Chopper’s Choice – The Running Man

In Snotstories deur Chopper Charlie4 Eiertjies

So elke nou en dan as ons tyd kry, gaan grawe ons van die ou Watkykjy snotstories uit wat so oor die jare se interwebs transistions verlore geraak het of deur die krake geval het elke keer waneer ons na ‘n nuwe system oorgeskuif het. Moenjie worry nie, ons het nog alles. Dis net poesbaie werk. Dit maak alles deel uit van die Watkykjy Time Machine wat ons probeer bou.

Hier is nog een van daai stories. Ons sal stelselmatig die 150 oorblywendes skelm van agter af inwerk en so nou en dan een voor indruk. In die piep.

Jy sal dit nie eers agterkom nie…


Chopper’s Choice – The Running Man

Jaar: 1987
Met: Arnold Swcharzenegger, Maria Conchita en ander.

Kyk, in die eighties was Arnie groot. As laatie het ek (en die res van my bende) die een na die ander Arnie-fiek deurgewerk: Commando. Predator. Conan the Barbarian. Total Recall. Terminator. En toe was daar Running Man. Nou Running Man is nie jou gewone aksiefliek nie. O nee. Die storie is geskryf deur Stephen King en hier word lekker geflirt met sci-fi in die styl van Mad Max, Terminator, Total Recall en Demolition Man bietjie later.

In die future, so kak as wat dit gaan wees volgens die movies, gaan jy ‘n sterkman nodig hê – verkieslik Sly of dan die nimlike Arnie. Back to the future. Dis 2017 en die US government is totalitarian en aaklig en trap op die gewone mense. Hello the future, want die fok weet ons is klaar daar. Omdat dit die future is, is dit die hele tyd donker en die gewone mense is so vuil en primitief dra bruin klere. Cops en guards dra natuurlik die standard issue jump suits en plastic helmets. Net evil mense kan plastiek bekostig, jy sien.

Anyway, Arnie is ‘n army ou wat weier om los te brand op armgatte wat protest vir kos. Groot spiere, groter hart is die logic hier. Vir sy nice-wees pos hulle vir Arnie (of Ben Richards) tjoekie toe. Moerse futuristiese tjoekie wat jou kop laat explode as jy die parameter breach. Dan is daar ‘n breakout en Arnie en twee buddies skiet uit. Lang storie kort en basically word hulle weer gevang en as straf moet hulle deelneem aan hierdie gameshow – The Running Man.

running man1Contestants hier moet hulle weg baan deur ‘n fucked up deel van Los Angeles terwyl gladiator-style boelies hulle jaag. En dis nie MTN Gladiators nie pel, hierdie ouens is fokken mean (of so claim die show). Hulle roep hulle… (wait for it) Stalkers. Die stalkers is actually baie fokken lame. Sub Zero is so dik Chinese ou wat yshokkie speel met contestants en sy skerp hokkiestok. Dis reg. Yshokkie. Chinese ou. Vet. Sug.  Fireball weer het ‘n flame thrower en van daai ou space packs waarmee mens so stadig opstyg en dan lyk jy soos ‘n fokken nerd (of iets uit die Edison Twins). Dynamo is ook ’n dik ou, die keer met Krismisliggies op sy suit wat opera sing, en Buzz Saw saag sy eie tollie af met sy chain saw. Nie die taaiste ysters waarmee jy te doen het hier nie, soos jy kan sien.

Gewoonlik gaan net een ou op ‘n slag op die show, maar die keer gooi hulle Arnie se loser buddies saam in die leeukuil asook die lame girl wat hy somewhere opgetel het. So in plaas van running man het jy hier meer te doen met “Three running men and a little lady” – maar ek neem aan daai title was reeds geregistreer.

Die storie, soos te verwagte, is hoogs voorspelbaar. Arnie is net een te veel vir die MTN Gladi… ek bedoel Stalkers en hy haal hulle een na die running man 2ander uit. Van sy buddies is nie so gelukkig nie. Boo-freakity-hoo. Op die einde ontsnap hulle, die gepeupel (dis nou die gewone futuristiese bevolking) draai teen die gameshow host en ondersteun vir Arnie, en sy buddies sluit aan by die ondergrondse rebellie teen die regering waaraan hulle behoort en saam veroorsaak “the people” ‘n revolt teen die goewerment. (Van die begin af al is daar so lame subplot dat hulle deel is van die anti-regering rebelle, maar dis so simpel ek het dit nie eers genoem nie.) Wat vir my moer interessant was, is dat Arnie actually vir die game show host tune: “Kilian, I’ll be back.” Nou waar het ons daai Arnie line al gehoor?

Die man se eensydigheid ken duidelik geen perke nie. Maar in all fairness, hy kom terug om die game show host op te fok. Die script, incidentally, is lame tot naby die punt van vetraagdheid. Meeste mense, dink ek, sal eerder hierdie Stalkers face as ‘n uur en ‘n half van lines soos: “He’s a bit hot under the collar” as die ou so in vlamme opgaan, “Need a lift?” voor die ou in die lug opgeblaas word, en countless ander.

Hoogtepunte:

  • Arnie se disguise: Om “in te blend” dra Arnie op een deel so fokken hectic Hawaiian hemp en wit langbroek en sunnies. Jy gaan seker nie moerse surprised wees om te hoor hulle vang hom nie.
  • Quotes: Fokken baie lame one-liners wat ek nie eers gaan cover nie. Hier’s ‘n paar ander gems: “I don’t want to be the only asshole in heaven”, “Hey, Christmas tree!”, “Lucky he didn’t kill you. Or rape you and kill you. Or kill you and rape you” en “There’s nothing funny about a dickless man with a battery up his ass.”
  • Title track: Dis nou die song op die einde as die titles rol. Heavy eighties rock deur John Parr (hy van “St Elmo’s Fire”). Lyrics soos: “This is no game. No pain, no gain.” Ek dink die track se naam is “Running away with you.” Hoe aktueel. Hoe tos.
  • Weird mense se involvement: OK, so John Parr het die title track gehelp skryf. Maar check bietjie of jy vir Dweezil Zappa (seun van Frank) en Mick Fleetwood (van Fleetwood Mac) kan spot. En wie het vir die choreografie gesorg? Paula “Straight Up Now” Abdul. Fokken blaaint. ‘n Megalomania van 80s gemors.
  • Dance sequence: Die sogenaamde Running Man show se intro sequence is fokken snaaks. Weereens het ons te doen met daai tipiese Flashdance hoog-gesnyde leotards en poffie hare high-energy tipe moderne danse op synth music. Regtig baie goed hoor.

running man 3Dat ek nie die wêreld se grootste sci-fi buff is nie, is seker en ek erken dit graag. Ek weet byvoorbeeld nie wie Captain Kirk opgevolg het nie, of van watter planeet af Wookies kom nie. Jy behoort dit ook nie te weet nie, blerrie nerd. Maar een ding is seker – The Running Man is nou nie jou top tipe sci-fi fliek nie. Dis wel kykbaar, maar ek stel voor jy hou ‘n bottel iets binne bereik vir die kere wat daai unbelievable one-liners of Paula Abdul danspassies te erg raak.

Sterk wees, soos Arnie. En vinnig hardloop.

Hier kom die Running Man.

Deel met jou tjommies!

    Chopper CharlieChopper’s Choice – The Running Man

    Comments

    1. DRIESS

      hahahahahahahaha nostalgies word ek nou!Ek ken daai fokken movie feitelik uit my kop uit en ek doen n nie te kak nie Arnie aksent.Dis veral daai oneliners wat dit so cool maak
      bv toe Buzzsaw aan die SAAG(!) geraak het en Arnie hom opfok vra Arnie se tjom "What happend to Buzzsaw" se Arnie "He had to split" dit was die eighties man,ons was met min tevrede. O ja tien uit tien as julle geweet het Stephen King het dit onder die nom de plume van Richard Bachmann geskryf 😉 gooi nog asb dis fokken interresant
       
       
       
       
       
       
       
       
       
       

    2. Prof. Bokdrol

      ADSL then you will just luuurve his new movie – it's called "Schticken' the Dickin…"

    Gooi Comment