So paar klappe uit die 80’s – deel I

In Snotstories deur griffin15 Eiertjies

More seuns en dogters,

Ons gaan hierdie outjie vat soos hy kom. Dink daaraan as 'n M-Net minireeks van so 5 of 6 episodes, gepak met 'n tikkie nostalgie of waardevolle leerstof, afhangende van jou ouderdom en jou vermoë om kennis in te neem.

Ons het baie werk om te behandel, so maak seker jy woon al die lesse by oor die volgende paar weke. Dis amper eindeksamen by Hoerskool Zef en julle moet voorberei vir die monkeypuzzle. Gert, hou op om jou snot aan jou broekspyp af te smeer. Let op!

O ja, en moenie voorstelle instuur vir hierdie klas nie. Julle sillabus is klaar uitgewerk en goedgekeur deur die adjunkhoof.


Albasters

Hierdie is so oud dat ek self beswaarlik kan onthou hoe mens die veskillende games kon speel. Laerskool kids het gewoonlik met albasters in albasterskouse rondgeloop en voor skool of tydens pouses met hulle pis-en-stof bevlekte kaalvoete allies gejol. Daar is was games soos "Ringer" en "Pyramyds" of daai gat wat jy met jou voet se haak gemaak het waar mense die allies moes inrol. Met pyramids moes jy traai om jou oponent se pyramids om te bliksem van 'n afstand af om sy allies te wen. Dit was gewoonlik iets blaglik soos 10 tree en dan het die laitie wie die pyramid gepak het allerhad obstacles en kak rondom sy pyramid gebou gebou en kak reëls soos "geen oorvattings" of "veilings" of "for keeps" geskree. Daar was altyd nuwe reëls en mens het maar ge-go met die flow. Van die meer obnoxious kinders het soms die pyramids met Bostic aanmekaar gegom sodat mens nie die klein kont se kosbare albasters kon wen nie. Dit het die skelm laities gewoonlik 'n albasterkous poesklap teen die skedel besorg en 'n visit aan die hoof se kantoor wat beide partye bliksem sonder om na enige stories te luister nie.

Sover memory serve was daar allerhande verskillende albasters met verskillende waardes soos ghoens, china's crystals, indians en tigers? Ek kan nie eers onhou wat die meeste waardes gehad het nie, maar die run-of-the-mill outjies wat gelyk het asof hulle tandepaste verewig was so kommin soos kak gewees.

Dit was nogtans 'n befokte manier om tyd te verdryf en goedkoper as Nintendo DS of 'n sak vol tik. Dit was ook 'n laitie se game gewees (in Vereeniging in elk geval). Miskien het vrouens nou al stemreg in daai town?

Banke

bankeBob-T kaarte en hulle simptel tieners wat daai kak t-sign gooi met hulle handpalms, Perm se kaklelike oranje spaarboekies met daai nimmereindigende driehoek pyltjie wat hulle logo was. Volkskas se "sal die man met die bank in sy sak asseblief na die middel van die boot toe beweeg?". United se "United helps you go-go-go!" TV ads wat, as mens nou mooi terugdink, baie eerder soos fokken happy tampon ads gelyk het met studente meisies wat splits in die lug doen met hulle perms. Trustbank met sy fokken simpel mannetjie met die bril wat soos 'n introverte reeksverkragter lyk.

As jy 'n kind was toe hierdie outjies nog bestaan het, het dit jou fokol gepla. Jou ouers het jou tien teen een gehelp en geleer om met zak te werk en banke was vir jou 'n konsep van 'n plek waar mens geld gaan haal. Vandag vloek jy aan die einde van elke maand omdat die groot 4 orals wil piele indruk, jou stop-orders bounce of jy bekak jouself oor die nuutste phising scam. "Fok, weet jy, ek het nie eers 'n poeslike Standardbank account nie, maar "hulle" mail my heeltyd om my password te reset." Online banking is eintlik fokken gerieflik, maar ons kak nog steeds in ons broeke, want dit was mos baie lekkerder om met die BMX Invader na die bank toe te ry om jou R10 te gaan trek vir die naweek se fliek en chips.

Crackers

Niemand mag ooit met crackers gespeel het nie, want jou ma en pa het jou die fokken dood voor die oë gesweer. Gatvelle sou afgetrek word. Jycrackers sal redes gegee word om oor te huil ensovoorts ensovoorts. Jy ken die dril. Tog het elke stout bliksem crackers gehad waarmee miershope oopgeskiet is of tussen 'n groep kinders ingegooi is of soms in jou hand ontplof het. Laasgenoemde (as jy uitgevang is) het gewoonlik gelei tot 'n pakslae wat seerder as die eerste besering was. Ook het die kafee eienaars vir een of rede altyd stock gehad en nooit geweier om aan enige iemand te verkoop nie. Fok, jy kon jou boetjie met 'n bottel en 'n doek instuur en die griek sou nogsteeds nie 'n geldjie weier nie! Imagine die kinders van die 80s het minder zak op crackers spandeer? Ons ekonomie sou fucked gewees het. Crackers skiet was ook natuurlik die gate-way drug vir 20 sent kafee games en skelm rook, julle stoutgat kakkerts!

Double Dragon

double dragonSo gepraat van daai gateway kafee games. Double Dragon was een hulle. 'n Skop-steek-en-poes game wat jou aanvanklik 20 sent armer gemaak het in enige kafee. Daarna sou siblings se beursies ge-raid word of pettycash sou dunner word om jou na-uurse aktiwiteite te sustain.

Terug by die game – jy kon jou enemy se mes, sweep of baseball bat opgetel het nadat jy die kak uit hom uit gemoer het. So het jy verder deur die game getos tot jy op die einde die big boss moes fight. Big boss het toe ook 'n algemene term geraak vir enige groot stage van 'n game waar jy een of ander lummel moes fight. In Double Dragon se geval was die uiteinde van die game om jou cherry, Marian te save. As jy dit in two-player mode moes klaarmaak, sou jy dalk vir die eerste keer met 'n skok agterkom dat jy jou buddy wat jou so mooi deur die hele game gehelp het nou moes opfok om die chick te score.

En so ensues real life. Jy kan dus nou Double Dragon blame vir al die gerond-naaiery en verneukery en chick-gestelery wat in regte lewe vanaf hoërskool sou plaasvind.

"Double Dragon, jou fokken doos! Ek is 'n alkoholis!"
"Fok jou, Double Dragon, ek is werkloos en ek het crabs!"

So ook vir alles wat goed uitgedraai het, het mense die Nesquik Bunny blameer, maar jy kan nog altyd op jou CV sit dat jy Double Dragon met een 20 sent kan klaarmaak. Dis heavy fokken impressive. Mense kyk op na jou.

Webster

Emmanuel Lewis, die arm man se Gary Coleman het die hoofrol van Webster vertolk in die 80s sitkom met dieselfde naam. In die show is hy websteraangeneem deur twee vaak witmense, George Papadopoulos en sy vrou Katherine. Die storielyne was lamer as 'n Justin Bieber concert, maar jy het nogsteeds Webster gekyk, want die laitie het altyd allerhande kief wegkruipplekke, vals deure en befokte lifts gehad wat in sy huis se mure versteek was. Plus daar was fokol anders regtig op TV gewees. Wat kon mens nou eintlik maak met 3 channels? Vandag is jy 'n grootmens en Webster het nog steeds fokol gegroei. Die klein kak. O ja, en George Papadopoulos en sy Katherine is in regte lewe ook getroud. Too much of lame. Kom ons beweeg aan…

Walkman

walkmanWanneer laas het jy 'n tape met 'n potlood rewind? Die Walkman het kinders se lewens in die 80s verander soos wat die iPod en iPhone dit deesdae doen. Jy kon na jou Pop Shops en Now That's What I call Music volume whatever luister on the go. Al het jy jou mobile casette player 'n Walkman genoem, is die kanse baie goed dat dit nie 'n Sony was nie, want Sony was kakduur. Jy het dalk eerder iets soos 'n Aiwa of 'n Aim gehad, want dis makliker en goedkoper om jou oorge-tape-te 5FM Top 40 tapes na 'n halwe dag in die son uit die player te trek en dan reg te maak met jou sussie se cutex. Fokken cheapskate. By the way, loop daai Aim microwave van jou nog?

Jy kan mense wat versot was op hulle Walkmans vandag nog spot. Kyk net uit vir mense wat Nokia communicators dra in 'n leather pouch op sy belt. Reg langs sy Swiss Army Knife (Leatherman is te fokken duur vir bra Jan)

SAL

OK, hierdie is nou nie totally fair nie, want hierdie tune van SAL kom uit die 60's uit. 1964 om presies te wees, so jy sal dit fokken glad nie onthou nie:

OP SILWER VLEUELS

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Die kans dat jy actually enige iets van SAL sal onthou is fokken skraal, want jy het nie 'n salaris op skool verdien en oorsee rondgefok nie. Airtravel was duurder as goud gewees. Jy sal wel die ou kleure van die airies herken of effens die TV ads onthou. Mense wat in die sunset wegvlieg na plekke waarheen jy nooit sal gaan nie. Blerrie dose! Maybe het jy 'n ryk oom of 'n salouma gehad wat dalk oorsee getravel het in die 80s. In daardie dae kon jy blykbaar met groot fuck-off jagmesse jou regte vleis op 'n regte bord sny met aandete tydens 'n oorsese vlug.

Dit was die dae toe passasiers wat fokol gewoond is hande geklap het elke keer as die vliegtuig weer neergestryk het op eie bodem van een of ander cheap Spaanse Huisgenoot vakansie special af. Daai mense is nog steeds in die ronde. Hulle is nou vetter en lag nog steeds vir Kulula se grappies.

Jy kon jouself ook blou suip en jy kon rook op die vliegtuig. Jirre. Rook op 'n vliegtuig. Ek dink actually dat mens nog op vlugte kon gerook het tot hier in die vroëe negentigs. Glad nie gevaarlik nie. Jy is fokken omsingel deur petrol op 30000 voet met lugdruk wat hoer as Zim se inflasie is. "Right, die seatbelt sign is af, kom ons fokken rook!"

Fok, mens kon orals rook. Dis dalk hoekom jy so effens stadig is vandag:
Jou ma: "Kyk pappa, dis 'n seun!"
Jou pa (terwyl hy aan 'n Lexington suig in die maternity ward met 'n traan oor sy wang biggel): "Hierdie laitie gaan eendag vir Noord-Transvaal uitdraf."

Deel met jou tjommies!

    griffinSo paar klappe uit die 80’s – deel I

    Comments

    1. A Daft Scots Lass

      I had a Bob T card and I used to rewind my U2 tapes with a pencil if they got stuck in my walkman!  OH my God now I'm showing my age!
      My daughter and her pals still play the marble games.

    2. Jan van Riebeeck

      Moenie praat van daai rooi en blou "tracksuits" met die witstrepe en daai "joggerbroekies" nie. Jy het jou "tape" in die "tapedeckmasjien" gesit en die "songs" van die radio "getape" want jy kon nie "Pop Shop volume 10" bekostig nie….En jy het die "empty" bottels ingegee by die kafee want jy wou games speel met daai 20 sent.

    3. pop

      Bob-T…amper soos daai Volkskas (of was hulle al ABSA) Denimkaart van my wat my laat besef het hoe donners skelm banke is. "Gister" was daar nog R10.00 in, "vandag" skuld ek hulle R10.00 (bankostes en daai stront was nie deel van my budget nie).

    4. Ou de Doos

      Net so vinnig oor die alies….ek onthou die "botties" ? (botterkop)
       
      AFAIR…was hulle daai outjies wat soos 'n bal versteende Aquafresh gelyk het ?

    5. Ou de Doos

      ..en amper min of meer presies 20 jaar later is daar nog steeds no smoking signs in 'n vliegtuig, bo elke seat, reg langs die seat belt sign. Selfs in die nuutste Boeings. Whats up with that ?

    6. Prof. Bokdrol

      Yip, dit was maar 'n pretty tos tyd oor die algemeen innie 80's – onthou, mense soos ek was die ontluikende generasie daai tyd, so dit verduidelik die kakspul wat julle vandag mee sit – of fokken hoe? En onthou boonop alles al die konte wat die land regeer het in darrie jarre (maaindyoo vandag se konte wat die land regeer is maar much of a muchness, plus hulle vrouens is net sulke fokken dikgatte maar daar's nou meer van hulle – at least was daar net een Elize Botha maar nou is daar 4, ja VIER (and counting) dikgat Mevroue Zuma? Jirre, g'n wonder KFC maak 'n killing nie – is dit verpligtend om 'n kont met 'n dikgat vrou of vier te wees om 'n land te regeer? Jammer almal eindig nie op soos MoerHomMaar AfKakDaffi nie…) Ek het ophou albasters speel want een of ander skelm klein moerskont van die Spoorweghuise oorkant die straat het altyd pouse by die skool daar op die Bluff in Durbs my "kallas" gemaak – my sakgeld kon nie fokken voorbly met albasters koop nie, veral daai mooi wittes met die gekleurde patroontjies op die oppervlak (wat die klein poes altyd in my gesig gedruk het as hy hulle by my afgevat het na die albastergame, saam met "naah nah nah naaah nah" lofgesang) toe gee ek dit maar op as 'n bad job. O ja, en as julle nie geweet het nie, daai vier banke hierbo naai julle vandag nog deur die ore – as ABSA, bwahahahaha! Walkman het eers bestaan toe ek al in Matriek was…voor dit het my ma tjoons ge-tape van die radio af met een van daai ou casette recorders teenaan die draadloos, en almal moes fokken tjoepstil bly gedurende die proses – dit was amper soos Carike Keuzenkamp wat geboorte gaan skenk (aan 'n nuwe gesteelde song wat sy van oorsee teruggebring het.) Natuurlik was dit kaksnaaks om te kug-kug in die agtergrond en jou ma se recording op te fok net so 10 sekondes voor die einde van die song – wel OK, dit was kaksnaaks tot sy haar moer gestrip het en jou gat vol duike ge-panelbeat het met 'n paplepel so groot soos 'n graaf na die derde keer wat jy "kug-kug" oor haar recording…einafok! En SAL (dit was eers 'n joke oor die lugwaardinne – Sal Almal Lê) was soos in moerse fokken spif en larney, gefinansier (met jou belastinggeld, bwahahaha!) vir fokken nerderige politici om smaart trips te maak oorsee (soos vandag nog – met jou fokken belastinggeld, bwahahaha!) Rook was actually redelik onlangs nog toegelaat op aêries – ek het vroeg in 2000 nog Luanda toe gevlieg met TAAG Angolan Airways se een en enigste 747, waarvan die agterste kwart gelyk het soos die fokken Helderberg van al die Chinks wat staan en stook terwyl hulle wag om die kakhuis te gebruik. Nou jaaa, nostalgie is die eerste tekens van ouder-fokken-dom; hoe de moer het ons dit gemaak tot in 2011? Ahhh – klaarblyklik met behulp van SAB, hic…

    7. Jags Jannie

      Ai Prof, hoe laat jy my nou lag. Fok! Gepraat van alies speel, daai game met die slootjie het ons "poessie" genoem. G'n wonder ek laaik poes vandag nog nie! Al speel ek nou nie meer met alies in die "poessie" nie……………………….

    8. WilleWortel

      Saammet die allies het jy ook "giffie" gekry. Daai game wat jy met karre se briekskoene gespeel het. Dit was piele as jou tjomma se 'n backyard machanic was!!! Dan het jy nooit 'n tekort aan briekskoene gehad nie!!!

    9. Jakes

      ABSA se diens is net so k@k soos daai ander 4 s'n. Dit kos net meer vir dieselfde k@k diens.

    10. Anthrax

      Al ooit alies moer met 'n gholfstok? Die goed fokof soos die ghoen van 'n voorlaaier.

    11. AMOS*

      Nostalgie. Reeds!

      Moenie vergeet van ‘tops’ gooi: mekaar se tops probeer raakgooi (ert), terwyl die girls touspring terwyl hulle allerhande kak rympies kwytraak en jy probeer om hulle nylonpanties te spaai.

      Van die os op die jas: wie onthou nog sy eerste draatie?

      Goeie tye.

    12. Charlene

      Jaaaa – mens kon selfs in die Trust of United se ry STAAN en rook.  Hulle het selfs asbakkies voorsien.
       
      jirre.

    13. Petrus Ponkiel

      Jisses en moenie die 5 sent Pinball masjiene vergeet nie. Ek en my tjommas het Jeugweerbaarheid gebank en gaan pinnies jol by die Porra/Griek se kafee. Nogal sy empties gezoy en aan hom terugverkoop vir nog 5 sente en swiets en colie geld!

    14. Prof. Bokdrol

      Fok – sopas nog een uit die 80's onthou: te danke aan die afskuwelike pot visuele snot wat DStv deesdae opdis luister ek maar bietjie na my favourite kanaal 157 op die audio channel, en waaragtig, die eerste tune wat hulle speel is Verdi se "La Donna è Mobile." Onmiddellik rewind daai fokken abominale waspoeier advertensie in my kop – julle onthou mos? "Dato maak my hart so bly, wasdag is kommervry, Dato is die een vir my…" Gods, die apartheidsregering sou trots wees; subliminal op sy ergste – dit klink of O&M besig is om die hele fokken Unilever fabriek te gang rape net om jou wasgoed wit te kry. Nee werklik…

    Gooi Comment