekker dag vir krieket. Maar nee, fok. Ons het mos nou nie meer ‘n bat nie. Toe speel ons maar Pictionary:
Wat de fok is dit? Kan jy dit uitmaak, Jacques Kallis? Ek kan nie. Ook nie hierdie nie:
Jirder Jacques, hoekom hardloop die mense weg vir daai engel? Wat het die engel aan hulle gedoen? Is dit die fokken apocolypse? Ek kon nie uitmaak nie, en jy weet mos hoe dit gaan met Pictionary. Ek check sulke shots van hoe julle op die bord teken, soos in daai Castle-advertensie, kamtig aan’t vergader en beplan. Ek sien deur jou, Jacques Kallis. Jy weet hoe werk Pictionary, jy weet mense raak kwaad vir mekaar as hulle nie die goed regkry nie. Was dit die hele tyd jou plan? Wel, fok jou.
Jy het dit reggekry om onmin te saai.
En ons naweek op te fok.
Was ‘n bietjie vrede te veel gevra, Jacques Kallis?
Ek wag op jou antwoord op hierdie brief en glo jy sal dringend daaraan aandag skenk.
Ek haat jou.
Vriendelike groete,
Vent Venter.
Stempaal
Loading ...Kom-petisies
Dinge om te doen
Inligting met trots verskaf deur:
Kief Tunes
WatkykjyTubes
-
Die week se top 10
Afdelings
WKJ op jou Garmin
Ouer Koeie
-
Onlangs op WKJ
- Bizarre Bedonderde Donderdae – Watkykertjie kompetisie
- Watkykjy nuus round-up. Week 19.
- Czech hierdie fokken hot chick op ‘n bike uit!
- Phuket, maar Thailand is kaklekker! (deel V)
- Life on The Road – Learn Guitar with David Brent
- Laasweek se zefspotters
- Sondag. Skêre met skietgoed.
- Dis naweek, kom ons fokken duik!
Interwebsradio.com
WKJ SuperBru team
-
Watkykertjies Tune
- Bazza on Bizarre Bedonderde Donderdae – Watkykertjie kompetisie
- Visvinger on Bizarre Bedonderde Donderdae – Watkykertjie kompetisie
- #1 Pisscat on Czech hierdie fokken hot chick op ‘n bike uit!
- peterstuyvestanblue on Czech hierdie fokken hot chick op ‘n bike uit!
- wilnetspyker on Hoe om te naai… week#1 van 4
- Chris on Czech hierdie fokken hot chick op ‘n bike uit!
-
-




45 Comments
Bra, wie de fok drink witwyn in die weskus???
Hahahaha, dis kak snaaks, maar waar. Hoekom verkoop hy sulke kak?
Consider your battery well and truly pissed on!!
BWAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHA!
Yawn, moeë idee swak gedoen
Geagte dom doos Venter, jy al ooit in jou lewe behoorlik krieket gespeel behalwe in dronkenskap om te weet dat jy n kolf eers moet in slaan vor jy die ding wil gebruik om behoorlik te speel of nog nie?
Plaas het jy n donerse sleeper plank van die treinspoor af gaan steel en met dit gespeel, sou jou niks gekos het nie en jy sou seker nie nodig gehad het vir enige kak opmerkings nie! Speel eerder krieket op jou Playstation.
lol, novelty items is meer vir die oog as vir die gebruik, maar daai bat het kak gebreek so het julle met klippe gespeel? n tennis bal sou nie die bat so laat kak het nie
En julle drink keuses laat veel te wense oor, waar is die rum die bier en die cane van die weskus?
Saterdag was nie 'n mooi dag 'n Langebaan nie. 11:30 se kant het die wind opgekom en 'n moerse hou gewaai.
Andrew. Jy is seker Andrew Hudson. Ek kan sommer hoor jy is 'n boesman wat krieket ken. Ou boet. Hierdie tipe bat wat jy by Spar of Pick en Pay koop kan jy 3 jaar lank inslaan. Dit bly 'n kak bat. Jou sleeperplank idee is briljant. 10 uit 10. Hy sal ten minste seker 'n hele dronk krieket game hou. Sterkte met jou loopbaan as Protea speler/afrigter.
This is ABSOLUTELY BRILLIANT!I have to meet the guy that wrote this…he should be awarded some token of genius!Of in plein Afrikaans – DIS DIE SH*T DIE! Chris
Ja ne Jakes…..
Andrew jy wen die "ek comment op posts oor goed waarvan ek fokkol weet nie en nou lyk ek soos n poes" wisseltrofee.
Het jy lekker op skool jou PickNPay bat ingeslaan en dan n 100 gemaak in mini-cricket? Jy is seker baie gebliksem gedurende st8 ne?
Jirre mense is stupid.
Dit was vroeg en daar was nog nie veel gedrink nie. Dit was 'n tennisbal. So 'n poefter-bal en toe disintegreer die bat toe hy hom tref. Dit was hartseer. En snaaks.
" Ek haat jou.
Vriendelike groete…"
Kak snaaks.
Hahahahahahaha!Fokken goeie brief.Dis mos nou die in ding om ope briewe te skryf
Wonder biekie of mens vir JuJu n brief kan gooi.Hy kan sy tips om beeste op te pas met ons deel
HAHAHA dit was great :P Dankie Vent!
Julle kak naweek het my Maandag fokken great gemaak!
@Andrew – jy lyk nou soos die poes wat jy is.
Vent, dis uit jou ellelange self-masturberende egotistiese en narcisisstiese gebabbel vir my duidelik dat jy jouself ietwat van n meerwetende siel beskou. Inderwaarheid is jou gehuil kenmerkend van neerhalende egosentriese poes. Miskien appelleer latyn for dummies tot jou hoer denke. Hoer is pitkos“Fabricati de diem va fango” – Make my day, get fucked. DDD
DDD, jy ek neem aan jy’t meeste van jou begripstoetse op skool gedop. Dit word ook duidelik dat jou vingers al hoe ronder word. Kry ‘n groter keyboard of gaan op ‘n diet.
PS: En los die latyn vir die old school prokureers.
griffin, jy het gelyk. My sleutelbord het net so erg babelaas soos ek. Wat begrip betref, n goeie begrip het n slegs n halwe woord nodig. Vent se artikel is onder opinie, en opinies is soos poepolle, almal het een. Ek neem jou kommentaar /opinie oor latyn onder advies en gebaseer op jou respek vir jou as webmeister van die blog sal ek myself inhou. (Selfsensorsskap) Als in n positiewe lig. ;-) ADD
Ek wonder as Tahir saam met Gibbs gespeel het dan het ou Gibbs hom seker Tarrie geroep …
Lekker brief !
ek sou hulle gesue het onder die nuwe verbruikers wet, hulle moes dit om geruil het en jy kan hulle sue vir loss of income ook, want jy kan pro gegaan het met die kolf en nou is jou hele loopbaan in splinters
fokit mooi stoorie
@ die sakke-meisie, wys ons jou tiete.
GOEIE SLET…..WIE KOOP ANYWAYS A KRIEKET SET BY SPAR…..WAT ROOK JY VENT??? WAT HET VAN JOU SET VAN SKOOLDAE GEWORD??? JY HOU MOS SULKE ITEMS VIR WANNER JY HULLE WEER EENDAG GAAN NODIG KRY…..LOVE AND PEACE….CHRIS J LOTTER
Fokkit al die kak wat deur celebs ge-endorse word is fake.
Thanks Vent, dit was baie cool. Verduidelik nou asb die Pictionary prentjies ook. WTF?
Watkykjy verloor street cred met kak soos die.
As julle krieketkolf "plank" dit nie maak nie, probeer gerus n ander akriwiteit wat ek dink meer julle ouens sal geval, minder aggro as julle Pictionary styl: PLANKING. Min tot geen beweging of kontak. DDD
Ons het nie streed cred nodig nie.
Dit is fokken goed geskryf! ek dink ek het 3 keer kliphard in die kantoor gelag! Fokken snaaks
G'N wonder die Souties calls us "planks" en "Rock Spaaiders" nie!!!! Nogal goed segriffel…ek dink Kallis sal self nou twee keer dink oor sy nuwe hair-do-ad???? Hehehee! WhoooHoooo!!!
Jaques Kallis se krag le beslis nie in sy hare nie. Hy speel net al hoe kakker met die nuwe haredos.
Genoteer. Op n humoristiese en kreatiewe noot, Vent, sou jy en jou vrinne weer in n soortgelyke tamelekie beland kan julle julself dalk verknies in n grappie-aand, hier volg n ou gunsteling by wyse van voorbeeld; Wolf ontvoer Rooikappie en se vir haar:”Eks die nare groot wolf, trek uit jou top ek wil jou tieties suig. Heel ontstelde Rooikappie trek toe haar skirt uit en se vir Wolf:”Nee simpel, kom ons bly eerder by die storie, eet my!” DDD
al julle negatiewe naijis , raak fokkin wys !!! dis sommer wie de fok gaan in n paar dae s tyd op die interweb sit en comments los wat homself net soos n poes laat lyk !
Raak wys , raak vol !
aan die eerste venter – goeie storie, en dit wys presis watse kak mense deesdae sal verkoop en dat die sport "sterre" hulle name op tampons sal sit vir 'n rand of twee !
@ die ander venter – goed gese, ek stem saam!
@ andrew boesman – hou op om 'n doos te wees, of het jy dalk 'n secret crush op JK?
@ vent venter – gooi daai plankies op bid-or-buy ek glo jy sal jou 159-99 terugkry.
Goeie brief! Ek het lekker gelag. Laat my verlang na die dae toe ons krieket in die jaart gespeel het. "6 en uit" was die goue reel. Sorry anyway oor julle krieketlose naweek…
Aan griffin, die outeur en sommer almal wat so lelik praat, ek vloek self(probeer deesdae minder), maar om so aan te gaan is darem maar vrek skandelik, veral wanneer jy die Here se naam so ydelik gebruik. Ek is 28, en dis DEFFF af! Lees Dana Snyman, vir skrywer-insprirasie, toe!
Oo en F.Y.I, meneer Griffin, jy het jou beroep sommer klaar weggegee toe jy "prokureers" verkeerd gespel het. Super embarrassing, maar ek neem aan jy sleep seker nog een of twee vakke.
Liewe Camrin, dit is nogal af dat jy 28 is. Ek het miskien al ‘n spelfout of twee laat deurglip in my lewe, maar ten minste is ons geleer hoe om leestekens te gebruik. Lyk my jy het bietjie gesukkel by Hoerskool Wonderboom.
Insovere dit my beroep betref, het jy geen fokken idee wat ek doen nie, maar ek is bereid om my kop op ‘n blok te sit dat ek ten minste een universiteitsgraad meer as jy het.
Sterke met jou gevloekery en Jesus aanbid terselfdetyd. Dit moet ‘n fokken katarsis wees.
Ek het fokol en is bereid om geld daarop te wed dat ek een meer het as Camrin
Griff, nou maak jy Camrin (klink baie vroulik?!) so befok dat sy nie haar "melk-weg" vir ons sal wys nie! Fokken jammer!
Baaaaaaaahahahahahaha! Amper van my stoel af gebliksem soos ek lag! xD
Rumour het dit dat Camrin B Com swot. B Komvanself. Seriously, As julle n piepiekompetisie wil hou en beide julle graduandii is, is ek met twee B grade, n M en DBA asook PhD – Magna Cum Laude seker n peanut van n inskrywing werd, maar dis latyn – wat ek sal vertaal maar n ou met "streed cred" het my getune dat ek dit vir "prokureurs" moet los. Ek kry skoon n gemoedsbekakking tussen al hierdie intellektuele reuse!! More val die hemele!!! DDD P.S Carmin, ons intensies is juis en suiwer. Ons staar juis want ons wil suiwer baar…
Whahaha Camrin glo in make believe, maar vloek soos n kont!
Whahahahaha!!!! P@es funny!! I really enjoyed this, thanks. Nou is ek fokken lus om krieket te speel.