Die Bachelors – deel II van II

In Snotstories deur griffin18 Eiertjies

Geagte Watkykertjie,

Jy wil dalk eers "Die Bachelors – deel I van II" lees voor jy hieronder die laaste deel van die storie aanpak, anders mag jy dalk net confused op jouself pluk.

Hou maar die hande bo die komberse …


IMG_4813Die ligte is af en "I Can Be Your Hero, Baby" speel deur die mini hi-fi. Die stripperheks met die eetversteuring en skoongeskeerde poes is besig om van die mees tacky kak op aarde te doen (sover dit stripping aanbetref, in elk geval) – sy is besig om 'n kers te smelt en die was stadig orals oor haar tiete en maag te drup. My gedagtes begin doelbewus te dwaal en ek soek iets om my brein mee besig te hou. Enige iets. Net vir 'n minuut of twee totdat hierdie kak eventually oor is…

Vir een of ander rede kom hierdie conversation tussen my en die bruidegom-to-be se bride-to-be op van so paar weke tevore. Ek kon glad nie onthou hoe ons gesprek uiteindelik hierop uitgeloop het nie…
"Toe ek op skool was," begin sy, "het ek elke middag by my maatjie se huis gebly na skool omdat na-skool se kinders nie so lekker is nie. Sy het een bride to bevan hierdie klein potbelly pigs gehad as 'n troeteldier. Gewoonlik is sulke kein diertjies baie cute, maar die fokken ding het my altyd heavy uitgefreak! Hy het my altyd rondgejaag in die huis sodat ek by die trappe moes ophardloop na die slaapkamer met die gedierte kort op my hakke. Dit was elke middag se blerrie storie! Ek moes elke keer op die bed spring sodat hy nie kon bykom nie!"
"Weird" antwoord ek terug, "en wat maak die varkie toe?"
"Check", antwoord sy terug "die klein siek fok het elke keer as ek op die bed gespring het om van hom af weg te kom die hoek van die bed verwoed begin naai. Hy het sulke vieslike gromgeluide gemaak – dit terwyl hy my straight en stip in die oë gekyk het! Grom-grom-grom-naai-naai-naai!"

Hoekom de fok het nou daaraan gedink? Dit het my brein presies 30 sekondes besig gehou…

Die strippertjie het die kerse weggepak intussen. Die kerswas sit nou soos droë kom oor haar maag en eiertiete. Sunnyside up. Sy begin weer haar moves gooi en lyk nou of sy besig is om ligte vliegtuie in distress te laat land by Grand Central. Haar stadige bewegings met die groen luminous rave stokkies is about so sexy soos die stootskrapers in die Rugby World Cup se opening ceremony. IMG_4801Net heelwat minder ge-choreograph. Terloops – vir die van julle wat nie moerse uitmaak van chemie nie – hydrogen peroxide saam met 'n fosfaat van een of ander tipe maak daai fluid wat in rave stokkies gaan. Jy ken dit dalk moontlik as "beroksaait", daai kak wat jy in jou hare sit vir highlights, jou zef naai. Nou weet jy at least hoe om dit reg te spel.

Anyway… die skêr ruk toe 'n skêr uit, sny die rave stokkies se punte oop en begin die liquid bo-oor haar kaal lyf uit te gooi terwyl sy soos 'n slang dans wat met 'n knopkierie gepoes is. Die hokkiespan gaan tekere soos potbelly varkies wat hoeke van beddens naai terwyl hulle chicks straight en stip in die oë kyk. Sy vryf dit orals oor haar borste terwyl sy haar lippe lek en flikkers gooi vir almal. Van die kak loop ook oor haar naeltjie en in haar kredietkaartgleuf in. "Yes-yes-yes?!" laat sy vir oulaas hoor. Dit lyk of Predator draad getrek het en sy load orals oor haar lyf se voorkant uitgeblaas het. Monsterbotter. Die chick se "drywer" met die verbleikte drymac gee vir haar 'n handoek aan om die monsterkom af te vee. Die show is verby. Dank god.

Dis op hierdie stadium wat die marabs in my ontwaak vir een of ander onverklaarbare rede. Ek spring op, gryp die left-over rave stokkie, maak my oë toe en druk twee groen kolle op my ooglede. Surprize-surprize, dit fokken brand efens, maar brannas maak mens mos fokken sterk. Mos. "Check my uit, ek is 'n fokken monster! Aaaaarrggh! Lyk dit cool, huh?", skree ek vir die besope souties.

IMG_4736Ek wens ek het dit nie gedoen nie, maar drank weet mos fokken altyd van beter. Ek hoor hoe een van die ouens se stoel skuif soos hy opspring: "Wag, ek help jou!". Met een move het iemand my beet aan weerskante van my skedel, besig om die groen chemicals verder oor (wat hy dink) die buitekant van my ooglede (is) te verspei. Wat hy actually besig is om te doen is om die hydrogen peroxide oor my oogballe en retinas in te masseer met sy  met sy twee onhandige duime…

Maats, daai kak het godsdienste waarvan ek nog nie eers bewus was nie uit my gebrand: "Godjissisfokofjoupoeswaddefokfokjoujoukonteinajissisgodfokof!!!" kry ek in een asem uit. Ek knyp my gefokte oë stywer toe as laities se boude wat verby Jurie Els moet loop en my arms maak wawiele. Grotes. In alle rigtings. Ek poes alles en almal raak om blind by die badkamer uit te kom. Jirre, en ek vloek. O maggies, ek vloek hard. Die laaste keer wat ek gedink het ek word blind was toe ek vyf jaar oud was en twee elektriese drade ingeplug het en die oop punte teen mekaar gedruk het. Obviously het dit 'n cartoon-agtige ontploffing tot gevolg gehad wat my gesig en arms swart van die roet gelos het. Die krag het getrip oor my kak aanjagery en ek het gevolglik gedink ek was blind. Ek is getroos met 'n skoon shot brandewyn vir die skok en 'n poesgroot pakslae vir die res. Beide toegedien deur my pa.

IMG_4748Hierdie keer was egter effens anders. Drie ouens help my badkamer toe sleep terwyl ek tekere gaan soos 'n ferris wheel sonder bearings gekruis met 'n maer vark oppad kermis toe. Gelukkig is niemand poesdronk nie. In die badkamer aangekom, voel ek rond en gryp die stortkop van een van daai hare was goeters en sprei water direk in my oë in. Full-blast. My ooglede wapper soos 'n Rifrug se ore agter op 'n Hilux. Ek toets nie eers vir temperatuur nie. Dis een van daai "There is always time for lunbrication!" oomblikke. Fok dit! Hierie kak moet uit! Ek wil nie die res van my lewe blind wees omdat ek vir 'n stripper se glow-in-the-dark, geskeerde kwak gekyk het nie. Dis te naby en te ironies aan draad trek en blind word.

Ek droog my gesig af met my harige palms. Ek pat my gesig moerse versigtig droog met 'n handoek en waag dit om my oë weer oop te maak. Jirre, ek kan sien! Ek kyk nou wel deur trane, maar ek kan fokken sien! Vir 'n halfuur lank brand dit nog steeds en dit lyk of ek vir ses weke aaneen soos 'n weeskind gehuil het wat vir die vyfde keer reject is.

'n Rukkie later bel my chick genadiglik en vra of ek hulle nie wil kom join vir die bachelorette party wat sy by ons huis gooi vir ons pel se beter helfte nie. Dis die vinnigste ninjabom wat ek nog ooit gegooi het by 'n party wat snuff draai.

As jy weer wil voorgee dat jy eerder jou oë met bleach sal uitwas voor jy na iets kyk, dink weer – ek sal eerder die stripper vat, al is sy hoe fokken zef…

IMG_4667

Deel met jou tjommies!

    griffinDie Bachelors – deel II van II

    Comments

    1. Prof. Natnai

      "Ek is getroos met 'n skoon shot brandewyn vir die skok en 'n poesgroot pakslae vir die res. Beide toegedien deur my pa."
      hahahaha

    2. Prof. Bokdrol

      Hey Natnai, jy steel my konsep – kry dan ten minste ook vir jou 'n fokken gravatar…

    3. Prof. Bokdrol

      Terloops, die hoofstorie klink fokken eina – het eenkeer probeer zaber met tiger balm, wat amper net so 'n disastrous fokop was, maar ten minste kon mens nog jou piel raaksien en waar om oral met die brandblusser te spuit…

    4. Allan Boesak

      Watte Party , met Strippers en al , tien uit tien !!! Eks al lankal lus vir soo tipe van geleendheid ….

    5. Vlaknaai

      Bwhahahaha ! Jissis ek het lanklaas so lekker gelag ! Ek het eenkeer die fokken briljante idee gekry in st 3 om met vicks vaporub draad te trek . Dis eers lekker , dan koud , die next move voel dit jou piel val af ! Op daai stadium van hiper jagsgeit waaronder na n gesteelde hustler innie fokken hoennerhok te kyk saam jou tjommies , is enige iets moontlik . Ou sif gertjie het sy piel marmite gesmeer , en dan lek die jack russel dit af . Sif naai . Die arme fokken hond se niere het ingegee van al die sout . Ons boere is darm maar poes kommin . En fokken trots daarop . Tjek my kunstefees , teen daai tyd gooi ek n mullet en poeslang saaidies . Sal jags lyk saam die cortina .

    6. Vlaknaai

      Ek ga nou n dop drink . Fok die baas . Drank is baas en poes bly koning  ! 

    7. Dirk Diggler Diktros

      So van lubricante gepraat, Op skool het ek gereeld Deep Heat oraloor voor rugbywdstryde tydens opwarming in kleedkamer gebruik.  Die hele span het, veral so by standerd 6.  Meer as gevolg van senuwees, bangatgeit en onfiksheid as enige iets anders.  Ek was ook kaptein van die span en ons was op die nippertjie om ons 10de game in n ry te verloor.  Toe ek hoor ek moes gaan loot vir die game wou ek my natpis van senuwees en moes summier piskrip toe waar ek soos n ou bal met prostaatvergroting sukkel om druppels uit te wurg en het toe omtrent n dratie gekap….   Ons verloor die loot en draf of.  Tydens die afskop begin dit,  n koue brandgevoel reg oog my balsak.  Ek voek my ogies traan.  Toe die deep heat die glans van my penis tref was ek fokken hiesteries en moes met n strecther afgedra word.  Ek moes met valium en perthadine ingespuit word om te kalmeer en om pyn innie piel en ander areas te verlig.   Ek het blykbaar my tril besmeer toe ek daai haastige laaste pis gaan vang het.  Heerlik.  Probeer dit gerus met jou vleisrol voor jy hom by jou goose plant.  Sal naai dat die rook draai.  DDD

    8. Dirk Diggler Diktros

      P.S.  Ons span het die game met n rekordtelling verloor.  DDD

    9. Allan Boesak

      Ek kyk nou so na die pics va ndie Stripper met 3 panties aan , en ek gewaar n bietjie haelskade op daai gat !

    10. Prof. Bokdrol

      AB dis tyd vir jou jaarlikse oogtoets – mens kan daai haelskade sien van fokken Mars af, bra…

    11. Rouriem

      Die les is, as jy met lyflike pret besig is, bly weg van fokken chemikalie ë.  Fokus op strippers wat ekologies ingestel is en gebruik spoeg as 'n glymiddel.

    12. Rouriem

      Die les is, as jy met lyflike pret besig is, bly weg van fokken chemikalie ë. Fokus op strippers wat ekologies ingestel is en gebruik spoeg as 'n glymiddel.

    13. Prof. Bokdrol

      Probeer weer, Rouriem – third time lucky; volgende keer delete jy dalk die oorbodige spasie ook…

    14. Allan Boesak

      Prof , ek wil dan ook net bevestiging kry , dat dis seker die rede hoekom sy , 3 fokkin panties moes aantrek ? 

    15. David

      Nope AB, dis om te keer dat haar piel in jou bier hang

    16. Allan Boesak

      BhAHA HA HAhahahahahahahaaaa , jissie ou David , dis darm n bietjie sterk gestel ? 

    Gooi Comment