Die Bachelors – deel I van II

In Snotstories deur griffin11 Eiertjies

"Yes-yes-yes?" vra die Afrikaanse strippertjie (heel moontlik van Pretoria-Noord se wêreld) terwyl sy haar brastrap aan die voorkant eenkant toe trek IMG_4527met haar duim. Haar kop is so skeef getilt na die eenkant toe met haar hare wat oor haar skouers hang. Dit lyk soos 'n desperate poging om te probeer sexy wees. Of dit, of hierie goose klap velle oor Patricia Lewis posters. Al wat die ouens op die oomblik sien is side-boob. Met haar duim in die pad. Daar steek nie veel verder uit nie. "Groot duim of klein tiete?" wonder ek amper hardop. Die ouens laat hoor van hulle: "Yeeeessss!". Die gesuipte soutpiele (wat ook, vir een of ander rede, 'n hokkiespan is) sit in 'n halfmaan rondom die flossie se "kantoorspasie" in die soon-to-be-bruidegom se suster se sitkamer. My tjommie, die soon to-be-bruidegom is aan 'n stoel vasgemaak in sy boxers met sy hande agter sy rug – ek vermoed met die boeie wat ons die vorige aand gebruik het om 'n measuring jug aan sy arm vas te boei om zak in te samel.

IMG_4585Come to think of it… die vorige aand was nie te kak nie. Ons het die outjie na 'n club toe gesleep in Fourways in 'n heavy onvleiende uitrusting en hom maak sing vir sy geld. Dis die heel eerste keer dat ek aan so iets deelneem want die fok weet, dit irriteer die kokende kak uit my uit as 'n klomp dronk konte inbars by 'n pub en begin "snaaks" wees met hulle "vriend" wat op trou staan. Gewoonlik is die buddies sulke blougesuipte ape met pienk bolgesigte wat nie uitmaak van persoonlike spasie in 'n publieke area nie. Ek wil my bier drink en met my tjommies praat. My regte tjommies, nie jy wat dink jy is almal se pel nie. Ek wil ook nie jou fokken Black Label spoeg uit my ooglede vee nie. Dis hoekom mense vir jou bruingeld en poesklappe gee, so maak 'n mental note. By the way hier is 'n redelik safe manier om persoonlike spasie te meet: As jy 'n vreemdeling binne 'n halwe armlengte is (en ek is nou fokken generous) en jy praat hard genoeg dat die karwag wat besig is om jou JVC uit jou Citi Golf te steel jou kan hoor, is dit poesklap tyd.

Anyway, hierdie tjommie het dit effens anders aangepak – hy het self na die tafels toe geloop by die club waar ons gaan uithang het, die plastic jug uitgehou, sy been met die stockings gewys en getune: "Hi girls. Coins go in the jug, paper money goes into the stalkings". Die vriendelike approach werk altyd. So uur later het ons 'n kraak gemaak uit die plek uit, R800 ryker. Die volgende dag het ons hom op President Fouche Drive laat karre afstof met 'n pienk verestowwer in dieselfde outfit. Seshonderd skille en 'n uur later is ons terug huistoe om te gaan braai… Total loot – R1400. Glad nie kak nie!

Fok, ek dwaal nou lekker van die punt af… O ja, die zef strippertjie van Pretoria-alles-behalwe-die-nice-dele. Een van die soutpiel-hokkiespelers het IMG_4646hierdie girl ge-organise vir die aand. Heel moontlik oor die interwebs nadat hy haar heavy pixelated profile pic gesien. Nadat hy 'n skoon bottel ethanol deur 'n bruinbrood ge-shotgun het.  Bygesê, die bra dra brille, so ek kon hom nie heeltemal kwalik neem oor die keuse of kaliber van vermaaklikheidstert nie. Waaroor ek hom wel kon kwalik neem is dat die keuse vir 'n stripper enigsins nodig was, want die outjie wat op trou staan se goose is hotter as 'n kakwarm somersdag in Indië. Dis soos om die derde prys in 'n vakansiekompetisie te wen met Nigeria as destination: eerste prys is een week, tweede prys is twee weke en derde prys is drie weke.

IMG_4706"Yes-yes-yes?!" laat die girl weer hoor, hierdie keer met haar duim ingehaak by haar panty se rek. So aweregs van haar kwak. Haar top het klaar gewaai en haar tiete (of tekortkoming daarvan) kan beste beskryf word as 'n meisie wat kaal op haar rug gelê en tan het en toe opgestaan het terwyl die tiete hulle "tan-posisie" behou het. Befok in die konteks van kook skills soos byoorbeeld koekbak, maar ongevraagd in die stripper konteks van koekwys. Kom ons stel dit so: Sy sal nie vinnig rugprobleme optel met daai twee Farmhouse Breakfast eiers nie. In een een nogal impressive, vinnige move raak sy haar tone en ontslae van die panty. "Yes-yes-yes?!" en die duim word by panty nommer twee (???) ingehaak. So gaan dit aan. "Yes-yes-yes!" met elke kledingstuk wat waai. Wie trek fokken drie panties bo-oor mekaar aan? Die soutpiel-hokkiespan wat teen hierdie tyd seker al met boners sit (ek durf geen ander plek as vir die chick kyk nie) laat hoor van hulle soos huilende Rottweilers.

Sy kom orent na een of ander poging tot 'n suggestive move – ek dink sy was besig om 'n kopkou of 'n vleisdas te simulate tussen my tjommie se IMG_4780bene. Handeviervoet kruip sy met lang armhale om hom soos 'n mank vlakvark. Sexy! Sy help die bra van die stoel af, ruk lipstick van iewers af uit (ek sidder om te dink) pluk die ou se broek af en raak doenig op sy poeflobbe. "Morgan", lees die ou se boude toe sy die lipstick se doppie terugsit. Natuurlik vorm die ou se poefgaatjie nie die "O" in "Morgan", maar die "R" se bene wat wydsbeen oor sy poefkanaal pryk. Iets wat ek regtig sonder sou kon doen. So dis wat haar naam is. Ek het seker die Power Point presentation, induction en koffie gemis aan die begin van die vergadering. Dank vader vir my buddy se ass as canvas. Dankie, Morgan. Vir fokol.

Dis seker nou min of meer die gepaste tyd om te noem dat ek deurentyd sit en foto's neem het van Morgan met my nuwe next level kamera wat ek die vorige week aangeskaf het. Ek moet sonder 'n flash neem, jy check? Die verskoning: ek leer nog die kamera en al die lig settings ken. Daar word meer foto's geneem in die eerste halfuur van die stripshow as waaraan wyle Prinses Diana gewoond was op 'n besige Maandag, bless her heart.

IMG_4710"Yes-yes-yes?!" en die hokkiespan skreeu in die affirmative terug asof hulle sopas 'n goue medalje gewen het by die Special Olympics. Aha, dit smaak my panty nommer drie is oppad uit! Ek voel 'n hand op my skouer en kyk op. 'n Vent wat soos 'n koeksusterverkoper lyk in 'n verbleikte pienkerige anorak vermaan my met sy wysvinger: "No more pictures from dis point forwards!" Ons het vergeet dat die chick haar pimp/pa/boyfriend/broer saamgebring het wat sy as haar driver aan ons voorgestel het. "I is still figuring out the settings on my kamera." tune ek die ou terug in aspris verkakte Engels om vas te stel of hy agterkom dat ek ook Afrikaans is. Hy doen nie. "Put de camera away plies". Ek figure toe dat ek nie juis iets mis nie (behalwe natuurlik om my kamera skills te oefen) en sit die ding weg. Dit gedoen en die laaste barrier tussen poes en die poese wat daarna kyk trek deur die lug in die vorm van panty nommer drie. The final frontier. Vir 'n oomblik dog ek dat ek 'n tong of iets sien uithang en kry ek 'n onbeheerbare pisgril – een van daais wat die skouers heen en weer laat ruk en jou orals oor die toiletdeksel laat pis. Jy maak uit?

Morgan staan nou in al haar glorie kaalgat voor ons met haar eier-tiete en skoogeskeerde, geringe poes, dun swart langerige hare, 'n skerp neus en dun lippe. Vir die eerste keer kan ons sien dat haar lippe actually dunner as haar poeslippe is. Sy lyk soos 'n kaal heks met 'n eetversteuring.

Genadiglik sit sy die sikamerlig af…

IMG_4697

 

griffinDie Bachelors – deel I van II

Comments

  1. J-M

    Ek hoop net nie een van daai dronk naaie het sy piel in daai sif parra gesit nie.

  2. NeelsvanPK

    So Griff, na jou ervaring, watter tips sal jy gee in die kies van 'n stripper? Een wat dikker lippe as poeslippe het? Een wat eerder "Morgan" tatoeer (eerder as skryf in 'n koki-pen) reg oor die arme vent se anus?

  3. Saag66

    Ag nee man Neels. Jy moet oplet. Sy het met haar kwak lip-stiffie op sy boude geskryf… nie 'n koki-pen nie. Onthou net… As daar droogte is, is selfs brak water lekker, al kan jy verskriklik siek raak van dit.

Gooi Comment