Grappe om jou Maandag effens beter te maak

Cheap booze
'n Man loop by 'n pub in en bestel 'n bier.
"Skerlik" tune die barman "dit sal een sent wees"
"Een sent?!", vra die man en die barman beaam dit.
Die man check die pub se menu uit: "Kan ek asseblief 'n t-bone steak met chips kry?"
"No worries" tune die barman weer "dit sal vyf sent wees"
Die ou kan dit nie glo nie: "Vyf sent? Is jy mal? Waar is die eienaar van hierdie plek?"
Barman: "By my huis, besig om met my chick te doen wat ek besig is om met sy besigheid te doen"

Oppitotti
Drie couples is uitgepass by Oppikoppi in twee tente. Die chicks in die een tent en die ouens in die ander tent. Drie uur die oggend skrik een van die ouens half deur die kak wakker: "Fok, ek moet my chick gaan kry! Ek het sopas wakker geword met die grootste fokken boner ooit!"
"Kan ek saamkom?" vra sy een tjommie
"Is jy fokken mal? Hoekom sal ek dit nou toelaat?"
Buddy: "Want dis my fokken piel wat jy daar vashou daar!"

Skollies
Drie skollies is oppad tronk toe in 'n bus. Elkeen van hulle is een item toegelaat om tjoekie te vat om hulleself mee besig te hou. Hulle sit en chat oor wat hulle elkeen saamgebring het.
Die eerste skollie tune: "So ek het vir my 'n verfstel gekies sodat ek my skills kan oefen. Die dag as fokof uit die tronk uit gaan ek my paintings by Hatfield vlooimark swing" Hy draai na die tweede skollie en vra: "So wat het jy ingepak?"
Tweede skollie: "Fok. Ek het maar net 'n pak kaarte ingepak om solitaire te speel. Ek sien nou dit was 'n fokken kak move"
Hy draai na die derde skollie toe: "Wat het jy ingepak, my blaar?"
Die derde skollie tune: "Hierdie moerse boks tampons"
"TAMPONS?!", skree die ander twee gelyk verbaas uit
Derde skollie: "Ja, volgens die boks kan ek perdry, rollerblade, trampoline spring, swem…"

Boereraat
Twee boere loop deur 'n veld. Een van die boere hurk by 'n bol beeskak, druk sy vingers daarin en smeer dit oor sy lippe.
"Sif ou, hoekom de fok doen jy dit?", vra die tweede boer.
"Ek het gebarste lippe" antwoord hy terug.
"So help dit daarvoor?" vra die eerste een weer.
"Nee, maar dit keer dat ek my lippe aflek"

Blondes
'n Blond en 'n rooikop sit en tee drink by Mugg & Bean en die rooikop sien toevallig hoe haar boyfriend by die blommewinkel inloop.
Rooikop: "Ag fok, my boyfriend koop alweer vir my blomme!"
Blond: "Hou jy nie daarvan om blomme te kry nie?"
Rooikop: "Ek like blomme, maar daar is altyd expectations na die tyd. Ek is nie lus om die volgende week op my rug te spandeer nie"
Blond: "Shame liefie, het jy nie 'n blompot nie?"

Bloubul, Lions en Sharks
'n Bull supporter, Shark supporter en 'n Lions supporter kuier op 'n plaas van 'n vriend en sit die aand om die kampvuur met so paar brannas. Dis nie lank nie, of hulle begin hulle groot stories uit te ruk oor hulle vorige besoeke aan die vriend plaas.
Die Bloubul supporter begin: " Laasjaar hier op Frik se plaas het daai gevaarlike bul uit die kamp uitgekom en 'n groep toeriste bestorm. Ek het hom by so horings gepak en grond toe gevat en hom  gestoei tot hy flou en mak was."
Die Shark supporter antwoord terug: "Dis fokol, net laasweek het 'n mamba Frik se kinders skrik gemaak hier agter die kraalmuur. Ek het vinnig tussen die kinders en die slang ingespring, hom gegryp en sy kop afgebyt en al sy gif uitgesuig. En hier sit ek nog vandag!"
Die Lion supporter het eenkant stil by die vuur gesit en die kole rondgekrap met sy piel.

Deel met jou vriende:
  • Print
  • Digg
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • StumbleUpon
  • Twitter
  • email
Gefile in Grapgat. Bookmark the permalink. Post a comment or leave a trackback: Trackback URL.

3 Comments

  1. Prof. Bokdrol
    Posted October 31, 2011 at 4:55 pm | Permalink

    Nice traai, maar ek wys die eerwaarde Zefmeester op 'n fundamentele beginselfout: geen fokken Maandag kan "effens beter" wees nie – volgens aanvaarde definisie kan Maandag alleenlik "effens minder hiper-hond-poes-fokken-kak" wees…

  2. JagsJannie
    Posted November 1, 2011 at 9:52 am | Permalink

    Alhoewel Oppietoti my so 'n wrang-mondhoek-trek gegee het, stem ek saam met Prof. Maandae is op sy beste tos…………(x2 miljoen)

  3. Dirk Diggler Diktros
    Posted November 1, 2011 at 3:03 pm | Permalink

    Prof  Bokdrol (en Dr Onk), EN JJ.  Corripe Cervisiam, Crapulam terriblem habeo  - Gryp die bier ! – Ek het n moerse babelaas !!   Ek verstout my in die teenwoordigheid van intellektuele reuse soos julle twee wat die saait die moeite werd hou. Kort op jul hake volg stoere staatmakers soos Evert, Adam, ADSL, Arno, Jags Jan, Poeskop, Vlaknaai, Michele, Smee, Toy en vele andere wie daagliks dikweks diep grou vir n paslike pittigheid of sommer n “fok julle almal” wat die lewe die moeite werd maak. Dankie, julle beweeg my met julle kuns.  En ek hoor n magtige dreuning, hardlywigheid wat alweer in spytverf verander soos die commentaar inrol.  n hardlywigheid aangebring deur D en D en TE MIN D.  Maar ek omgord my lendene met Dr Long’s finest en maak my reg vir die nag !!!   DDD

Post a Comment

Your email is never published nor shared. Required fields are marked *

*
*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong> <font color="" face="" size=""> <span style="">